AC4TR4
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Piesangproduksie in Afrika

Rwanda February 2009 024.jpg





Piesangs en meelpiesangs is die wêrld se vierde belangrikste voedselgewas en is van uiterste belang vir voedselsekuriteit en inkomste vir meer as 70  miljoen Afrikaners.  Daar is verskeie tipes piesangs wat uniek is tot Afrika, en hierdie kan vars geëet word, gekook, gebraai en geprosesseer as babakos, sap en bier.  
East African Highland kookpiesang (EAHB) en meelpiesangs maak ongeveer 70% uit van alle piesangs wat op die kontinent verbou word.  Mense wat in die hooglande van sentraal Afrika woon, eet meer piesangs as enigiemand anders in die wêreld, en verkry 35% van hul daaglikse kalorieë vanaf hierdie gewas.  In die laagland van die Kongo, verbou boere 'n groter diversiteit van meelpiesangs as enige ander plek in die wêreld.  Hierdie meerjarige plante is verder die ruggraat van baie verbouingssisteme aagesien hul vrugte dwarsdeur die jaar produseer, die grond teen erosie beskerm, en vloede, droogtes en plaaslike konflikte oorleef.  Soet piesangs word oral verbou en word as 'n lekkerny geëet, maar vorm 'n kleiner deel van die totale Afrika gewas.  Die Cavendish piesang, wat uitvoermarkte wêreldwyd domineer, word nou in toenemende hoeveelhede op groot kommersiële plase in westelike, oostelike en suidelike Afrika aangeplant.​​
banana-bean intercrop, a common feature in intensively managed systems of smallholder highland bananas.JPGEldad's own banana garden.JPG

Musa produksie in Oos en Suidelike Afrika

(Bron: Bioversity International)

Musa produksie in Wes en Sentraal Afrika

(Bron: Bioversity International)