AC4TR4
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Simptomatologie

​​​



Fusariumverwelk-

simptome



Eksterne simptome


Geaffekteerde plante verwelk vinnig, ouer en dan jonger blare word geel en bruin, en plante gaan uiteindelik dood. Vergeling van die blare kan in simptome, tussen piesangvariëteite en Foc rasse betrokke, verskil.  In sommige gevalle bars die basis van die pseudostamme oop.

Costa Rica Mozambique 2013 679.jpg
Groot beeld

Fusarium6.jpg
Groot beeld
P1090692.JPG
FABI split pseudostam2.BMP
Costa Rica Mozambique 2013 643.jpg






Interne simptome

Baie tipies in risoom en pseudostam. Intern ontwikkel 'n diep goue verkleuring van die interne risoom, terwyl die vaskulêre bundels in die pseudostam geel tot rooi-bruin verkleur.

Costa Rica Mozambique 2013 637.jpg
Groot beeld

P1090598.JPG
Groot beeld




 




Ander piesangverwelksiektes

Bakteriese siektes: Eksterne simptome van Moko siekte, "Blood disease" en Xanthomonas verwelk is dikwels soortgelyk aan die van Panama siekte.  Blaarvergeling in hierdie siektes begin egter dikwels in die jongste blare en beweeg na die ouer blare, wat verskil in plante wat deur Foc geaffekteer word.  'n Geel uitskeiding word ook waargeneem uit plantweefsel wat deur bakterieë geaffekteer word.

Pythium wortelvrot en Armillaria vrot kan ook simptome soortgelyk aan Fusariumverwelk toon.  Pythium wortelvrot is nie algemeen nie en tot jong plante in nat omgewings beperk, terwyl Armillaria wortelvrot dikwels tot 'n paar plante beperk is, en wit swamgroei in geaffekteerde plantmateriaal voorkom.

    "Blood disease"

Bakterieë "ooze" uit die vleesagtige vrugte
      Groot beeld
Jonger blare word meer ernstig geaffekteer
       Groot beeld

 




Abiotiese strestoestande

Waterversuiping, droogte en weerlig kan almal blaarvergeling veroorsaak wat verkeerdelik as Fusariumverwelksimptome geïdentifiseer word.  Geen van hierdie abiotiese strestoestande sal enige interne simptome soortgelyk aan Panama siekte veroorsaak nie, en die swam kan nie vanuit die risome en pseudostamme geïsoleer word nie.

     Koue skade

Cold damage-old leaf2.jpgCavendish piesang geaffekteer deur koue temperature
       Groot beeld

        Weerlig

Lightning 1.jpg
        Groot beeld