pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement kurrikulumstudie


NAVORSINGSFOKUS

Die Departement Kurrikulumstudie se navorsingsfokus is die ontwikkeling van menslike potensiaal in ’n diverse samelewing deur die studie van kurrikulumteorie, kurrikulumbestuur en -beleid, die gemeenskap en omgewing, taal en kommunikasie, en leer en onderrig. 


HOOFNAVORSINGSGEBIEDE​

​​KURRIKULUMSTUDIE

Dít sluit in kurrikulumteorie en -ondersoek, kurrikulumsienings van transformasie, die demokratisering van die kurrikulum, die identifisering van probleemgebiede in kurrikulumimplementering, en die kritiese bespreking van ’n aantal benaderings tot onderrig deur middel van verskeie bronne en gevallestudies, leer en die suksesvolle toepassing van ’n aantal assesseringstrategieë. 

OMGEWINGSOPVOEDING

Hierdie gebied behels navorsing oor onderwys en volhoubaarheid, omgewingsopvoeding, professionele ontwikkeling (voor én gedurende diens) en die ontwikkeling van lewensvaardighede vir ’n volhoubare leefstyl. 

WETENSKAPONDERWYS

Studiegebiede sluit in misvattings in fisika- en wetenskaponderwys, die rol van taal in wetenskaponderwys, en kurrikulumontwikkeling in wetenskaponderwys.

TAALONDERWYS EN TAAL IN ONDERWYS

THierdie gebied sluit in navorsing oor voorskoolse geletterdheidsopvoeding, kinder- en jeuggeletterdheid, die ontwikkeling en onderrig van lees-, luister-, praat- en skryfvaardighede, die bestuur van meertalige leer, taalonderrig in ’n meertalige konteks, en taalbeleid en -beplanning​. 

WISKUNDE-ONDERWYS

Kernnavorsingsonderwerpe op hierdie gebied is die sielkunde van wiskunde-onderwys, die rol van argumentasie en artikulasie in die ontwikkeling van leerders se begrip van breuke, leer deur kommunikasie, onderwysers en formatiewe assessering, grafiese sakrekenaars, en kurrikulumontwikkeling in wiskunde-onderwys. 

REKENAARS IN DIE ONDERWYS

Die navorsingsonderwerpe op hierdie gebied sluit in programontwikkeling, rekenaarleweringstelsels, programmeringstale, en die opvoedkundige gebruik van die internet. 

HOËR ONDERWYS

Hierdie navorsingsgebied behels die verkenning van die hoër onderwys as ’n vakgebied, studie van elemente van kurrikulums, onderrig, leer en assessering, nagraadse studieleiding, en die ontwikkeling van akademiese en professionele steunpersoneel.  

KURRIKULUMONDERSOEK IN SOSIALE VERBAND (DIVERSITEIT IN GODSDIENSONDERRIG EN -LEER, MENSEREGTEWAARDES EN -OORTUIGINGSTELSELS)

Saam met buitelandse universiteite onderneem ons navorsing oor onderrig en leer in uiteenlopende onderwysomgewings. Spesifieke navorsing handel oor die impak daarvan om ’n menseregtekultuur deur interkulturele en intergodsdienstige gesprek in verskillende maatskaplike en kulturele omgewings in Suid-Afrikaanse skole te onderrig. 

GEOGRAFIE- EN GESKIEDENISONDERRIG EN -LEER

Navorsing handel oor aspekte soos onderrig vir volhoubaarheid tussen mense en die omgewing, sowel as tussen mense as individue, en mense in groepsverband; die konstruksie en bemiddeling van geografiese en geskiedeniskennis deur die gebruik van navorsingsvaardighede en -tegnieke sowel as die doeltreffende vertolking van tydruimtelike inligting; die gebruik van formatiewe assessering op grond van produktiewe pedagogieë om onderrig en leer van gehalte te ondersteun.

Mentorskap

Die ontwikkeling van ’n mentorstelsel vir die professionele ontwikkeling van onderwysstudente gedurende onderwyspraktyk​.

BESIGHEIDSOPVOEDING

Belangstellingsareas wat verband hou met kritieke kwessies en debatte in Besigheids-, Ekonomie- en Rekeningkunde Opvoedkundige navorsing soos innovasie en volhoubare ontwikkeling, kurrikulum evaluering, entrepreneurskap, begrip van pedagogiese teorieë en strategieë as aanvegbare kennis, onderwysersopleiding, en die integrasie van kontemporêre nasionale en globale kwessies in Besigheidsopvoeding.


NAGRAADSE KWALIFIKASIES​
 NAGRAADSE ​DIPLOMAS ​​  HONNEURSGRADE
  • HonsBEd (Kurrikulumondersoek)*
  • HonsBEd (Grondslagfase-onderwys)*
  • ​HonsBEd​ (Taalonderwys)*
 MAGISTERGRADE
  • ​ MEd (Kurrikulumstudie) (Gestrukureerd)
  • MEd (Kurrikulumstudie) (Navorsing)​​
  • MPhil (Ho​ër Onderwys Studies) (Gestruktureerd)​
  • MPhil (Lewenslange Leer) (Gestruktureed) 
  • MPhil (Navorsing)​​
 DOKTORALEGRADE
  • PhD​ ​(Hoër Onderwys)​ 
    • PhD​ (Histories​e Opvoedkunde)​ ​
    • PhD (Kurrikulumstudie)​ ​​​
    • PhD​ (Onderwys en Opleiding vir Lewenslange Leer)​ ​
    • PhD​ (Omgewingsopvoeding)​ ​
    • PhD​ ​(Taalopvoeding)​ ​​​
    Aansoekproses