pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nagraadse Studies​​

      NAGRAADSE STUDENTESTEUNDIE​NSTE





​​​​​​​​​Taalsentrum​

Die Universiteit se Taalsentrum is ’n lewendige saamtrekpunt vir studente, personeel en kliënte wat taal- en kommunikasiebystand nodig het. By die Universiteit Stellenbosch is taal vir ons ’n transformerende ruimte wat lewens kan verander, beleid kan beïnvloed en mense kan verenig.

​​​

Ons voorsien taalondersteuning en -leiding aan nagraadse studente, ongeag waar jy op jou nagraadse reis trek. Hiér is wat ons jou kan bied​:

Skryfkonsultasies

Bespreek jou eie skryfwerk met ’n opgeleide konsultant deur die Skryflabor​atorium. Maak op KENA​KO ’n afspraak vir ’n gratis, aanlyn skryfkonsultasie via MS Teams (nadat jy die afspraak gemaak het, sal jy ’n Teams-uitnodiging ontvang), of e-pos ons vir ’n afspraak. Ons kan selfs ’n Skype-afspraak reël​:
Anne-Mari Lackay | Vinelene Hartley Rose Richards

Skryfweksessies en -marathons​
Woon ’n pasgemaakte aanlyn Skryflaboratoriumsessie by om jou met die skryf van jou navorsingsvoorstel, literatuuroorsig, tesis of tydskrifartikel te help. Of sluit aan by ’n aanlyn skryfmarathon vir toegespitste skryfenergie en -vordering in ’n ondersteunende omgewing met ’n fasiliteerder byderhand. Jy kan selfs deur die Skryflaboratorium ’n skryfsteungroep begin.
Kontak ons vir ons lys geskeduleerde werksessies​: Selene Delport

Leeskonsultasies en -werksessies

Word ’n meer strategiese en bedrewe leser. Benewens gratis leeskonsultasies en individuele afrigting, beskik ons Leeslaboratorium ook oor EyeBrainGym, ’n visuele en kognitiewe verwerkingsprogram wat jou optimaal sal help lees. Ál hierdie dienste is ook te kry in ’n gepaste vorm vir aanlyn en afstandsleer.
Kontak Marisca Coetzee


Engels-Kursusse​

Ons wil jou graag jou akademiese Engels help verbeter. Met ons aanlyn program English for Academic Purposes (EAP), wwat jou ’n keuse van hetsy een van of albei die modules Lees & Skryf en Praat & Taal bied, sal jy jou Engels na die volgende vlak kan voer. Dié semesterkursus verg twee uur per week per module.

As jy beplan om oorsee te gaan studeer of werk in ’n Engelssprekende land wat IELTS- (International English Language Testing System-)sertifikasie vereis, kan ons jou vir die eksamen help voorberei. Skryf in vir ons aanlyn IELTS-voorbereigingskurses en ontwikkel die strategieë om die IELTS-eksamen suksesvol af te lê.

Jy kan ook ons TEFL-gemengdeleerkurses volg (om Engels as vreemde taal aan te bied) indien jy beplan om te reis en klas te gee. Of dalk wil jy jou onderrigstyl vernuwe of uit die gerief van jou eie huis ’n inkomste verdien.


Redigering em Vertaling

Gebruik ons Taaldiens om jou navorsingsvraelyste, toestemmingsvorms en tesisopsomming te laat redigeer en vertaal. Ons vertaal in 15 tale, waaronder Xhosa.
Kontak Cobus Snyman

​​

Tolking

Werk saam met een van ons tolke om met jou navorsingsdeelnemers onderhoude te voer. Ons werk in Afrikaans, Engels, Xhosa en SA Gebaretaal. As jou studiedeelnemers een van dié tale gebruik en jy nié, sal ons graag vir jou tolk.
Kontak Nanette van den Berg


Transkripsie

Laat jou navorsingsonderhoude professioneel transkribeer sodat jy meer tyd aan jou navorsing self kan bestee.
Kontak Tania Botha


Ter​​​minologie

Kyk gerus op ons webtuiste na ons drietalige terminologie-instrument vir vakterme in Afrikaans, Engels en Xhosa.


​Afrikaans- en Xhosa-kursusse

Verstewig jou bande met ander deur hulle taal te leer. Vir sosiale taalvaardighede, beproef gerus tandemleer met ’n makker, oorlewingsessies of groepleer deur ons Taalleerhub. Kontak ons asseblief vir ons lys aanlyn aanbiedinge. Ons bied ook semesterkursusse vir internasionale studente aan.
Afrikaans-kursusse: Vernita Beukes 
Xhosa-kursusse: Zandile Kondowe
TaalleerhubHelga Sykstus
Algemene navrae​Jeanene Olivier

KONTAKBESONDER-​HEDE​