Welkom by Departement
Kurrikulumstudie

Die Departement Kurrikulumstudie streef na akademiese uitnemendheid binne die konteks van kurrikulumstudie as wetenskapsterrein.
Hierdie visie word gedryf deur die volgende waardes:
- Geïntegreerde akademieskap
- Kritiese ingesteldheid
- Transformatiewe praktyk
- Respek vir diversiteit van mense en idees
- Deelnemende leierskap
- Finansiële volhoubaarheid
Die visie word gerealiseer deur 'n strewe na:
- Soomlose integrasie van navorsing, onderrig en gemeenskapsinteraksie
- Kritiese en responsiewe ingesteldheid teenoor nasionale kurrikulumbeleid en internasionale tendense
- Die lewering van innoverende bydraes tot kurrikulumondersoek
- Die skep van klimaat en ruimte vir kritiese gesprekvoering en kollegiale interaksie
- Deurlopende volhoubare bestuurspraktyke (finansies, personeel, studente, in/uitsette ens.)
Belangrikste navorsingsareas is:
- Kurrikulumteorie: Kurrikulumbenaderings
- Kurrikulumbestuur en -beleid: Bestuur en verandering | Leierskap
- Omgewing en gemeenskap: Tegnologie | Demokratisering van kurrikula
- Taal en kommunikasie: Konseptualisering / denkmiddel | Geletterdheid (verbaal en visueel)
- Leer en onderrig: Evaluering | Leerteorie | Leerders |Opvoeders | Dosente
- Leermateriaal (Ontwikkeling): Inhoudsanalise | Bronne | Programme