AC4TR4
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Bestuur van Piesang Fusariumverwelk


DSC01899.JPG 

 

Twee hoofstrategieë is beskikbaar om Fusariumverwelk van piesangs suksesvol te beheer: voorkoming en die gebruik van weerstandbiedende variëteite.  Gedurende die afgelope 30 jaar, het weefselkultuurplante en deeglike fitosanitêre praktyke wat deur gevolmagtigde regulatoriese owerhede ondersteun word, piesanglande vry van siektes in lande soos Australië gehou.  Hierdie opsie is beskikbaar vir grootskaalse kommersiële produsente met die finansiële vermoë om sulke plante te kan aankoop, maar die opsie word selde deur kleinboere en bestaansboere geneem wat dit nie kan bekostig nie en gedwing word om nuwe piesangvelde te vestig deur die gebruik van suiers.  Vir hierdie boere is weerstandbiedende variëteite, indien beskikbaar, die enigste opsie as hul wil voortgaan met die verbouing van piesangs. 


Daar is al voorlopige stappe geneem in die evaluering van sommige Afrika kookpiesangs vir weerstand teen Foc TR4 in Asië, maar die volle diversiteit van piesangs wat op die kontinent verbou word, is nog nie geëvalueer nie.  Verder het die Taiwan Banana Research Institute vir die afgelope 20 jaar verskeie Cavendish somaklonale seleksies met weerstand teen Foc TR4 geproduseer.  Nie almal van hulle pas goed aan wanneer in ander lande ingebring word nie, maar verdere seleksie het tot weerstandbiedende Cavendish somaklone gelei wat nou in die Filippyne en Indonesië geplant word, en daar is die moontlikheid om hul geskiktheid in Afrika toestande te toets.  Hibriedvariëteite weerstandbiedend teen Foc rasse 1 en 4 is deur die FHIA teelprogram in die Honduras geselekteer.  Hierdie mag aanvaarbaar wees vir Afrika produsente en verbruikers en kan in Afrika teelprogramme ingesluit word.


Voorkoming en bestuur van piesang Fusariumverwelk kan verkry word deur verhoogde bewusmaking, wetgewing, regulasie, kwarantyn, vermyding en behandeling van geïnfesteerde lande.  Hierdie aksies kan plaasvind voordat Foc lande en plase binnekom, of nadat dit reeds lande en plase binnegekom het.  Die aktiwiteit wat gekies word om Fusariumverwelk te beheer, hang af van beskikbaarheid, bekostigbaarheid, geografiese area en produksiesisteme in lande/plase wat geaffekteer is of bedreig word om geaffekteer te word, asook algemene kennis van die siekte en sy bestuur.  Die beskerming van piesangs teen Foc TR4 (of ander vreemde isolate) is die verantwoordelikheid van 'n aantal aandeelhouers, insluitende nasionale en area owerhede, navorsingswetenskaplikes, voorligtingsbeamptes en produsente.  Aktiwiteite sluit in:

Voor-grens pro-aktiewe aktiwiteite:

  • Vasstelling van nasionale biosekuriteit wetgewing en regulasies
  • Vasstelling van 'n land se vermoë om inkoms van Foc te voorkom en op uitbrake van Foc te kan reageer
  • Verkryging van genoegsame kennis van Foc en maniere om dit buite die grense van 'n land te hanteer
  • Bewusmaking van Foc TR4 tussen beleidmakers, regering- en kwarantynbeamptes, die publiek, navorsers, piesangprodusente, en ander aandeelhouers
  • Ontwikkeling van gestandardiseerde opleidingshandleidings, identifikasie- en waarnemingsprotokols, asook metodes om Foc inbrake nasionaal en in 'n area te hanteer
  • Ontwikkeling van nasionale kapasiteit en infrastruktuur om uitbrake te hanteer
  • Opleiding van plantgesondheidsamptenare, wetenskaplikes, voorligtingsbeamptes, grensbeheer- en kwarantynpersone, en produsente oor Foc identifikasie en bestuur
  • Verspreiding van plakkate, brosjures en inligtingsmateriaal oor Foc TR4 en ander rasse
  • Voorbereiding van tegniese materiaal oor die voorkoming, waarneming, inhouding en uitwissing van Foc-geaffekteerde plante
  • Tot stand bring van 'n noodfonds ten einde vinnig op uitbrake te kan reageer
  • Ontwikkeling van 'n ingang risiko-analise en identifisering van hoë risiko ingangspunte

    Op-grens:

  • Evaluering van kwarantynmaatreëls en die versterking van grensbeheer
  • Insluiting van Foc TR4 as kwarantynpes op nasionale lyste
  • Ontwikkeling van wetgewing en fitosanitêre regulasie van piesangs en/of dele van piesangs afkomstig vanaf Foc TR4-geaffekteerde lande of lande wat bedreig word
  • Streng beheer van die invoer van piesang en meelpiesang vanaf lande geaffekteer deur Foc TR4 of wat daardeur bedreig word, deur nasionale kwarantynstasies
  • Versoek dat in vitro plante vergesel moet word deur sertifikate vir siekte-indeksering
  • Identifisering en versterking van hoë risiko ingangspunte vir piesangplante geïnfekteer met Foc
  • Opleiding van wetenskaplikese in die gebruik van betroubare diagnostiese gereedskap vir Foc TR4 identifikasie

    Na-grens aktiwiteite:

    Af-plaas:

