Business Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Finansiële Bestuur

​​

Hierdie fokusarea is gerig op indiensneming in die private sektor waar 'n gespesialiseerde kennis van finansiële bestuur en ontleding vereis word.​

Finansiële bestuur fokus op die volgende onderwerpe:

  • Finansiële beplanning en beheer
  • Gedragsfinansies
  • Kapitaalinvestering
  • Amalgamasies en oornames

Beroepsmoontlikhede:

  • Finansiële direkteur
  • Finansiële adviseur
  • Finansiële ontleder

Voorgraadse vakke wat in Finansiële Bestuur aangebied word:


Inleiding tot Finansiële Bestuur 214

Samestelling van die staat van finansiële posisie, die staat van wins of verlies en die staat van kontantvloei; die meting en beoordeling van finansiële prestasie met verwysing na winsgewendheids-, likiditeits- en solvabiliteitsanalise; gevallestudies oor finansiële ontleding; inleiding tot die investeringsbesluit; die finansieringsbesluit; finansieringsbronne; die dividendbesluit; finansiële beplanning en die bestuur van bedryfsbates, met spesiale verwysing na kontant-, handelsdebiteure- en voorraadbeheer; finansiële mislukkings; internasionale finansiële bestuur. 


Korporatiewe Finansiële Bestuur 244

Die evaluering en interpretasie van korporatiewe finansiële prestasie met behulp van omvattende verhoudingsgetalontledings en volhoubaarheidsoorwegings; aandeel- en skuldbriefwaardasie; bespreking van die effek van dividendbeleid op korporatiewe waardasies; die effek van finansieringsbeleid op ’n firma se waarde; die effek van gedragvoordele en heuristieke op investerings besluite.


Finansiële Beplanning en Beheer  314

Standaardisasie van gepubliseerde finansiële state; herklassifisering van items uit finansiële state vir bestuursbesluitneming; toepassing van finansiële beplanningsproses met behulp van finansiële vooruitskatting; berekening van die volhoubare groeikoers; beraming van ’n optimale kapitaal¬struktuur; die toepassing van vrye kontantvloei-waardasies; die invloed van inflasie op finansiële jaarstate.


Kapitaalinvestering 332

Toepassing van die volgende finansiële seleksiemaatstawwe op groot kapitaalprojekte: terugverdienperiodemetode, metode van die ekwivalente uniforme jaarlikse koste, metode van die netto teenswoordige waarde en die interne-rentabiliteitsmetode; die invloed van inflasie by die beoordeling van investeringsprojekte en die berekening van die koste van kapitaal; prioriteitsbepaling met betrekking tot meervoudige onderling uitsluitende projekte


Finansiële Bestuur – Navorsing  352

Identifisering en formulering van finansiële bestuursvraagstukke en/of geleenthede; daarstelling van finansiële navorsingsdoelwitte; identifisering van toepaslike navorsingsontwerpe; toepassing van sekondêre en/of primêre navorsing; ontleding van finansiële data ten einde navor¬singsdoelwitte te bereik.


Amalgamasies en Oornames 354

Prosesse by amalgamasies en oornames; finansiële en strategiese aspekte; teorieë; toepaslikheid van mededingings- en ander wetgewing; empiriese gegewens; hefboomuitkope; bestuursuitkope; verdedigingstrategieë; gesamentlike projekte en alliansies; ontbondeling; bestuursriglyne. 

Vir Finansiële Bestuursvakke in die Honneurskursus, verwys asseblief na die Honneursblad​.