pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, wat in 1925 gestig is, is die grootste van die US se tien fakulteite. Dit bestaan uit agt departemente, naamlik die Skool vir Rekeningkunde, Ondernemingsbestuur, Ekonomie, die Stellenbosch Bestuurskool, Bedryfsielkunde, Logistiek, die Skool vir Publieke Leierskap, en Statistiek en Aktuariële Wetenskap. 

Die Fakulteit funksioneer vanuit drie geboue op die sentrale Stellenboschkampus, terwyl die nagraadse programme van die Bestuurskool en die Skool vir Publieke Leierskap (SPL) op die Bellvilleparkkampus aangebied word. Albei kampusse het moderne biblioteke en tegnologie. Die Bellvilleparkkampus bied ook gerieflike huisvesting. Een van die SPL se nagraadse programme word op die Lynedoch-kampus aangebied. 

Die departemente van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe bied nagraadse programme van ’n uitsonderlike gehalte. Hiervan getuig die Stellenbosch Bestuurskool se internasionaal gesogte akkreditasie by sowel EQUIS (die Europese Gehalteverbeteringstelsel) as AMBA (die Vereniging van MBA’s). Onderwys en opleiding vir professionele registrasie op spesialisgebiede soos Rekeningkunde, Aktuariële Wetenskap en Finansiële Beplanning geniet nasionale en internasionale akkreditasie by professionele institute, en ons studente se prestasie in eksterne eksamens is afdoende bewys van die gehalte van die programme. Ons programme in Bedryfsielkunde en Menslikehulpbronbestuur word eweneens deur professionele liggame erken. In ander vakrigtings word onderriggehalte deur samewerkingsooreenkomste verseker. Dié ooreenkomste handel oor sake soos studente- en personeeluitruilgeleenthede en gesamentlike navorsingsprojekte met internasionaal erkende akademiese instellings​.​​


​ ​Programaanbod​ & gepaardgaande sluitingsdatums

​​
Aansoekproses