pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

nagraadse Studies​​

      Hoe om aansoek to doen


​​​Die Universiteit Stellenbosch se akademiese jaar stem ooreen met die kalenderjaar.

Nagraadse programme met 'n klaskomponent begin gewoonlik in Februarie elke jaar, terwyl 'n beperkte getal programme in Julie 'n aanvang neem. Waar 'n nagraadse program uit kursuswerk bestaan, is dit belangrik dat toegelate kandidate betyds vir die aanvang van die program arriveer. Klasse begin gewoonlik teen die einde van Januarie of vroeg in Februarie (of teen die einde van Julie). Die Universiteit kan ongelukkig nie vir laatkommers voorsiening maak nie.

Nuwe registrasies vir magister- (navorsings-) en doktorale programme moet teen die einde van Maart of, in sommige gevalle, die einde van Julie elke jaar afgehandel word.

​​​​
let wel:

​Aansoekers vir magister- en doktorsgrade moet daarop let dat sommige programme vereis dat aansoekers eers met 'n voornemende studieleier in aanraking kom en die moontlikhede ondersoek voordat hulle formeel aansoek doen.

Klik hier om jou programvereistes na te gaan. Verstrek in jou aansoek die naam van die voornemende studieleier met wie jy in kontak was​.

Die aansoekproses vir huidige ingeskrewe US-studente is hier te kry.


HOe om vir 'n nagraadse program aansoek te doen ​

​​

​​


HULP BENODIG?

  •  Kontak- en Kliëntedienssentrum
  • info@sun.ac.za
  • +27 21 808 9111​​​​