Nominasie van 'n Raadslid deur die Kieskollege van die Donateurs van die Universiteit Stellenbosch
Lede van die Kieskollege van die Donateurs van die Universiteit Stellenbosch word versoek om ’n vakature in die Raad te vul. Die US stel u in kennis dat in terme van par 6(l) en 9(2) van die US-Statuut, daar ʼn verkiesing moet plaasvind van ʼn Raadslid deur die donateurs aangewys. Mnr Jannie Durand het drie termyne in die Raad gedien as verteenwoordiger van die Kieskollege van Donateurs en kan nie verder oorweeg word nie. Die ander twee lede wat die Kieskollege van Donateurs verteenwoordig in die Raad is Me. Nicky Newton-King en Me. Helena Conradie.
Die US-Raad se reëls vir lidmaatskap van die Kieskollege van die Donateurs is hier> beskikbaar.
Die nominasievorms kan hieronder gevind word:
Nominsievorm: Voeg handtekening as prent by >
Nominasievorm: Teken in op Adobe >
Nominasievorm: Normale PDF (geen redigeerbare blokke) >
Jou ondersteuning maak 'n verskil
Van beurse en genootskappe tot kapasiteitsbou programme en studentesukses inisiatiewe, jou ondersteuning stuur ons studente die wêreld in, gereed en bereid om 'n bydrae te maak tot 'n beter toekoms. Hulle sal 'n verskil maak, omdat jy 'n verskil gemaak het.
Filantropie is ewe belangrik tot die US se navorsingsmissie. Baie belangrike en opwindende navorsingsprojekte vorder danksy die volgehoue vrygewigheid van ons gemeenskap van skenkers. Dit is hierdie ondersteuning wat dit moontlik maak dat die Universiteit voortgaan om internasionaal mee te ding as een van die top Afrika universiteite, en met plaaslike relevansie en integriteit.