Plant Pathology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Sitruspatologie

​​

Programleier: Dr Paul Fourie

Fungisiedtoedieningstegnologie

In plantsiektebeheer lei die gebruik van baie effektiewe wateragtige beheermiddels (bv. fungisiedes, biologiese agente, GRAS chemikalieë, ens.) soms tot teleurstellende resultate waardeur produsente ekonomiese verliese ly.  In hierdie gevalle is die tekort aan siektebeheer dikwels die resultaat van onvoldoende toediening van die beheermiddel. In hierdie navorsingsprogram, word verskeie konvensionele en nuwe toedieningsmetodes in sitrusboorde en pakhuise geëvalueer en geoptimaliseer ten einde biologies effektiewe residulading op vatbare plantdele te verseker, sonder om die toelaatbare maksimum residuvlakke te oorskry.  Gepaardgaande doelwitte behels die aanspreek van koste- en tyd-effektiwe aspekte van toedieningsmetodes, waardeur produksie- en omgewingskostes direk geraak word.  Die metodiek wat gebruik word, behels 'n "proprietary deposition assessment" protokol, waar flourometrie , digitale fotografie en beeld-analises gebruik word, asook residu-analise en biologiese effektiwiteitstoetse.

Epidemiologie van Sitrus SwartvlekCBS.jpg

Sitrus Swartvlek (CBS) is 'n kosmetiese siekte van sitrusvrugte.  Die veroorsakende organisme, Guignardia citricarpa, word egter as 'n kwarantyn-organisme in sekere lande beskou.  Die Suid-Afrikaanse sitrus-industrie is die tweede grootste uitvoerder van vars sitrusvrugte in die wêreld, gevolglik is CBS 'n ekonomies belangrike siekte gegewe die marktoegang-implikasie wat betrokke is.  In hierdie navorsingsprogram in die departement, word die epidemiologie van hierdie siekte bestudeer ten einde die siekte se gedrag onder verskillende klimaatstoestande te verstaan en voorspel.  Dit sal tot verbeterde beheerprogramme lei, maar sal ook ondersteuning in voortgaande marktoegang oorlegplegings bied.  Populasie-genetika van G. citricarpa sal verder op globale skaal bestudeer word ten einde die globale beweging van hierdie organisme vas te stel, asook die relatiewe belang van geslagtelike en ongeslagtelike reproduksie onder verskillende klimaatstoestande.

Beskikbare meestersprojekte vir 2022:

  1. Whole genome characterization of mefenoxam sensitivity in Phytophthora nicotianae and P. citrophthora from citrus in South Africa.
  2. Evaluation of the Tree Row Volume concept for the management of pests and diseases in citrus.