Business Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Welkom by die Departement
Ondernemingsbestuur

Indien jy jouself as a toekomstige sakebestuurder sien – en as jy 'n kwalifikasie in ondernemingsbestuur wil bekom om hierdie droom te help verwesenlik – is jy op die regte plek.

Ons bied 'n BCom en Honneurs in Bestuurswetenskap met verskeie fokusareas. Dit beteken jy kan kundigheid opbou in onder meer entrepreneurskap en innovasiebestuur, finansiële bestuur, finansiële beplanning, beleggingsbestuur en bemarkingsbestuur. Dié kundigheid kan toegepas word in winsgerigte sowel as nie-winsgerigte organisasies in enige bedryfsrigting – plaaslik én internasionaal.

Die Departement van Ondernemingsbestuur, wat deel van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe uitmaak, het op 15 September 1924 tot stand gekom. Die departement is vandag bekend vir die gehalte van sy alumni in die wêreld van werk, en vir sy navorsingsuitsette. Die waardevolle nuwe kennis wat ons oor ondernemingsbestuur skep, toon dat ons leiers op die gebied van navorsing is (gegrond op navorsingsartikels wat in internasionale vaktydskrifte verskyn).

Laai die brosjure van die Departement Ondernemingsbestuur hier af.


Boodskap van die Voorsitter

_MG_1149.jpg