Curriculum Studies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Hoër en Volwassene Onderwys

​​​​​​​​​​Vis​​ie

Die Belangegroep streef na die bevordering van akademiese uitnemendheid binne die interdissiplinêre terreine van hoër en volwassene onderwys met inagneming van die konteks van kurrikulumstudie as ondersoekgebied. Hierdie visie word gevoed deur die volgende waardes:

  • Relevansie
  • Gehalte
  • Akademiese integriteit
  • Integrasie, en
  • Volhoubaarheid


Missie

Die Belangegroep wil deur

  • navorsing, studieleiding aan studente en diens aan die onderwysgemeenskap
  • bekendstelling van navorsingsresultate
  • kollegiale interaksie en
  • kritiese kommentaar
  • die werk van die Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys, die Departement Kurrikulumstudie en die Fakulteit Opvoedkunde optimaal bevorder.


Rasionaal

Die bestaan van die werkgroep word geregverdig deur die feit dat beide die terreine van hoër en volwassene onderwys enersyds spesialisgebiede is, maar andersyds ten nouste verweef is aan die problematiek en uitdagings van die breëre onderwysgemeenskap. Hoewel die Belangegroep op uitdagings en relevante probleme van hoër en volwassene onderwys fokus, is hierdie fokus relatief wyd, aangesien beide terreine van studie en ondersoek inter- en multi-dissiplinêr van aard is. Dis egter vir ons belangrik om nie in isolasie van die breëre veld van onderwys te beplan en te werk nie aangesien daar raakpunte en gemeenskaplike ondersoekterreine is waarby beide kan baat. Dis ook belangrik dat die Belangegroep deurlopend sal besin oor navorsings- en ander prioriteite wat die werk van die Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys en die Departement Kurrikulumstudie kan rig.

(Vir meer inligting oor die werk en programme besoek die Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys se webblad) 


Belangegroeplede

​Naam​​

​Telefoon
​E-pos
​Spesialiseringsterrein

Prof Liezel Frick (voorsitter)

​+27 21 808 3807/2277​

blf@sun.ac.za​​

​Hoër en Volwassene Onderwys

Prof Magda Fourie-Malherbe

​+27 21 808 3908/2277

mfourie@sun.ac.za

​Hoër en Volwassene Onderwys

​Prof Peter Rule ​

​+27 21 808 2297​

​prule2015@sun.ac.za​​

​Hoër en Volwassene Onderwys

 

​Taalondersteuning vir vakterme

Die Fakulteit ondersteun jou in die gebruik van akademiese taal en vaktaal met behulp van MobiLex, ’n vakwoordeboek met betekenisse van terme wat jy in jou voorgraadse studies gebruik. Daar is ook vertalings van terme en betekenisse in Afrikaans, Engels en isiXhosa, opgestel deur dosente in die Departement Kurrikulumstudies. Laai die MobiLexapp op jou selfoon af of soek dit op jou rekenaar of tablet by http://www0.sun.ac.za/mobilex/