  • Kartering van die verspreiding van Foc TR4 en ander Foc rasse in piesang-produerende lande
  • Versameling van epidemiologiese data ten einde wyses van binnekoms en verspreiding vas te stel
  • Vasstelling, opleiding en inbring van waarnemingssisteme en spanne binne lande
  • Tot stand bring van wetgewing om die beweging van piesang plantmateriaal en ander materiaal wat risiko inhou, binne landsgrense, te reguleer
  • Opstel van kwarantynsones om die beweging van geïnfekteerde plantmateriaal en ander moontlike hoë risiko materiaal binne lande te voorkom
  • Samewerking nasionaal en in areas om Foc TR4 binne die area te voorkom en bestuur
  • Organisering van opleidingswerkswinkels en kundige konsultasies met internasionale Fusarium spesialiste

     Plaasgrens:

  • Verkryging van skoon plant- en voortplantingsmateriaal vanaf betroubare bronne, verkieslik weefselkultuur piesangs
  • Opsit van hoogs sigbare en duidelik verstaanbare tekens by plaashekke om besoekers oor die plaas se biosekuriteit in te lig
  • Skoonmaak van alle voertuie wat die plaas besoek deur die afspuit van klei en plantdele en disinfektering by afwas-areas voordat plaashekke binnegegaan of verlaat word
  • Bestuur van die beweging van plaasbesoekers en voertuie wat die plaasgrense binnegaan deur:
    • Toelaat van besoekers op die plaas slegs per afspraak en deur in te teken
    • Disinfektering van die skoene en voertuie van besoekers
    • Gebruik van voertuie afkomstig van die plaas self, en stewels word aan besoekers verskaf vir besoek aan plantasies
  • Ondersoek instel oor die werkgewersrekord, nasionaliteit en beweging van alle plaaswerkers
  • Vermyding van deel van masjinerie, toerusting en veldgereedskap met ander produsente
  • Streng beheer van toegang van kontrakteurs en diensverskaffers tot die plaas
     

    Op-plaas aktiwiteite:

    Vroeë waarneming en uitwissing:

  • Opleiding van en indiensneem van verkenners om dadelik suspisieuse plante te identifiseer en aan te meld
  • Ordentlike isolering en uitwissing van uitbrake van piesang Fusariumverwelk deur die afkamping van siek en aangrensende plante, doodmaak en brand van sodanige plante, en voorkoming van beweging van grond en water buite hierdie geaffekteerde area
  • Beperking en beheer van beweging van plaaswerkers en plaastoerusting na en vanuit Foc-geïnfesteerde lande, en die gebruik van disinfekteermiddels om skoene en plantasie gereedskap skoon te maak.  Hierdie skoene en plantasie gereedskap moet verkieslik nie in ander areas op die plaas gebruik word nie
  • Beperking van voertuigbeweging tot aangewese paaie en beheerde roetes, volgens areas geaffekteer en nie-geaffekteer deur Foc
  • Opgee van verdere piesangproduksie in nuut-geaffekteerde areas en groei van grondbedekkers om erosie en beweging van grond te voorkom
  • Tot stand bring van protokols om Fusariumverwelk uitbrake te identifiseer, isoleer en monitor. Dit moet maniere insluit om tussen Fusariumverwelk en ander naby-verwante siektes te kan onderskei
  • Voorkom van vloei van besproeiingswater of reënwater vanuit geaffekteerde areas deur die kanalisering in dreineringskanale
  • Gereelde toets van besproeiingswater en plantmateriaal ten einde verdere verspreiding van piesang Fusaruimverwelk te voorkom
     

    Opsies om Fusariumverwelk te beheer in lande waar Foc alreeds teenwoordig is (aktiwiteite vereis kundige advies van ervare veldplantpatoloë):

    Biologiese beheer:

  • Gebruik van mikorrhisas, Trichoderma, nie-patogeniese Fusarium oxysporum, bakterieë en aktinomysete

    Chemiese beheer:

  • Fungisieddope vir wortelbeskerming gedurende plant, staminspuitings
  • Oppervlaksteriliseerders vir disinfeksie doeleindes
  • Grondberoking
  • Plantaktiveerders

    Verbouingspraktyke:

  • Skoon plantmateriaal: weefselkultuur en skoon suiers
  • Goeie sanitasie en fitosanitêre aksies
  • Gewasrotasie en braak periodes
  • Grondtoevoegings en bemesting: pH, stikstof, kalsium, silikon, yster, organiese materiaal
  • Vloed braakland en bio-berokings: prei, brassicas, anaerobiese beroking
  • Vestiging van volhardende grondbedekkers wat mikrobiese aktiwiteit stimuleer en beweging van grond en dreineerwater voorkom
  • Onderdrukkende grond-eienskappe: neem grondbiologie, chemie en fisiese eienskappe in gedagte
  • Goeie besproeiingskedules en dreinering
  • Omheining van geïnfesteerde lande om onnodige beweging van mense en diere te voorkom
     

    Gasheerweerstand:

  • Plant gewilde plaaslike variëteite met natuurlike weerstand teen Foc TR4
  • Plant hibriede wat deur konvensionele planteteling ontwikkel is: ex. FHIA variëteite
  • Plant variëteite wat deur mutasie teling ontwikkel is: Somaklonale variante, chemiese mutasies en bestraling
  • Indien aanvaarbaar vir markte, plant geneties gemodifiseerde piesangs met bewese weerstand teen Foc TR4 (met anti-swam gene, weerstandsgene, anti-stres gene, HIGS)
     

    Geïntegreerde siektebestuur:

  • Ontplooi gemengde verbouingssisteme
  • Ontplooi plantweerstand en grondtoevoegings
  • Beroking en die gebruik van biologiese beheerprodukte