pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

NAGRAADSE Studies​​

      NAGRAADSE STUDENTESTEUNDIE​NSTE
​​


​​​​​​​​​​​​​​Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikKeling​

Die doel van die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) is om huidige én so ver moontlik ook voornemende studente van sielkundige, ontwikkelings- en loopbaanbeplanningsdienste te voorsien, en sodoende ’n ingeligte, geestesgesonde gemeenskap te bevorder​.

Die SSVO se werksaamhede val oor die algemeen in die volgende sewe dienskategorieë​:

  • Akademiese voorligting;
  • Beroepsvoorligting en -ontwikkeling;
  • Individuele en/of groepterapie;
  • Kontemporêre ontwikkelingswerksessies;
  • Die Kantoor vir Studente met Spesiale Leerbehoeftes;
  • Konsultasies;
  • Opleiding van, en toesig oor, sielkunde-interns.

Die diensaanbod, waaronder groep- en individuele terapie, is meestal gratis vir alle geregistreerde studente. Indien jy ’n psigiater wil spreek, sal ’n fooi gehef word. Van die werksessies en beroepsvoorligting vereis ook ’n fooi​.​

KONTAKBESONDER-​HEDE​

  • Victoriastraat 37
  • ​+27 21 808 4707
  • Webwerf​​​​
  • Noodgevalle 24/7:
    082 557 0880​