​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​

Die Stellenbosch Universiteitskoor bestaan uit studente van verskillende fakulteite. Die Matie-koor is die oudste en mees gevierde koor in Suid-Afrika en is in 1936 deur William Morris gestig. Ná hom volg dirigente wat die koor se trotse tradisie uitbrei: Gawie Cillié (1940-1954), Philip MacLachlan (1955-1976), Johan de Villiers (1977-1984), Acàmá Fick (1985-1992) en Sonja van der Walt (1993-2002). André van der Merwe is sedert 2003 die dirigent. 

Onlangse prestasies van die US Koor sluit in:

  • By die 2010 Wêreld Koorspele in Shaoxing, China, neem die koor in die afdelings Musica Contemporanea en Gemengde kore deel en wen beide afdelings.
  • Tydens die Wêreld Koorspele in Cincinnati in 2012, wen die koor die gevorderde afdeling vir Gemengde kore en Musica Sacra. 
  • By die 2014 Wêreld Koorspele in Riga, Letland, wen die koor al drie kompetisie-kategorieë waaraan hulle deelneem en behaal die hoogste punte in die geskiedenis van die kompetisie met 99%. 
  • Die koor wen ook in 2016 in Sotsji, Rusland, al drie kompetisiekategorieë waaraan hulle deelneem en behaal die hoogste punt tydens die Wêreld Koorspele met 96%.
  • In 2018 neem die koor in drie kategorieë aan die Llangollen Internasionale Eisteddfod in Wallis deel, en wen die Ope-, Jeug-  en Gemengde kore-afdeling. 

    Die US Koor beklee tans die nommereenposisie op die Interkultur-ranglys van die topduisend- internasionale kore. 

     ​


​​​​​​​​​