Plant Pathology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Siektekliniek

Picture 400.jpgSerrodes partita.jpgplants.JPGSlide2.JPGimpatiens_1.JPG

​Die Plantsiektekliniek is 'n dienslaboratorium geleë binne die Departement Plantpatologie, by die Universiteit van Stellenbosch.  Die kliniek se aktiwiteite het in Oktober 2000 begin, en spesialiste in die veld van plantpatologie diagnoseer die probleme op die plantmonsters wat ontvang word.  Ons diagnoseer alle tipes van swam- of bakteriese siektes op verskeie gewasse, insluitende bome, struike, groente, vrugte, ornamentele plante, ens.  Virussiektes en insek-identifikasies word ook deur konsultante van Vironostix en die Departement Bewaringsekologie en Entomologie behartig.  Blaar- en grondmonsters vir voedingstekorte, en nematode-analises kan, op aanvraag, na kundiges in daardie spesifieke veld gestuur word.  Diagnose kan tussen een en twee weke neem om afgehandel te word, hoewel nuwe siektes addisionele patogenisiteitstoetse vereis, wat langer sal neem.  Elke monster wat ingestuur word, ontvang 'n geskrewe diagnostiese verslag waarin die bevindinge verduidelik word, en enige beskikbare beheermaatreëls verduidelik word.

Wanneer 'n monster na die Plantsiektekliniek gestuur word, moet die betrokke Diagnostiese vorm ingesluit word.  Volg ons versamel- en indienriglyne wanneer plantmonsters ingedien word.  Monsters wat nie korrek versamel, verpak en/of verskeep word nie en in swak toestand ontvang word, is baie moeilik om te diagnoseer.

Ons strewe na vinnige, maar akkurate diagnose en is konstant op soek na nuwe metodes om die diagnosetyd te verkort.  Die gebruik van die digitale kamera, konvensioneel of deur mikroskooplense, het 'n baie nuttige diagnostiese hulpmiddel geword.  Dit stel ons in staat om digitale beelde van patogeenstrukture vir bevestiging na internasionale kundiges te stuur.  Ondervinding opgedoen deur werk vir die privaatsektor, word met produsente gedeel.  Ons verskaf ook waardevolle praktiese opleiding vir voor- en nagraadse studente.

 

Soos die meeste gevestigde Diagnostiese Siekteklinieke in die wêreld, is ons ook 'n aanhanger van die gesegde "Test, Don't Guess".


Disease clinic card.png