pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Die Fakulteit se navorsingsprogram handel oor tersaaklike en strategies belangrike onderwystemas om na oplossings vir huidige onderwyskwessies te soek en die ontwikkeling van onderwys in Suid-Afrika te bevorder. Ons navorsing, wat ook ál ons onderrigprogramme beïnvloed, konsentreer op sowel plaaslike as internasionale behoeftes. Die ontwikkeling van menslike potensiaal in ’n diverse gemeenskap is strategies belangrik, en daarom het die Fakulteit Opvoedkunde dit as ’n kernfokus vir toegepaste navorsing gekies. Die fokusgebiede van die drie departemente in die Fakulteit vul mekaar aan en strook ook met Opvoedkunde se oorhoofse navorsingsfokus.

ONDERWYSOPLEIDING VIR DIE SENIOR EN VERDERE ONDERWYS- EN OPLEIDINGSFASES

Indien jy ’n hoërskoolonderwyser wil word, kan jou voorgraadse studie in ander fakulteite ’n grondslag wees vir nagraadse studie in die Opvoedkunde. Sien Nagraadse Onderwyss​ertifikaat.​ ​Hierdie eenjaarprogram fokus op die ontwikkeling van bevoegdhede in 'n vakverwante veld wat die kandidaat in die Senior- en Verdere Onderwys- en Opleidingsfases kan toepas. Voltooiing van hierdie kwalifikasie lei tot professionele registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders​ (SACE).  

HOËR ONDERWYS

Die Nagraadse Diploma in Hoër Onderwys (Onderrig en Leer) voorsien in die professionele behoeftes van dosente en leerfasiliteerders. Die huidige program duur van Februarie 2022 tot November 2023. Innames geskied elke twee jaar. Die volgende inname is vir Februarie 2024 geskeduleer. Vir verdere inligting, raadpleeg die afdeling oor die Departement Kurrikulumstudie.​

HONNEURS IN DIE ONDERWYS (HonsBEd)​

Ons nuwe onderwyshonneursprogramme​ is ontwerp om jou kennis op ’n gekose spesialiseringsgebied te verryk en te verdiep sodat jy sinvol tot die versterking en verbetering van onderwys in Suid-Afrika kan bydra.

Onderrig in die honneursprogramme geskied deur gemengde leer of gemengde metodes. Klik op die spesialiseringsgebiede bhieronder vir verdere inligting:

Klik hier om meer uit te vind oor die gemengdeleerprogramme wat op die US se telematiese platform aangebied word​.



Aansoekproses