Centre for Learning Technologies
Welkom by Universiteit Stellenbosch


​Die Sentrum vir Leertegnologieë span sluit adviseurs in wat beskikbaar is aan akademiese personeel vir individuele konsultasies aangaande kwessies wat verband hou met gemengde leer en/of e-leer inisiatiewe of navorsingsprojekte. Hierdie konsultasiediens word verskaf soos versoek as en wanneer 'n dosent  of departementele voorsitter 'n belangstelling daarin het om tegnologie te gebruik om die leer vir hul studente te verbeter. As Universiteit streef ons daarna om tegnologie in 'n betekenisvolle wyse in die kurrikulum te inkorporeer, en dit vereis 'n benadering waarby die leerbehoeftes op die voorgrond van die gesprek geplaas moet word, in teenstelling daarmee om 'n manier te soek om spesifieke tegnologie in 'n kursus in te sit net omdat dit interessant en opwindend is.

Adviseurs van die SLT benader konsultasies met 'n teoretiese (pedagogie) agtergrond en werk met die dosent om te verstaan wat die behoeftes is vir sy/haar kursus(se) soos deur die module uitkomste bepaal is. Dit word dan gebruik  as basis om die beskikbare en mees toepaslike tegnologie in sy/haar konteks te betrek om daardie behoeftes aan te spreek.

Konsultasies, waar benodig, kan op program/kurrikulum hernuwing gefokus word. Die standaard proses wat vir hierdie aktiwiteit gevolg word is die aanvanklike konsultasies soos hierbo beskryf, wat dan 'n voorstel opmaak wat deur die adviseur aan die module voorsitter/departement gebied word. Hierdie proses, kennelik 'n lang een, word aangemoedig deur die Strategie vir Informasie- en Kommunikasietegnologie by Stellenbosch Universiteit. Dit is 'n proses wat kritiese denke en analisering vereis van die leerbehoeftes van studente sowel as van die beskikbare hulpbronne wat gebruik kan word om die uitkomste van die module te na te kom.

As adviseurs moedig ons dosente aan om hul prosesse hierin te dokumenteer en om, waar moontlik, in akademiese aktiwiteite soos navorsingsartikels, gevallestudies of konferensie aanbiedings in te skakel. 

Afsprake kan d.m.v. e-pos gemaak word:


Dr JP Bosman​

Direkteur: Sentrum vir Leertegnologieë

E-pos
+27 21 808 3077​
+27 21 808 3565​​​​

​​

Dr Sonja Strydom​

Adjunk-Direkteur: Akademiese Ontwikkeling & Navorsing​

E-pos
+27 21 808 3083
+27 21 808 3565


Me Magriet de Villiers

Adviseur: Leertegnologieë

E-pos
+27 82 722 2212
+27 21 808 3565







​​​