Business Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Boodskap van die Departementshoof

​​​​​​​​​​​​​


​Departmentshoof,
Professor: Bemarkingsbestuur
Prof C Boshoff ​​​​
​​Stuur e-pos 
Tel: +27 21 808 2735 



Ek is vir my aangenaam om jou as 'n voornemende of huidige student by die Departement Ondernemingsbestuur aan die Universiteit Stellenbosch te verwelkom.

Die hoofdoel van ons department is om ons studente voor te berei sodat hulle kan uitblink in die bestuur van enige onderneming in Suid-Afrika of elders in die wêreld. Ons streef daarna om 'n leeromgewing te skep waar ons studente en personeel hul volle potensiaal kan bereik sodat hulle 'n sinvolle bydrae kan lewer tot die ekosisteem waarin hulle hulself bevind.

Globale ontwikkelings, nuwe tegnologie, klimaatverandering en pandemies het 'n ontwrigtende invloed op die wêreld van werk sowel as ons gemeenskappe. By die Departement Ondernemingsbestuur aanvaar ons hierdie uitdagings. Ons span nuwe onderrig- en leermetodes in. Ons ontgin nuwe moontlikhede deur ons navorsingskundigheid te benut, en ons verryk ons leerplanne met hierdie kennis.

Goed gekwalifiseerde en toegewyde personeel help om 'n optimale leeromgewing vir ons studente te skep. Dit is ook vir ons belangrik om die hoogste moontlike akademiese en administratiewe standaarde te handhaaf.

Hoewel 2022 in die lig Covid-19 steeds onsekerhede inhou, sien ons daarna uit om almal weer op die kampus en in die klaskamer terug te verwelkom.

Ons nooi ook ons alumni, lede van die sakegemeenskap en personeel uit om deel te neem aan ons aktiwiteite, en om saam met ons te leer, te verken en te groei.

Professor Christo Boshoff
Voorsitter​​