AC4TR4
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Bedreiging van Fusariumverwelk vir Afrika piesangs

​​In die eerste helfde van die 20ste eeu, het 'n swamsiekte genaamd Fusariumverwelk (Panama siekte) kommersiële uitvoer piesangplantasies van Gros Michel piesangs vernietig, eers in Sentraal Amerika maar later ook in westelike Afrika.  Dit het tot grootskaalse vervanging van Gros Michel aanplantings met Cavendish klone gelei, weens hul immuniteit teen die verantwoordelike swampatogeen, Foc ras 1. Sekere kookpiesangvariëteite in Afrika is ook immuun teen Foc ras 1, maar die soet piesang en sap piesang variëteite wat op die kontinent geplant is, soos Sukali Ndizi, Pisang Awak en ook Gros Michel, is hoogs vatbaar.  Cavendish piesangs in Suid-Afrika is vatbaar vir aanval deur 'n ander isolaat, genaamd Foc 'subtropiese' ras 4 (genaamd Foc STR4), wat plante infekteer nadat hul vatbaar word weens koeler temperature.

'n Nuwe virulente 'tropiese' vorm van Foc ras 4 (TR4) het in Asië in 1990 ontwikkel waar dit Cavendish aanplantings vernietig het.  Foc TR4 het nou Afrika binnegekom en het die potensiaal om die piesangproduksie op die kontinent uit te wis.  Nadat die swam eers in velde ingekom het, kan dit nie vernietig word nie omdat dit sterk rustende spore (klamydospore) produseer wat maklik deur gekontamineerde plantmateriaal, water en grond kan versprei.  Terwyl dit bekend is dat Foc TR4 alle variëteite van soet piesangs wat tans kommersieel verbou word, sal vernietig, is dit nie bekend of kook- en sappiesangs of meelpiesangs wat op die Afrika kontinent voorkom, die patogeen sal kan weerstaan nie.

 Threat to African bananas.jpg

                         Fusariumverwelk in Afrika (Blomme et al. 2013. Ann. Appl. Biol. 162: 4-26)