pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

NAGRAADSE Studies​​

      nagraadse finansiering en bystand



​​​​​​​​

Finansieringsaansoeke

Die Nagraadse Kantoor in die Afdeling Navorsingsontwikkeling administreer en bestuur 'n aantal verskillende finansieringsinstrumente vir nagraadse studie. Dít sluit in die US se eie Nagraadse Beursprogram, verskeie privaat beurse, sowel as navorsingsbystand van die Nasionale Navorsingstigting, die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad, die Suid-Afrikaanse Radioastronomiesterrewag, ensovoorts.

Nagraadse finansieringsaansoeke sluit gewoonlik in die huidige akademiese jaar met die oog op die innamesiklus van die volgende jaar. Daarom behoort jy tegelykertyd vir 'n nagraadse program en beurse aansoek te doen. (Party finansieringsgeleenthede stel nie toelating as 'n vereiste nie – raadpleeg die riglyne van die spesifieke finansieringsinstrument.) Studente in hulle finale voorgraadse jaar moet byvoorbeeld hulle aansoeke om finansiering vir hulle honneurs of nagraadse diploma op dieselfde tyd as hulle studieaansoek indien.

Besoek asseblief die webwerf vir nagraadse befondsing vir meer inligting oor nagraadse befondsingsgeleenthede, geskiktheidskriteria en -vereistes sowel as sluitingsdatums​.


 kontak ons