pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Die institusionele ontstaan van die Fakulteit Teologie kan tot 1859 teruggevoer word, en teologie word reeds 16 dekades lank op Stellenbosch onderrig. Dit is deesdae ’n oop en ekumeniese fakulteit van die Universiteit Stellenbosch. Die Fakulteit bied teologie uit ’n Christelike oogpunt aan. Ons het ooreenkomste met die Nederduitse Gereformeerde Kerk, die Verenigende Gereformeerde Kerk, die Verenigende Presbiteriaanse Kerk in Suider-Afrika en die Anglikaanse Kerk van Suider-Afrika, en lei ook baie van hulle studente op. Nietemin verteenwoordig ons studente ook ’n veel wyer verskeidenheid kerke in Suid-Afrika en ander lande. Daar is veral ’n merkbare toename in die persentasie buitelandse nagraadse studente.

Die Fakulteit bestaan uit drie dissiplinegroepe, naamlik Ou en Nuwe Testament, Sistematiese Teologie en Ekklesiologie, en Praktiese Teologie en Missiologie. Nagraadse programme word in dié drie groepe aangebied.

Ons dissiplinegroepe werk saam om, elk vanuit sy eie hoek, die Fakulteit se gekose navorsingsgebiede te verken. Die Fakulteit Teologie konsentreer op navorsing oor die bevordering van menswaardigheid (waaronder die bestryding van armoede) as deel van die HOOP Projek. Ander navorsingsgebiede is teologie en die strewe na ’n hermeneutiese benadering, die probleem van die openbare bediening van die kerk, en die wisselwerking tussen bediening en gemeenskapsontwikkeling. Ons werk toenemend as ’n geïntegreerde span om teologies-eksegetiese kwessies sowel as historiese, diakonale en pastorale kwessies te ondersoek. Die begrip van God in postmoderne en Afrikaverband vervul ook ’n belangrike rol.

In die interkerklike debat is die strewe na die ekumene vir ons van die allergrootste belang. Ons skenk spesiale aandag aan die eenheid van die kerk, versoening in die sosiopolitieke arena, die pastorale versorging van persone met MIV/​​vigs, en gemeente- en gemeenskapsontwikkeling.

Van ons kerkvennote vereis dat hulle studente slegs die voorgraadse kwalifikasie voltooi, terwyl ander kerke weer die MDiv sowel as die lisensiaat (sedert 2016 die Nagraadse Diploma in Teologie [Christelike Bediening]) vereis.


​ ​Programaanbod & gpaardgaande sluitingsdatums

Aansoekproses