pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​ *Ál ons nagraadse akademiese programme is geskik vir internasionale studente.

Die moderne landbousektor staan voor die uitdaging om voedsel en natuurlike vesel van gehalte op ’n volhoubare, kostedoeltreffende manier te produseer, en terselfdertyd ’n sinvolle bydrae tot landelike en ekonomiese ontwikkeling te lewer. Hierdie uitdaging word beïnvloed deur ’n diverse topografie, verskillende grondtipes, ’n wisselende klimaat, beperkte waterhulpbronne, die voorskrifte van omgewingswette en -regulasies, en streng produksie- en uitvoervereistes vir oorsese markte. Internasionale vraag en aanbod bied opwindende geleenthede, maar stel ook aansienlike eise aan die sektor se menslike, tegnologiese en intellektuele kapitaal. Dit is in hierdie behoefte wat die Fakulteit AgriWetenskappe graag in samewerking met sy gewaardeerde vennote in die openbare en privaat sektor wil voorsien. Ons akademiese navorsingskundigheid en studieprogramme strook met die dinamiese behoeftes van die bedryf én die gepaardgaande behoefte aan wetenskaplike vooruitgang in plantproduksie, veekunde en -bestuur sowel as natuurlikehulpbronbestuur.

Die Fakulteit bestaan uit elf moderne, internasionaal erkende departemente met hoogs gekwalifiseerde personeel wat verbind is tot onderrig, wetenskaplike vooruitgang, bedryfsamewerking en gemeenskapsdiens. Benewens etlike goed toegerustse laboratoriums, het die Fakulteit ook twee proefplase waar praktiese opleiding en toegepaste navorsing plaasvind. Danksy die Fakulteit se geïntegreerde, multidissiplinêre benadering, ons innoverende navorsingsuitsette, ons wetenskaplike prestasies en ons oplossingsgerigte navorsing en ontwikkelingswerk, bly ons navorsingsprogramme en gegradueerdes relevant. Ons streef daarna om die wetenskap vir die mensdom en die omgewing te maak werk.

Die Fakulteit se navorsingsfokusgebiede word hieronder volgens departement bespreek​.

Aansoekproses