Departement OPVOEDKUNDIGE SIELKUNDE
NAVORSINGSFOKUS
Die navorsingsfokus van die Departement Opvoedkundige Sielkunde is die opvoedkundige sielkundige ontwikkeling van menslike potensiaal en welstand in skole en gemeenskappe. Die oorhoofse doel is om gepaste, inklusiewe opvoedkundige sielkunde- en gespesialiseerde strategieë in skool- en gemeenskapsverband te ontwikkel en te implementeer. Dít sal op sy beurt geleenthede vir optimale ontwikkeling en selfverwesenliking skep.
HOOFNAVORSINGSGEBIEDE
IMPLEMENTERING VAN INKLUSIEWE ONDERWYS IN VERSKILLENDE STELSELS
Hierdie gebied handel oor die ontwikkeling van steunstrategieë in leeromgewings en gemeenskappe. ’n Gevestigde terrein is die insluiting van veral leerders met gestremdhede.
ASSESSERING IN DIE INKLUSIEWE KLASKAMER
Talle fasette van opvoedkundige en sielkundige assessering word ondersoek om ’n holistiese benadering tot assessering te ontwikkel.
LEERONDERSTEUNING VIR KWESBARE STUDENTEPOPULASIES
Hierdie domein konsentreer op die uitdagings van die formele en nieformele leeromgewing waarvoor jeugsentrums en sentrums vir basiese volwassene-onderwys te staan kom om kwesbare studente te bedien. Die opvoedkundige ondersteuning van kwesbare jongmense en volwassenes met leer-, emosionele en gedragsuitdagings word nagevors.
WELSTAND IN LEER- EN ONDERRIGKONTEKSTE
Ons onderneem kritiese navorsing oor emosionele en fisiese welstand in onderwysomgewings in ’n immer veranderende leersamelewing.
TERAPEUTIESE EN LEERONDERSTEUNING VIR KINDERS EN GESINNE MET LEER- EN ONTWIKKELINGSUITDAGINGS
Bystand word in sowel klaskamer- as gesins- of gemeenskapsverband voorsien. Hierdie domein handel oor terapeutiese en voorligtingstrategieë.
OPLEIDING VAN OPVOEDKUNDIGE SIELKUNDIGES EN SKOOLVOORLIGTERS
Temas sluit in die gehalte van voorligting, traumabestuur en samewerkende oorlegpleging in gemeenskappe, sowel as opvoederleer.
NAGRAADSE KWALIFIKASIES
HONNEURSGRADE
- HonsBEd (Opvoedkundige Ondersteuning)*
MAGISTERGRADE
-
MEd (Opvoedkundige Ondersteuning) (Gestruktureerd)
-
MEd (Opvoedkundige Ondersteuning) (Navorsing)
- MEd (Opvoedkundige Sielkunde)
DOKTORALEGRADE
-
PhD (Opvoedkundige Ondersteuning)
-
PhD (Opvoedkundige Sielkunde)