Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking
Welkom by die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking, waar ons daarna streef om die leer- en onderrigervaring van akademici en studente te verryk binne die universiteit se meertaling konteks.
Division for Learning and Teaching Enhancement
Welcome to the Division for Learning and Teaching Enhancement, where we strive to enrich the learning and teaching experience for academics and students within the university’s multilingual environment.
kwiCandelo loKwandisa ukuFunda
Wamkelekile kwiCandelo loKwandisa ukuFunda nokuFundisa, apho sizama ukutyebisa amava okufunda nokufundisa kubahlohli nabafundi, abakwiyunivesithi engqongwe ziilwimi ezininzi.
Dr Antoinette van der Merwe
Senior Direkteur
Die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking werk in vennootskap met fakulteite om:
- Kwaliteit leer en onderrig in voortdurende vernuwende akademiese programme te bevorder
- Die onderrig rol te professionaliseer en beloning en erkenning te bevorder
- 'n Akademiese benadering tot 'n leergesentreerde benadering tot onderrig te bevorder
- 'n Meertalige omgewing te ondersteun en te bevorder
- Konteksspesifieke navorsingsgebaseerde insigte en antwoorde te genereer en te deel oor onderwerpe soos:
- Die verryking van die leer- en onderrigervaring van studente en akademici
- Die ondersteuning van professionele leer van akademici
- Die ontwikkeling, vestiging en deel van innoverende leer- en onderrigpraktyk
- Programhersiening en -vernuwing
- Die bevordering van individuele sowel as institusionele meertaligheid
- Die ontwikkeling van akademiese en professionele geletterdhede en die fasilitering van die aanleer van taal
- Professionele taaldienste soos vertaling, redigering en tolking
- Die inspan van leertegnologieë om die reikwydte en rykheid van die leeraktiwiteite van sowel residensiële as studente wat nie op die kampus studeer nie, te bevorder
- Uitgebreide leerruimtes
- Studentetredhou en -sukses
Die Afdeling se kundigheid is in vier sentrums en een Strategiese projek gesetel:
Kontak my gerus (advdm@sun.ac.za / 021 808 3075) of enige van die sentrums of projek direk.
Die aankweek van ʼn meertalige ingesteldheid aan die US
Die Afdeling bied ʼn taaldag elke tweede of derde jaar aan. Hierdie dae handel oor die geleenthede en moontlikhede wat meertaligheid ons bied, en bied akademici, studente en professionele akademiese steundienste- (PASD-)personeel ʼn geleentheid om by mekaar te leer sodat ons die gesprek oor taal aan die US nuut kan benader.
By Taaldag 2021 het ons maniere bespreek om ʼn meertalige ingesteldheid by onderrig, leer en assessering sowel as by die sosiale lewe buite die klas te integreer. Besoek gerus ons Meertalige ingesteldheid-webbladsy (ook beskikbaar in Engels en Xhosa) oor die gesprekke wat op die dag plaasgevind het, of om na die bydraes van die verskillende deelnemers te kyk. Taaldag 2018 was ook ʼn geleentheid wat nie maklik vergeet sal word nie. Volg gerus die openhartige en eerlike gesprekke wat daar plaasgevind het, hier.