Students
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Readmission-hero_img.jpg

Die hertoelatingsproses vir voorgraadse studente word deur die Universiteit Stellenbosch se hertoelatingsreëls en -proses beheer, soos uiteengesit in die Universiteit se Algemene Jaarboek, Deel 1, onder die opskrif “Hertoelating ná onsuksesvolle studies”.​

Ingevolge hierdie reëls moet voorgraadse studente 'n sekere aantal krediete in 'n bepaalde akademiese jaar verwerf (slaag) om verder te kan studeer. Studente wat nie voldoende krediete verwerf nie en dus nie aan die hertoelatingsvereistes voldoen nie, sal nie toegelaat word verder te studeer nie. Studente kan teen akademiese uitsluiting appelleer deur vir hertoelating tot EEN akademiese program vir 2024 aansoek te doen. Appèlle vir hertoelating sal deur die Hertoelatingsappèlkomitee van die onderskeie fakulteite oorweeg word. ​ ​


Hertoelatingsappèlaansoekvorms

Laai die toepaslike hertoelatingsaansoekvorms af en maak seker jy lees die riglyne voordat jy die aansoek voltooi. Maak seker dat jou volledig- ingevulde hertoelatingsaansoekvorm, saam met al die vereiste stawende dokumente en bewys van die hertoelatingsaansoekfooi, die Universiteit teen die sluitingsdatum bereik.​​​



​Sluitingsdatum vir appèlle vir hertoelating

Die sluitingsdatum vir die indien van appèlle is Donderdag, 11 Januarie 2024, aansoeke vir die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe uitgeslui, taansoeke vir die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) wat ingedien moet word soos uiteengesit in die FGGW se Hertoelating Appèlkommunikasie en aansoekinstruksies.

Studente sal skriftelik van die uitslag van 'n hertoelatingsappèlaansoek in kennis gestel word nadat die Hertoelatingsappèlkomitee in Januarie 2024 vergader het.​ ​​​


Belangrike inligting

Lees asseblief die onderstaande inligting aandagtig deur waarin die stappe om jou appèlaansoekvorms in te dien, asook betalingsbesonderhede en ander belangrike inligting oor die hertoelatingsappèlproses uiteengesit word.​

1. Vul die Hertoelatingsappèlaansoekvorm volledig in. Lees en volg die riglyne soos in die dokument uiteengesit asseblief noukeurig.
2. Indien van toepassing, vul die Mediese/Gesondheidsorgpraktisynverslag vir hertoelating volledig in. Hierdie vorm moet ook deur jou mediese of gesondheidsorgpraktisyn ingevul word. Jy moet dus so gou moontlik met die proses begin om te verseker dat die vorm voor die sperdatum ingevul is.
3. Indien van toepassing, vul die Programveranderingsmotiveringsvorm volledig in. Hierdie vorm moet ook deur jou mediese of gesondheidsorgpraktisyn ingevul word. Jy moet dus so gou moontlik met die proses begin om te verseker dat die vorm voor die sperdatum ingevul is.
4.Betaal die Hertoelatingsappèlaansoekfooi van R484. Sien asseblief die onderstaande afdeling vir betalingsbesonderhede.
5. Skryf jou voorletters, van, studentenommer en die program waarvoor jy om hertoelating aansoek doen, bo-aan elke bladsy van die stawende dokumente wat jy by jou aansoek insluit om jou versoek te ondersteun. Jou stawende dokumente moet dan geskandeer en per e-pos saam met jou aansoekdokumente gestuur word.
6 ​E-pos die voltooide vorms, alle stawende dokumente en bewys van betaling na die toepaslike e-posadresse van die fakulteite wat hieronder aangedui word​:​

Fakulteit E-posadres
Ingenieurswese eng_readmit@sun.ac.za
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe ems_readmit@sun.ac.za
Regte law_readmit@sun.ac.za
Teologie theol_readmit@sun.ac.za
Lettere en Sosiale Wetenskappe
AgriWetenskappes
Onderwys
Natuurwetenskappe

readmit@sun.ac.za
Geneeskunde en Gesondheidswetenskappes fmhs_readmit@sun.ac.za


Die hertoelatingsappèlaansoekfooi van R484 kan in die US se bankrekening inbetaal of per internetoorplasing betaal word. Bewys van betaling moet jou aansoek vergesel. Daar is twee bankopsies:​​

Betaling met kredietkaart of elektroniese fondsoorplasings (EFT’s)

  • Gaan na ​ www.maties.com
  • Klik op Students
  • Klik op Fees
  • Klik op Student Fees online payments

Internet-bankbetalings deur Standard Bank se bankdienste

  • Kies Payments, Pay Beneficiary en dan “Add new beneficiary”
  • Kies Company onder Business Directory
  • Voer die naam van die begunstigde in: Universiteit Stellenbosch en soek
  • Kies: “Universiteit Stellenbosch – Studentegeld”
  • Begunstigde-besonderhede/verwysings:
  • Onthou om onder Your details, My Reference Universiteit Stellenbosch in te tik: Stellenbosch University
  • Begunstigde-verwysing: Studentenommer
​​

As jy nie nou om hertoelating wil aansoek doen nie – of as jy wel om hertoelating aansoek doen, maar nie hertoegelaat word nie – en jy wil in die toekoms om hertoelating tot die US aansoek doen, sal jy eers moet bewys dat jy in staat is om suksesvol by 'n tersiêre instelling te kan studeer.

Vir hierdie doel sal jy toepaslike modules in jou studieveld moet slaag wat van dieselfde standaard en werklading as dié van die US is, om vir hertoelating tot die US oorweeg te word. Jy kan hierdie modules by enige universiteit van jou keuse doen. ​ ​

Dui duidelik op die hertoelatingsaansoekvorm aan tot watter program jy hertoegelaat wil word. Jy kan aansoek doen om hertoelating tot dieselfde of 'n ander program in die fakulteit waar jy voorheen geregistreer was, of tot 'n program in 'n ander fakulteit, maar jy mag slegs om hertoelating tot een program aansoek doen. Indien jou aansoek om hertoelating tot daardie program nie suksesvol is nie, sal jy nie toegelaat word om aansoek te doen om hertoelating tot 'n ander program, of as 'n spesiale student nie.

Let asseblief daarop dat indien jy nie voorheen vir enige van die volgende programme geregistreer was nie, jy nie in aanmerking kom om vir hertoelating tot hierdie spesifieke programme aansoek te doen nie: ​​

  • BA (Sportwetenskap)
  • BA (Regte), BCom (Regte), LLB, BAccLLB
  • BSc (Voedselwetenskap)
  • MBChB
  • BSc in Dieetkunde
  • BSc in Fisioterapie
  • B in Arbeidsterapie
  • B in Spraak-, Taal- en Gehoorterapie
  • B in Verpleegkunde
  • BEd

Hierdie hertoelatingsaanbod sluit nie verblyf in nie. Dit bly jou verantwoordelikheid om jou eie verblyf te vind. Die ​Studenteakkommodasiekantoor sal nie studente met privaat akkommodasie kan bystaan indien daar nie finansiering beskikbaar is nie. Die meerderheid van ons gefinansierde studente wat hertoegelaat word, het ook hulle finansiering verloor. Hertoegelate studente sal ook nie vir koshuisverblyf oorweeg word nie, aangesien hulle nie aan die akademiese vereistes voldoen nie. Dit is dus nodig om studente wat hertoegelaat word, in kennis te stel om die nodige verblyfreëlings te tref.

​​