​Ten spyte van die Universiteit Stellenbosch se beduidende transformasie oor die afgelope dekade - insluitende intensiewe, proaktiewe pogings om akademici van kleur van regoor Suid-Afrika te werf, word die US steeds as 'n welgestelde, wit Afrikaanssprekende kampus beskou. Die aanname dat alle US-studente vanuit welvarende agtergronde kom, is egter verkeerd. 'n Onlangse skatting van ons 'missing middle' het getoon dat 41% van ons studente in 2016 (12 577) van huishoudings kom met 'n inkomste van R600 000 of minder per jaar.
 
Die kategorisering van die US as 'n 'voorheen bevoordeelde' universiteit het reële implikasies ten opsigte van staatsbefondsing, byvoorbeeld deur die gewig van beskikbare NSFAS-beurse ten gunste van universiteite wat in die voorheen benadeelde kategorie val. As gevolg hiervan het altesaam 1 627 US-studente wat in 2016 teoreties gekwalifiseer het vir NSFAS-beurse, het slegs 966 NSFAS-befondsing ontvang. Die oorblywende 650 studente is het  beurse ontvang wat deur die US se institusionele befondsing gedek word, 'n befondsingsstroom wat teen 2018 uitgeput sal wees.
 
Daar is 'n deurlopende behoefte vir die fondsinsamelingspan om beurse in die Universiteit te verseker om ons verbintenis tot transformasie te ondersteun. Die persentasie studente van kleur aan die Universiteit het toegeneem tot 38% (van 'n totaal van 30 150 in 2016) en sal binne die volgende drie jaar tot minstens 40% oor voorgraadse en nagraadse studies styg. Ons vertrou op u volgehoue toewyding aan 'n volledig uiteenlopende en uitstekende Universiteit Stellenbosch vandag en in die toekoms. Hierdie verbintenis word baie waardeer.

​Wanneer jy ’n skenking aan die Universiteit Stellenbosch maak, word jy ’n vennoot in ons strewe om ’n gedeelde toekoms vir alle Maties te skep.
 
Van beurse en lenings tot kapasiteitsontwikkelingprogramme en studentsukses-inisiatiewe, stuur jou ondersteuning ons kundige studente in die wêreld uit, voorbereid om tot ’n beter toekoms by te dra. Hulle wil ’n verskil maak omdat jy ’n verskil gemaak het.
 
Met die ‘Vennootskapvorming vir Toegang’-beursvideoreeks wil ons die inspirerende stories van ons donateurs vier wat ’n ondersteuningsnet vir studente is wat hulle volle potensiaal wil bereik.
 
Óf die skenking R100 ’n maand van ’n individu af is, wat in ’n gesamentlike poel ingaan, en óf dit R100 000 van ’n korporaat, trust of stigting is, jy kan ’n impak maak: ’n veranderde lewe wat reg is om die wêreld te transformeer.

 Kyk, hou van (“like”) en deel ons video’s op YouTube, Facebook en Twitter, om sodoende ook ’n rol in vennootskapvorming vir toegang te speel.

 
Paying It Forward: Die Amicus-fonds
Amicus_Fund_web.pngDie storie van die Amicus-fonds beklemtoon die mag van kollektiewe skenking. Ontmoet vir Mikhail Hendricks, US-regstudent en ontvanger van 'n Amicus-beurs, wat aspirasies het om 'n positiewe bydrae in Suid-Afrika te maak. Hy is op die punt om 'n US-alumnus te word, soos Aubrey Magerman, wat ook 'n beurs tydens sy studentedae ontvang het en tans 'n uitstekende beroepsmens in sy veld is. Aubrey "betaal vorentoe" (paying it forward) as 'n komiteelid en donateur aan die Amicus-fonds.

 
Leveraging a generational legacy: Die Crossley-stigting
crossley_web.jpgHierdie gevallestudie toon hoe organisasies soos die Harry en Doris Crossley-stigting bydra tot sistemiese verandering ten opsigte van uitdagings in die samelewing, deur die ondersteuning van universiteitstudente wat deelneem aan die skepping van oplossings wat ons wêreld nodig het. Ontmoet vir Linda Luvuno, 'n GreenMatter-genoot, wat een van die onlangse ontvangers van 'n Harry Crossley-beurs is. In die video ontmoet sy vir Linda Witfield, Direkteur van die Crossley-stigting, wat 'n passie het om die mag van studentepotensiaal te benut.

Investing in future talent: MMI Holdings Limited

MMI.pngGraduandi van die Universiteit Stellenbosch is gesog in die arbeidsmark. Simo Mvinjelwa, groepleier vir vaardigheidsontwikkeling by MMI Holdings, kyk al vir meer as 'n dekade na die US-studentepoel vir nuwe talent. Sy nuutste vangs is die slim en ondernemende Catherina de Villiers, 'n Aktuariële Wetenskap-graduandus wat vir seker haar merk aan MMI sal maak. Dit is slegs een voorbeeld van die kweking van potensiaal in vennootskap met universiteite, en die tegelyke verbreding van die talentpyplyn vir besighede.


 
Fostering Greatness: Die Dippenaar Familie-trust
Dippenaar.pngOor die laaste twintig jaar al help Laurie en Estelle Dippenaar studente om hulle potensiaal deur middel van die Dippenaar Family-trust te verwesenlik. Een so 'n student is Siyabonga Ndlovu, wat self 'n ontluikende entrepreneur is en wat maniere wil vind om werklike korporatiewe sosiale waarde te skep. Hierdie voorbeeld van 'n skenking toon duidelik hoe families (of groepe individue) 'n "lewende" nalatenskap kan maak deur tot studentesukses by te dra.

​​