pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

NAGRAADSE Studies​​

      DOKUMENTFORMAAT VIR INDIENING


LAAI JOU AANSOEKDOKUMENTE

Maak asseblief seker dat jou akademiese kwalifikasies en stawende dokumente aan die formaatvereistes hieronder voldoen​.​​

​WAARMERKING VAN KWALIFIKASIEDOKUMENTE
  • Sorg asseblief dat jy kwalifikasiedokumente insluit vir elke tersiêre kwalifikasie wat jy behaal het, en dat die dokumente amptelik en gewaarmerk is. Dít beteken dat jou oorspronklike kwalifikasiedokumente (akademiese transkrip en gepaardgaande graadsertifikaat) wat jy op jou gradedag ontvang het, gestempel en onderteken moet wees deur die tersiêre instelling wat dit aan jou verleen het​. Akademiese rekords moet die graderingstelsel waar die kwalifikasie verkryg was, insluit.​​
  • Indien jy van die poskantoor of polisiediens gebruik maak, sorg asseblief dat die stempel die datum, naam, handtekening en rang van die amptenaar insluit. Individuele datumstempels sal nie aanvaar word nie.
  • Neem asseblief kennis dat in gevalle waar studente huidiglik geregistreer vir 'n graad program is, sal aanlyn kwalifikasie dokumente verkry deur selfdienende portale nie oorweeg word nie.​​ ​
  • Elektroniese kopieë moet duidelik en leesbaar wees (nie dof, afgesny of onduidelik nie). Slegs pdf-formaat word aanvaar (maak asseblief seker dat die kwalifikasie dokumente nie wagwoord beskerming op het nie).
  • As jy ’n kwalifikasie behaal het, en jou finale graadsertifikaat is nie beskikbaar wanneer jy aansoek doen nie, voorsien ons asseblief van ’n amptelike bewys dat jy die kwalifikasie voltooi het. Let op die volgende:
    • Bewys van voltooiing kan insluit ’n verklaring deur jou instelling, of kan duidelik op jou akademiese transkrip aangedui word.
    • Vir kwalifikasies wat aan Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstellings behaal is, moet bewys van voltooiing nie ouer wees as een jaar nadat die graad behaal is nie.
    • Indien jy egter ’n kwalifikasie buite die Suid-Afrikaanse hoëronderwysstelsel (internasionale kwalifikasies) behaal het, moet bewys van voltooiing nie ouer wees as vyf jaar na die datum waarop die graad verleen is nie.
    • Indien jy tot die graadprogram toegelaat word, sal jy by registrasie bewys van jou oorspronklike kwalifikasiedokumente moet voorsien.
  • Kwalifikasies van korter as 12 maande sal nie oorweeg word nie. Jy hoef nie hierdie kwalifikasies te lys of die dokumente daarvoor te laai nie.
  • Indien jy voorheen aan die Universiteit Stellenbosch studeer het, hoef jy nie enige transkripte of graadsertifikate te voorsien nie omdat ons reeds toegang tot jou akademiese geskiedenis het.
  • Die Universiteit Stellenbosch behou die reg om oorspronklike en/of bykomende stawende dokumente aan te vra indien dit in enige stadium nodig geag word.​​
  • Indien die Universiteit Stellenbosch nie die vlak van vergelykbaarheid, oorspronklikheid en/of akkreditasie van aansoekers se internasionale kwalifikasies kan bepaal nie, kan die aansoeker gevra word om op eie onkoste ’n evaluering van die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid (SAKO) te bekom.​​
​​
BEËDIGDE VERTALINGS
  • Kwalifikasiedokumente in vreemde tale (buiten Engels, Afrikaans of Nederlands) moet vergesel word van beëdigde Engelse vertalings, en moet deur ’n amptelike vertaler gewaarmerk word. Dít beteken dat die dokumente in die oorspronklike taal sowel as die Engelse vertalings ingedien moet word. Laai asseblief die beëdigde vertaling saam met jou kwalifikasies.
  • Indien jy ’n kwalifikasie behaal het, en jou finale graadsertifikaat is nie beskikbaar wanneer jy aansoek doen nie, voorsien ons asseblief van ’n amptelike bewys dat jy die kwalifikasie voltooi het. Let asseblief daarop dat die bewys van voltooiing nie ouer moet wees as vyf jaar na die datum waarop dit verleen is vir kwalifikasies buite die Suid-Afrikaanse hoëronderwysstelsel nie. 
BEWYS VAN ENGELS-TAALVAARDIGHEID
  • Word vereis waar onderrigtaal nie Engels was nie.
  • Klik hier vir Engels-taalvaardigheidsvereistes.​​​​​​​

​​​​​​​​​​​​​​​​