Plant Pathology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Voorgraadse Studies

DSCN4055.JPGMushroomhunt.JPGDSCN1284.JPGDSCN6525.JPGDSCN6331.JPG

'n Tipiese Plantpatologie student!​​

Is lief vir die natuur, veral plante

Geniet laboratorium- en veldwerk

Oog vir besonderhede

Ondersoekend

Akkuraat, netjies

Geduldig, volhardend

Hardwerkend (seisonale werk)

Goeie kommunikasie- en skryfvermoëns


Toelatingsvereistes

Basiese toelatingsvereistes vir universiteit studies:

  • 'n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) of Independent Examination Board (IEB) skooleindsertifikaat soos gesertifiseer deur Umalusi met toelating tot baccalaureusgraadstudie.
  • 'n Universiteit  vrystellingssertifikaat uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Matrikulasie Raad aan studente met ander skoolkwalifikasies.
  • Die minimum akademiese vereiste vir 'n baccalaureusgraad is:
  • 30% vir 'n Suid-Afrikaanse Taal van Leer en Onderrig (Engels of Afrikaans) en
  • 'n Prestasievlak van 4 (50% - 59%) in vier 20-krediet vakke
  • Slegs School of Tomorrow aansoekers word verplig om die Nasionale Normtoetste (NNT's) te skryf indien aansoek gedoen word vir 'n program in AgriWetenskappe.

Fakulteitsvereistes vir BScAgric Plant- en Grondwetenskappe met Plantpatologie as hoofvak

  • 'n Gemiddelde van ten minste 60% in die NNS, IEB of relevante finale skool-eksamen.
    Die gemiddelde word bereken deur die neem van jou hoogste telling in Taal van Leer en Onderrig vak (Engels of Afrikaans) + (5 x beste resultate in 20-krediet vakke, uitsluitende Lewensoriëntering en Wiskunde 3). Die toaal gedeel deur 6 is gelyk aan jou NSS gemiddelde.
  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 (50%)
  • Wiskunde 5 (60%)
  • Fisiese Wetenskappe (Fisika en Chemie) 4 (50%)  

    Let wel:
  • Alle programme is keuringsprogramme en aansoekers sal oorweeg word volgens die reëls en prosedures soos uitgesit in die Keuringsriglyne en toelatingsvereistes beleid vir voorgraadse programme vir die Fakulteit AgriWetenskappe. Vir meer besonderhede, besoek:

http://www.sun.ac.za/english/maties/Documents/AgriSciences.pdf

Vir meer inligting rakende toelatingsvereistes, kontak:
Monika Basson
Tel: +27 (0)21 808 2978

Faks: +27(0)21 808 2001

E-pos: mh@sun.ac.za

Fakulteit AgriWetenskappe Programme en Toelatingsvereistes

Toelatingsvereistes en Keuringsriglyne


 

Program

Eerste Jaar: Volg die Biologiese Wetenskappe program (Fakulteit Natuurwetenskappe)

Tweede Jaar: Volg die Plant- en Grondwetenskappe Program
(Studievelde: Gewasproduksie / Gewasbeskerming en -Teling / Grond- en Waterbestuur) (Fakulteit AgriWetenskappe)

Derde en Vierde Jaar: Kies Plantpatologie as hoofvak:

 

Modules

Gewasbeskerming 152 - Inleiding tot gewasbeskerming en verbetering

Inleiding tot die dissipline van planteteling, plantpatologie, entomologie, nematologie en onkruid­wetenskap. Gevallestudies van peste, siektes en onkruide van plante wat wêreld-geskiedenis en voedselsekuriteit beïnvloed het. Die basiese beginsels van plantverbetering wat gebruik word vir pes- en siektebestuur.

Gewasbeskerming 244 - Inleidende Plantpatologie en Entomologie

Die aard en oorsaak van plantsiektes, die impak van patogene en peste op landbou, die biologie van belangrike patogene en peste, faktore wat siekte-ontwikkeling beïnvloed, diagnose van plantsiektes en beginsels van plantsiektebeheer.

Buigsame assessering

Plantpatologie 314 - Plantsiekte-bestuur

Die onderliggende beginsels en metodes wat vir plantsiektebeheer vanaf voor-plant tot na-oes gebruik word.  Dit sluit die rol van plantkwarantyn, siekte-sertifisering en verbouingspraktyke op siekte-ontwikkeling, en op die epidemiologiese oorwegings vir plantsiekte-voorspelling en siektebepaling, in. Klem word gelê op plantsiekteweerstand, en chemiese en biologiese beheer, óf as primêre beheerstrategieë óf as komponente van 'n geïntegreerde siektebeheerprogram, ten einde effektiewe en volhoubare beskerming teen 'n diverse reeks van patogene te verseker.

