DataScience
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​

Loopbaangerig

​​Die kern komponent van die graad bestaan uit verpligte modules in al vier jare. Gedurende die eerste jaar is die kernmodules: Wiskunde, Rekenaarswetenskap, Wiskundige Statistiek en Datawetenskap. Dieselfde kernmodules word geneem in die tweede en derde jaar. Gedurende die vierde jaar word die Statistiese Leerteorie module as verpligtend geneem, tesame met die Datawetenskap navorsingsprojek. Die navorsingsprojek word geneem onder studieleiding in een van die fokusareas and voltooi dus die data-siklus as anker projek binne Datawetenskap. 

Studente registreer in een van die agt fokusareas. Wanneer die fokusarea gekies is, moet al die modules binne daardie fokusarea geneem word. Geen keuse module van 'n ander fokusarea mag geneem word nie, asook geen ander modules in ander programme mag die modules in die betrokke fokusarea vervang nie. Die vierdie jaar van die fokusarea sal bepaal in watter fakulteit jy die graad gaan ontvang.

Die BDatSci graad is 'n voltydse program en residensieel tot die Stellenbosch kampus. Geen aanlyn studies is moontlik nie of selfs studies weg van die kampus af nie.


Die fokusareas is loopbaangerig en help studente met toepaslike modulekeuses. Die modules kombinasies word in die volgende fokusareas aangebied:

1. Statistiese Leer (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe): Statistiese leer behels die indentifisering van tendense en patrone in data en gebruik dit om wiskundige modelle the ontwikkel en te konstrueer wat uiteindelik gebruik word om uitkomstes te voorspel of te klassifiseer. Dit word onder andere gebruik in 'n verskeidenheid van velde soos rekenaarvoorstellings, spraakerkenning, sport en finansies. 

 Modules in hierdie fokusarea hoofsaaklik uit Wiskundige Statistiek, met tuisdepartement Statistiek en Aktuariele Wetenskap


2. Rekenaarwetenskap (Fakulteit Natuurwetenskappe): Rekenaarstudies behels die beginsels en praktisering van rekenarisering en data prosessering; volg beginsels van probleemoplossingstegnieke en data manipulasie vir alles van kanalisring van data op internet en dryf van sosiale media toegang, tot ook beheer van GPS satelliete, vervaardiging van robotte en selfs jou gewone rekenaar. 

Modules in hierdie fokusarea hoofsaaklik uit Rekenaarwetenskap, met tuisdepartement Rekenaarwetenskap


3. Analitika en Optimering (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)Operasionele navorsers gebruik analitika en optimeringstegnieke om verskil in die wereld te maak. Wiskunde word toegepas op komplekse probleme om betekenisvolle, data-gedrewe insigte en verbeteringe te kan vind. Operasionele navorsing: Die wetenskap vir beter, bewysgebaseerde besluitnemimng. 

Modules in hierdie fokusarea hoofsaaklik uit Operasionele Navorsing, met tuisdepartement Logistiek

4. Toegepaste Wiskunde (Fakulteit Natuurwetenskappe)Toegepaste wiskunde bekyk eg-wereldse toepassings van wiskundige metodes in die velde van wetenskap, ingenieurswese, besigheid, rekenaarwetenskap en industrie. Dit is gevolglik 'n kombinasie van wiskunde, die wetenskap en spesifieke onderwerpkennis. 

Modules in hierdie fokusarea hoofsaaklik uit Toegepaste Wiskunde, met tuisdepartement Toegepaste wiskunde

5. Gedragsekonomie (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)Gedragsekonomie bestudeer hoe sielkundige en ekonomiese faktore besluite beinvloed van beleggers, verbruikers, stemgeregtiges en die arbeidsmag. Deur hierdie teoriee op die data toe te pas voorsien dit die datawetenskaplike die geleentheid om te verstaan, te voorspel en hoe die menslike gedrag beinvloed word. 

Modules in hierdie fokusarea hoofsaaklik uit Ekonomie, met tuisdepartement Ekonomie

6. Statistiese Genetika (Fakulteit AgriWetenskappe)Statistiese genetika is die veld van studie waar statistiese metodes gebruik word om inferensie te doen op genetiese data. Dit word gebruik in velde soos kwantitatiewe populasie genetika vir plantkundige propagering/teeling en vir omgewings- en beskermings-genetici asook in getenetiese epidemiologie waar die effek van van die gene op siekte bestudeer word. 

Modules in hierdie fokusarea hoofsaaklik uit Genetika, met tuisdepartement Genetika


7. Geoinformatika (Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe)Geoinformatika is die wetenskap en tegnologiese bestudering van die struktuur en eienskappe van ruimtelike inligting, die vaslegging daarvan, die klassifikasie daarvan asook die voorstelling en ontleding daarvan. 

Modules in hierdie fokusarea hoofsaaklik uit Inligtingskunde, met tuisdepartement Geografie en Inligtingswetenskap

8. Statistiese Fisika (Fakulteit Natuurwetenskappe)Statistiese fisika gebruik gesofistikeerde wiskunde en simulasie tegnieke om die onderliggende fisika van alles te ondersoek en te verstaan, van kwantum-meganika tot fase-oorgange en tot by die fabrieke se fynere besonderhede. 

Modules in hierdie fokusarea hoofsaaklik uit Fisika, met tuisdepartement Fisika