AC4TR4
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Identifikasie

Simptomatologie

Eksterne simptome: Geaffekteerde plante verwelk vinnig, ouer en dan jonger blare word geel en bruin, en plante gaan uiteindelik dood. Vergeling van die blare kan in simptomatologie verskil tussen piesangvariëteite en Foc rasse betrokke. In sommige gevalle kan die basis van die pseudostamme oopbars.

Interne simptome: Baie tipies in die risoom en pseudostam. Intern ontwikkel 'n diep goue verkleuring van die binneste risoom, terwyl die vaskulêre bundels in die pseudostam geel tot rooi-bruin verkleur. 

Morfologiese identifikasie

Picture1.jpgFoc produseer baie mikrokonidia wat enkelsellig, ovaal- tot niervormig is.

Picture3.jpgMikrokonidia word in vals koppe geproduseer op vertakte en onvertakte monofialides.

Picture2.jpgMakrokonidia is volop, sekelvormig met 'n verdunde apikale sel en 'n voetvormige basale sel.

Picture4.jpgKlamydospore is teenwoordig en word enkel of in pare gevorm.


  • Geen geslagtelike vorm van F. oxysporum is bekend nie.
  • Swamkolonies op ADA produseer wit, luggedraagde miselia wat in die middel pers kan verkleur. Isolate kan in hul kultuurmorfologie verskil.
  • Room tot oranje sporodogia vorm soms op angelierblare op CLA.

Vegetatiewe verenigbaarheidsgroeperings (VCGs)

Vegetatiewe verenigbaarheid is die vermoë van hifes van twee individuele Fusarium isolate om te verenig (anastomose) om 'n heterokarion te vorm.  Daar is 24 bekende VCGs in Foc (0120 - 01224), waarvan sommig komplekse met mekaar vorm (bv. VCG 01213/16).  VCGs  word dikwels gebruik om Foc isolate te karakteriseer wanneer nuwe uitbrake van Fusariumverwelk aangemeld word.

  • Puhalla, J.E.  1985.  Classification of strains of Fusarium oxysporum on the basis of vegetative compatibility.  Canadian Journal of Botany 63: 179-183.
  • Leslie, J.F. & Summerell, B.a.  2006.  The Fusarium Laboratory Manual, Blackwell Publishing, Ames, Iowa, USA. 388 pp.

Molekulêre identifikasie

Basispaarvolgordebepaling van die EF area: Vergelyking met databasisse:

  • http://isolate.fusariumdb.org/index.php

  • Fourie G., Steenkamp E.T., Gordon T.R. and Viljoen A. 2009. Evolutionary relationships among Fusarium oxysporum f. sp.cubense vegetative compatibility groups, Applied and Environmental Microbiology 75: 4770-4781.

Gebruik van inleierpare: Ontwikkel slegs vir Foc TR4:

  • Dita M.A., Waalwijk C., Buddenhagen I.W., Souza Jr M.T. and Kema G.H.J. 2010. A molecular diagnostic for “tropical” race 4 of the banana Fusarium wilt pathogen. Plant Pathology 59: 348–357.
  • Li, C.Y., Mostert, G., Zuo, C.W., Beukes, I., Yang, Q.S., Sheng, O., Kuang, R.B., Wei, Y.R., Hu, C.H., Rose, L., Karangwa, P, Yang, J., Deng, G.M., Liu S.W., Gao, J., Viljoen, A. and Yi G.J. 2014. Diversity and Distribution of the Banana Wilt Pathogen Fusarium oxysporum f. sp. cubense in China. Fungal Genomics and Biology 3: 111. doi:10.4172/2165-8056.1000111.

"Polymerase Chain Reaction restriction fragment length polymorphism (PCR-RFLP)" van die IGS area:

  • Fourie G., Steenkamp E.T., Gordon T.R. and Viljoen A. 2009. Evolutionary relationships among Fusarium oxysporum f. sp.cubense vegetative compatibility groups, Applied and Environmental Microbiology 75: 4770-4781.
RFLP analysis of Foc strains for separation into lineages.pngAFLP analysis of Foc strains.png
RFLP analise van Foc isolate vir onderverdeling in lineages                          AFLP analise van Foc isolate       

Waarneem van Foc

  • Die beste manier om die siekte waar te neem is deur vroeë identifikasie van eksterne en interne simptome.
  • Molekulêre waarneming van Foc in plantmateriaal, water en grond is moontlik in 'n eksperimentele laboratorium, maar nie prakties in die veld nie, tensy geteikende waarneming vir die teenwoordigheid van die swam in spesifieke materiale uitgevoer word.