pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

NAGRAADSE Studies​​

      Bykomende dokumentasievereistes
      wanneer jy aansoek doen











VOORDAT JY AANSOEK DOEN

Maak seker jy lees die Universiteit Stellenbosch se Toelatingsbeleid en ons bepalings en voorwaardes vir nuwe aansoeke.


OORWEGING VAN JOU AANSOEK​ ​​

Alle aansoekers moet 'n amptelike universiteitsaansoekvorm op die US se elektroniese aansoekstelsel indien.  

Jou aansoek sal oorweeg word sodra ons ál jou stawende dokumente ontvang het. Indien van jou dokumente nog teen die sluitingsdatum uitstaande is, sal jou aansoek ongelukkig nie oorweeg word nie. Jou aansoekdokumente en 'n betaalbewys (waar van toepassing) moet voor die sluitingsdatum van jou program aanlyn gelaai word​.

​​​​
STUDENTEKONTRAK​

​​Hierdie dokument word vereis indien jy tot ’n program toegelaat is en graag die voorwaardelike aanbod wil aanvaar.​

download.png​Studentekontrak​​​

STUDENTESTEUNVORM

(Studente met spesiale behoeftes)​​

download.png​Studentesteunvorm

​​
BYKOMENDE DOKUMENTE
  • Van ons departemente kan jou vir bykomende inligting vra wat nie deel uitmaak van die amptelike universiteitsaansoekvorm nie. Hierdie dokumente moet saam met jou aansoek ingedien word​.

  • LET WEL​: ​Studente wat vir programme in die Fakulteit Krygskunde en die Stellenbosch Bestuurskool aansoek doen, moet hierdie omgewings direk raadpleeg.

  • ​​VIND MEER UIT OOR DIE BYKOMENDE DOKUMENTE WAT SAAM MET JOU AANSOEK VEREIS WORD DEUR HIERONDER NA DIE FAKULTEITE SE ONDERSKEIE NAGRAADSE PROGRAMLYSTE TE KYK.​​​​​​​






JOU AANSOEKDOKUMENTE


DOKUMENTTIPE

BESKRYWING

​​Bevestiging van indiensneming en toegang tot werksperseel

Brief van die werkgewer wat bevestig dat jy daar in diens is en toegang het tot ’n werksperseel vir die praktiese komponent van die program​.

Omvattende curriculum vitae (CV)


’n Dokument met besonderhede oor jou hoogste onderrigvlak, jou werksgeskiedenis, jou werkservaring, veral ervaring wat met jou voorgenome studie verband hou, en kontakbesonderhede van drie referente.

Bevestiging van voornemende studieleier

​Aansoekers moet in aanraking kom met 'n voornemende studieleier wat aktief is op die betrokke navorsingsgebied. Voorsien asseblief die besonderhede van jou voornemende studieleier, sowel as 'n bewys – in die vorm van 'n e-pos – dat jy met die studieleier in kontak was.

Laai die e-posbewys (in .msg-formaat of as 'n pdf) as deel van jou formele studieaansoek​.

Departementele vorm

Hierdie dokument is spesifiek van toepassing op die program waarvoor die aansoeker aansoek doen, en versoek bykomende inligting en/of bied bykomende leiding.

Sodra jy in een van die fakulteitsblokkies hieronder geklik het, sal departementele vorms van toepassing op spesifieke programme met 'n hiperskakel 'J' in die dokument aangedui word. Die hiperskakel dui aan dat die dokument afgelaai kan word​.

Finale skoolverlaterspunte

Hoërskoolvoltooiingsertifikaat wat die persentasie of graadsimbool aandui vir elke geslaagde vak​.

Honneursnavorsingsprojek

Die navorsingsprojek wat as deel van die aansoeker se honneurskwalifikasie onderneem is​.

Motiveringsbrief

’n Bladsy lange dokument wat verduidelik waarom jy vir die spesifieke program aansoek doen, en beskryf wat jou ’n geskikte kandidaat maak​.

Portefeulje​​

’n Versameling van jou kreatiewe werk of prestasies wat jou vaardighede toon en spesifiek van toepassing is op die program waarvoor jy aansoek doen​.​

Bewys van Engels-taalvaardigheid​​​

Indien Engels nie die onderrigtaal in jou voor- en/of nagraadse studie is/was nie, kan daar van jou verwag word om bewys te lewer van jou Engels-taalvaardigheid in die vorm van die uitslag van 'n formele, erkende Engels-taalplasingstoets.

Vergewis jou van die Universiteit se Engels-taalvaardigheidsvereistes​​.

Bewys van professionele registrasie by ’n entiteit​​

Professionele registrasie by ’n erkende beroepsliggaam op grond van voldoening aan ’n erkende vaardigheid- en onderrigstandaard wat jou toelaat om ’n bepaalde beroep te beoefen​. 

Navorsingsvoorstel

Vra die betrokke programkoördineerder oor die vereiste lengte en formaat van hierdie dokument vir die program waarin jy belang stel.

'n Navorsingsvoorstel is gewoonlik 'n formeel gestruktureerde dokument wat die vrae 'wat', 'waarom' en 'hoe' beantwoord. Dit bestaan uit 'n werkstitel, 'n oorsig, doelwitte en oogmerke, navorsingsvrae en -metodes, die belang van die navorsing, sowel as die literatuur (bronne) wat jy in jou literatuuroorsig geraadpleeg het​.

Verklaring van navorsingsbelangstelling

’n Kort opsomming van die magister-/doktorale navorsingsvoorstel (1-3 bladsye lank) wat ’n uiteensetting bied van jou navorsingsgebied, die doelwitte van die navorsingsprojek, en die navorsingsmetodologie wat jy van plan is om te gebruik​.

Opsomming van magisternavorsing

’n Gestruktureerde, formele dokument wat ’n samevatting bied van die navorsingsvraag wat gestel is, die hipoteses wat jy getoets het, die navorsingsmetodologie en die resultate/aanbevelings (3-5 bladsye lank)​.




​​​​​​​​​