Plant Pathology
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​​

​​​​​​​Welkom by die Departement Plantpatologie

Stellenbosch Universiteit!


 

Inleiding

Die Departement Plantpatologie het 'n holistiese en interdissiplinêre benadering tot navorsing en opleiding, en maak van die nuutste tegnologieë gebruik ten einde die impak van patogene op plante te verminder, en weerstand in plante te verhoog.  Konvensionele en molekulêre tegnieke word gebruik om plantpatogene wat 'n gevaar vir plaaslike en uitvoermarkte inhou, op 'n volhoubare en ekonomiese wyse te beheer.  Studente word in die waarneem, karakterisering en epidemiologie van plantpatogene opgelei, en in die gebruik van geïntegreerde siektebeheerstrategieë om hierdie patogene te beheer.  Navorsingsprogramme op siektes van druiwe en sagtevrugte, is stewig in die departement gevestig, terwyl navorsingsprojekte op siektes van sitrus, groente en graangewasse meer onlangs in die departement begin is.

Visie en missie

  • Om nasionaal en internasionaal as 'n akademiese departement van kwaliteit opleiding en navorsing in Plantpatologie erken te word, deur

    • 'n omgewing te skep wat die ontwikkeling en produktiwiteit van studente en personeellede ondersteun en aanmoedig,
    • die vestiging en handhawing van bondgenootskappe met die industrie deur strategies gefokusde navorsingsprogramme en dienslewering, en
    • die koestering van nasionale en internasionale samewerkings vir innoverende en brandpunt navorsing, gerig op volhoubare voedselproduksie.