SENTRUM VIR VOLHOUBAARHEIDSOORGANGE
Ons nagraadse programme in volhoubare ontwikkeling word by die
Lynedoch-kampus op die perseel van die
Volhoubaarheidsinstituut aangebied. Onderrig is in Engels.
NAGRAADSE DIPLOMA IN VOLHOUBARE ONTWIKKELING
Die Nagraadse Diploma (NGDip) is ’n modulêre (lesinggebaseerde) program wat oor een jaar (voltyds) of twee jaar (deeltyds) aangebied word. Aansoeke sluit op 30 September. Studente wat die NGDip met ’n gemiddelde van ten minste 65% vir elk van die agt modules slaag, sal outomaties om registrasie vir die MPhil in Volhoubare Ontwikkeling kan aansoek doen.
MPHIL IN VOLHOUBARE ONTWIKKELING
TDie MPhil in Volhoubare Ontwikkeling bestaan uit ’n tesis plus minstens twee modules en word oor een jaar (voltyds) of twee jaar (deeltyds) aangebied. Aansoeke sluit op
30 September.
Toelatingsvereiste: NGDip in Volhoubare Ontwikkeling
Let wel: Alle studente wat om die MPhil in Volhoubare Ontwikkeling wil aansoek doen, moet die NGDip in Volhoubare Ontwikkeling voltooi voordat hulle met die MPhil begin. Geen ander graad of kwalifikasie sal as ’n intreevereiste vir die MPhil erken word nie.
Die MPhil is ’n interdissiplinêre program wat vir studente met kwalifikasies in verskeie vakrigtings voorsiening maak. Die kursuswerk van die NGDip rus hulle met die sterk akademiese kennis- en vaardigheidsgrondslag toe om die tesisgebaseerde MPhil met selfvertroue en die beste kans op sukses aan te pak.
DOKTORALE PROGRAM IN VOLHOUBARE ONTWIKKELING
Studente met ’n magisterkwalifikasie kan vir registrasie vir die doktorale program in Volhoubare Ontwikkeling in aanmerking kom. Dié program word deur die
Sentrum vir Volhoubaarheidsoorgange bestuur.
NAGRAADSE KWALIFIKASIES
NAGRAADSE DIPLOMAS
MAGISTERGRADE
DOKTORALEGRADE