Plant Pathology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Monster Versameling & Indiening

​​

Indien van plantmonsters

Slide2.JPG

Wanneer plantmonsters vir analise versamel word, hou die volgende in gedagte:

Ondersoek die plant versigtig.  Simptome kan 'n afstand vanaf die werklike plek van infeksie voorkom.  Kyk vir enige abnormaliteite of skade aan die laer deel van die plant.

Versamel 'n monster wat verteenwoordigend is van die toestand ter sprake.
Dit is belangrik dat jy probeer om die monster voor enige pestisiedtoedienings te neem - dit is moeilik om 'n akkurate diagnose te verkry nadat pestisiedes toegedien is.

Die monster wat ingedien word, moet waar moonlik, alle dele van die plant bevat.
Sluit genoeg materiaal in ten einde die volle reeks van ontwikkeling van die siekte aan te toon, van gesond tot maksimum siekte-ontwikkeling.  Versamel die monster vanaf 'n area wat vroeë ontwikkeling van die siekte toon, aangesien dele wat uit meestal dooie materiaal bestaan, dikwels 'n aantal sekondêre organismes bevat wat die identifikasie van die primêre patogeen kompliseer.  Probeer om NIE dooie plante in te stuur nie.

Draai monsters in droë papierhanddoekies toe, papiersakkies of droë koerante (MOENIE water byvoeg nie) en verpak los in 'n plastieksak ten einde uitermatige uitdroging te voorkom.

Verpak alle monsters in 'n stewige houer (Styrofoam houer of kartonboks) om te keer dat dit stukkend druk.  Verpakkingsmateriaal soos koerante kan bygevoeg word om skade tydens vervoer te voorkom.

Stuur slegs vars materiaal en maak van die vinnigste vervoermetode gebruik.  Diagnose kan bemoeilik word, indien nie onmoontlik gemaak word nie, indien vertragings tot uitermatige agteruitgang van die monster lei.

Indien die monsters nie dadelik gestuur kan word nie, moet dit in 'n yskas of uit direkte sonlig en/of hitte gehou word.

Wenke vir spesifieke plantmateriaal:

1. Vleesagtige vrugte, wortels en knolle - draai genoeg skoon, absorberende materiaal soos papierhanddoekies om monster om uitlek van sappe te voorkom. MOENIE monster in plastieksakke sit nie.

2. Houtagtige plante - vir kleiner plante moet 'n hele plant ingedien word.  Omsluit die wortels en grond in 'n plastieksak.  Kanker, terugsterwing, ens. op bome of struike - sny die tak verskeie sentimeters bokant elke ent van die geaffekteerde area af ten einde ook gesonde hout in te sluit.  Dooie takke of takke wat aan die doodgaan is, is dikwels niks werd as monsters nie.

3. Turf - lig 'n gedeelte van die turf sodat gesonde gras, tesame met die rant en die sentrale deel van die geaffekteerde area in die monster ingelsuit word.  Plaas die hele monster in 'n plastiek zipper sakkie (moenie water byvoeg nie).  Wanneer monsters van verskeie areas ingestuur word, moet dit in aparte sakkies geplaas word.

4.Tuinplante, tonnelgewasse - spit die hele plant uit (moenie uittrek nie), sodat wortels en grond intak bly.  Moenie die stam en blare in plastiek toedraai nie.

5. Virustoetse - versamel simptomatiese blare, stamme of die hele plant en plaas in 'n plastieksak.  Moenie dat die blare uitdroog nie, maar moet ook nie water byvoeg nie.  Blare kan tussen lae papierhanddoekies plat gedruk word en dan in 'n plastiek zipper sakkie geplaas word.

Wanneer monsters vir diagnose ingedien word, hou die volgende in gedagte:

'n Ingediende monster moet van goeie kwaliteit en kwantiteit wees en met die relevante voltooide Siekte Diagnose vorm ingedien word.  (beskikbaar op die webtuiste)

Verskaf soveel inligting as moontlik op die vorm(s) ten einde 'n akkurate diagnose van die probleem te verseker.

Maak seker dat die vorm saam met die monster ingedien word.  Hou ook 'n kopie van die vorm vir jou eie rekord.

Vir 'n vinnige reaksie, sluit jou e-pos adres in en dui op die vorm aan hoe jy jou resultate wil ontvang.

Monsters word tipies op 'n "first come, first served" basis hanteer.

'n Verslag (resulate en beheermaatreëls) sal ge-e-pos, gefaks of gepos word sodra resultate gefinaliseer is.

'n Faktuur sal saam met die verslag of kort daarna gestuur word.

Courier die monster so vinnig as moontlik.  Moontlike couriers sluit in:
Sun Courier, XPS, DHL, TNT.

NB:
Daar is geen courier afleweringsdiens by die Universiteit van Stellenbosch oor naweke of op publieke vakansiedae nie.  Ten einde te verseker dat jou monster so gou as moontlik geprosesseer word, versamel en stuur monsters om ons nie later as 'n Vrydag oggend van 'n normale week te bereik nie. Gedurende weke met 'n pubieke vakansiedag, moet vroegtydig gebel word om reëlings te tref.
Voel vry om die kliniek voor die indien van 'n monster met enige vrae te kontak.

Indien van Insek Spesimens

Serrodes partita.jpg

Versamel van spesimens:

Versamel vars materiaal in 'n stewige houer en, indien moontlik, vries die spesimen so gou as moontlik.

Wees versigtig en verpak insekte so dat hulle intak arriveer.  Moenie insekte aan papier vasplak of los in 'n koevert sit nie.

Merk met die datum en plek van versameling, asook die naam van die versamelaar.  Verskaf enige biologiese inligting, bv. die gasheerplant, ens....

Dien die monsters so gou as moontlik in.

Korrekte hantering van spesimens verseker dat 'n meer akkurate identifikasie gemaak kan word.

Voltooi asseblief 'n Insek Diagnose vorm saam met die spesimen, wat sal verseker dat jy spoedige terugvoer sal ontvang.