Plantpatologie 344 - Plantsiekte-dinamika

Komponente van plantsiektes, soos die plantpatogene wat hulle veroorsaak, die gasheerfaktore wat hulle ontwikkeling beïnvloed en die omgewingstoestande wat hulle bevorder. Siektes van nasionale en internasionale belang en die skade wat hulle aan die wêreld se voedselproduksie veroorsaak het. Die dinamika van patogene wat met saad en kwekeryplante geassosieer word, asook dié wat grondgedraagde siektes, blaar- en vrugsiektes voor-oes, en verval en skade na-oes veroorsaak.

Plantpatologie 414 - Taksonomie en biologie van plantpatogene

Morfologie, taksonomie en biologie van plantpatogeniese swamme, oomycetes, bakterieë, mollicutes (spiroplasmas en fitoplasmas) en virusse.  Praktika sluit mikroskopiesekultuurmorfologie en fisiologiese en biochemiese metodes in wat gebruik word vir die identifikasie van die hoofgroepe van plantpatogeniese swamme, oomycetes en bakterieë.

S Plantpatologie 314, 344

Plantpatologie 444 - Plant-mikrobe-interaksies

Die dinamiese interaksie tussen plante en mikroörganismes, beide nadelig en voordelig. Aspekte met betrekking tot swamdiversiteit, genetika en genomika, en die rol van mikrobiesepatogenisiteitsfaktore en sekondêre metaboliete in plantsiekte-ontwikkeling. Die plant se verdedigingsmeganismes en vermoë om patogeen-aanvalle te herken en daarop te reageer. Versterking van siekteweerstand in plante teen patogene en die ontwikkeling van nuwe siektebeheerstrategieë. Metodes wat gebruik word vir geen-ontdekking en funksionele geen-analises in plante en patogene, en konsepte soos transformasie en geen-manipulasie.

Plantpatologie 314, 344

Plantpatologie 474 - Gevorderde plantpatologie

Onderwerpe van huidige belang, insluitend nuwe benaderings tot die bestuur van plantsiektes. Fokus word op na-oessiektes en grondgedraagde siektes geplaas, en die gebruik van pestisiedtoedieningstegnieke vir beter bestuur van blaar- en vrugsiektes in ʼn omgewings-vriendelike wyse. Aspekte wat verband hou met volhoubare produksie van plantgebaseerde voedsel, insluitend fitosanitêre aspekte, pestisiedresidue en mikrobiese kontaminante van plantgebaseerde voedsel. Besoeke aan belangrike landbou-instansies om ʼn beter begrip te kry van die praktiese belang van plantpatologie in landbou. Bywoning van nagraadse navorsingsseminare.

Gewasproduksie 478 - Gevorderde gewasproduksie

Prakties-gerigte gewasproduksie-verwante veld- en/of laboratoriumondersoeke deur middel van relevante en huidige eksperimentele aanslagte en analitiese metodes, met die aanspreek van heersende sake in gewasproduksiestelsels rondom voedselsekerheid en omgewingsverwante uitdagings. Spesialisasie in een van die volgende dissiplines: Agronomie; Entomologie en Nematologie; Genetika; Grondkunde; Hortologie; Landbou-ekonomie; Plantpatologie; Wingerd-wetenskappe.


Loopbaangeleenthede in Plantpatologie!

Navorser (bv. LNR, Departement Landbou, CRI, Experico)
Akademies (Universiteite)
Konsultant (bv. Hygrotech, Merck, Kapa Biosystems, privaat)
Tegnikus (bv. Hygrotech, Merck, Kapa Biosystems, privaat)
Agri-besighede (bv. Hygrotech)
Agri-chemiese maatskappye (bv. Bayer, Du Pont, Philagro, BASF)

Diagnostiese Klinieke (bv. US Siektekliniek, Nemlab, privaat)
Vaardighede om in verwante velde te werk (Botanie, Mikrobiologie, Hortologie)

 

Bekendes vanuit die departement!

Prof PW Crous (Direkteur van die Centraalbureau voor Schimmelcultures in Utrecht, Nederland)
BSc Bosbou (1985), Stellenbosch Universiteit, Stellenbosch, Suid-Afrika
MScAgric (cum laude) (1988), Stellenbosch Universiteit, Stellenbosch, Suid-Afrika
PhD(Agric) (1992), University van die Oranje Vrystaat, Bloemfontein, Suid-Afrika

Prof MJ Wingfield (Direkteur van die "Forestry and Agricultural Biotechnology Institute" (FABI), Fakulteit Biologiese en Landbou Wetenskappe, Universiteit Pretoria, Suid-Afrika)

BSc (1976), Universiteit van Natal, KwaZulu Natal, Suid-Afrika
BScHons (1977), Universiteit van Natal, KwaZulu Natal, Suid-Afrika
MSc (cum laude) (1979), Stellenbosch Universiteit, Stellenbosch, Suid-Afrika
PhD (Plantpatologie en Entomologie) (1983), Universiteit van Minnesota, V.S.A.