Curriculum Studies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Welkom by die 

Departement Kurrikulumstudie​


Die Departement Kurrikulumstudie streef na akademiese uitnemendheid binne die konteks van kurrikulumstudie as wetenskapsterrein. Die departement fokus op skoolvakke wat uiteindelik sal onderrig word soos Tale, Wiskunde en die Wetenskappe. ​

Hierdie visie word gedryf deur die volgende waardes:

  • Geïntegreerde akademieskap
  • Kritiese ingesteldheid
  • Transformatiewe praktyk
  • Respek vir diversiteit van mense en idees
  • Deelnemende leierskap
  • Finansiële volhoubaarheid

 
Die visie word gerealiseer deur 'n strewe na:

  • Soomlose integrasie van navorsing, onderrig en gemeenskapsinteraksie
  • Kritiese en responsiewe ingesteldheid teenoor nasionale kurrikulumbeleid en internasionale tendense
  • Die lewering van innoverende bydraes tot kurrikulumondersoek
  • Die skep van klimaat en ruimte vir kritiese gesprekvoering en kollegiale interaksie
  • Deurlopende volhoubare bestuurspraktyke (finansies, personeel, studente, in/uitsette ens.)


Belangrikste navorsingsareas is:

  • Kurrikulumteorie: Kurrikulumbenaderings
  • Kurrikulumbestuur en -beleid: Bestuur en verandering | Leierskap
  • Omgewing en gemeenskap: Tegnologie | Demokratisering van kurrikula
  • Taal en kommunikasie: Konseptualisering / denkmiddel | Geletterdheid (verbaal en visueel)
  • Leer en onderrig: Evaluering | Leerteorie | Leerders |Opvoeders | Dosente
  • Leermateriaal (Ontwikkeling): Inhoudsanalise | Bronne | Programme



Taalondersteu​ning vir vakterme

Mobilex logo.pngDie Fakulteit ondersteun jou in die gebruik van akademiese taal en vaktaal met behulp van MobiLex, ’n vakwoordeboek met betekenisse van terme wat jy in jou voorgraadse studies gebruik. Daar is ook vertalings van terme en betekenisse in Afrikaans, Engels en isiXhosa, opgestel deur dosente in die Departement Kurrikulumstudie. Laai die MobiLexapp op jou selfoon af of soek dit op jou rekenaar of tablet by https://mobilex.sun.ac.za/​