Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Peter van der Meer deel sy siening oor die entrepreneuriese manier tydens 'n onlangse besoek
Outeur: Prof Peter van der Meer
Gepubliseer: 04/10/2022

Die Strategie en Innovasie-fokusarea in die Departement Ondernemingsbestuur het die eer gehad om Prof Peter O van der Meer vanaf 15 tot 23 September 2022 te huisves. Prof van der Meer is 'n dosent aan die Utrecht Universiteit se Skool vir Ekonomie (USE) in Nederland. Sy vakgebiede sluit in Entrepreneurskap en Bemarking met 'n fokus op klein en medium ondernemings (KMO's) en beginnerondernemings. Hy is ook die skrywer van verskeie opvoedkundige boeke oor Entrepreneurskap en Bemarking

Prof Van der Meer het lesings aan voor- en nagraadse studente in Entrepreneurskap en Innovasie sowel as Korporatiewe Waagneming aangebied. Ons studente het sy aanbiedings terdeë geniet en kon waardevolle insigte kry oor die manier waarop entrepreneurskap tans in Europa beskou word. Die studente se positiewe reaksie het gewys hoe die professor se passie werklik aansteeklik is. Volgens mnr Goosain Solomon en Me Lelani Maree, dosente in die Entrepreneurskap- en Innovasie bestuur fokusarea, is hierdie vermenging van kennis noodsaaklik om ons perspektiewe op entrepreneurskap en kleinsake-ontwikkeling in Suid-Afrika te verbeter, met inagneming van die belangrikheid van entrepreneurskap vir ons as 'n ontwikkelende ekonomie. Die weg na 'n suksesvolle entrepreneurskap is egter die entrepreneuriese ingesteldheid.

Prof Van der Meer het die Departement Ondernemingsbestuur verskeie kere vantevore besoek, asook van sy kollegas van die USE. Die verhouding tussen die Ondernemingsbestuurdepartement en die USE dateer meer as 15 jaar terug en het baie vrugbare dosente-uitruilings beleef. Kollegas van ander fokusareas soos Finansiële Bestuur, Beleggingsbestuur en Bemarkingsbestuur het ook baat gevind by Prof Van der Meer se uitgebreide ervaring in die velde van intrapreneurskap. “Ons was gelukkig om tyd saam met Prof Van der Meer individueel en gesamentlik deur te bring terwyl die geleentheid hom voorgedoen het. Tydens hierdie verbintenisse het ons ervarings van verskillende kontekste, insigte en idees uitgeruil.”

In Prof Van der Meer se eie woorde: “Dit gaan nie net oor Entrepreneurskap nie, maar ook oor die entrepreneuriese manier​”​.