Centre for Learning Technologies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​

​​Die Sentrum vir Leertegnologieë is toegewyd om professionele leergeleenthede vir personeel, in hul pogings om leertegnologie sinvol in hul kursusse aan studente te inkorporeer, te bied. Die Sentrum bied twee geakkrediteerde kortkursusse in Vermengde Leer wat 'n praktyksgemeenskap bied waarin personeel verder hul kennis kan ontwikkel in die teoretiese en praktiese aspekte van tegnologiese bemiddelling van onderrig, leer en assessering. Hierdie kortkursusse word gratis aan personeel gebied.

Die Leertegnologie Ondersteuningspan in die Sentrum bied ook basiese opleidingsessies in die gebruik van SUNLearn en/of ander Universiteitsondersteunde sagteware.

Kliek op enige van die kursusse om meer uit te vind. ​

Inleiding tot Vermengde Onderrig, Leer en Assessering
Hierdie kortkursus fokus op doserende akademici en professionele ondersteunings-personeel wat aktief betrokke in die lewering van hoëronderwys kursusse, geakkrediteerde kortkursusse of personeelopleiding en -ontwikkeling is. Die kursus is in ’n hibriede modaliteit ontwikkel en bestaan uit twee in-persoon kontaksessies en vier aanlyn modules. ’n Formele opdrag moet suksesvol voltooi word ten einde ʼn sertifikaat vir voltooiing van die kursus te ontvang.
Lees meer ›
Gevorderde Vermengde Onderrig, Leer en Assessering
Hierdie
kursus is vir die dosent van die toekoms ontwerp. Dit sluit nuwe dosente tot meer ervare akademici van alle dissiplines, met ’n gretige belangstelling in onderrigleer aan die een kant en digitale tegnologieë aan die ander kant, in. Hierdie volledige aanlyn kursus sluit aanbiedinge van teoretiese bewys-gebaseerde konsepte, modelle en raamwerke, goeie praktyke, inspirerende voorbeelde, praktiese illustrasies en interessante (oop) hulpbronne in wat met praktiese oefeninge gekombineer word.
Lees meer ›​​​​
​​​​

Inleiding tot Vermengde Onderrig, Leer en Assessering

Hierdie kortkursus fokus op doserende akademici en professionele ondersteuningspersoneel wat aktief betrokke in die lewering van hoëronderwys kursusse, geakkrediteerde kortkursusse of personeelopleiding en -ontwikkeling is. Die kursus is in ’n hibriede modaliteit ontwikkel en bestaan uit twee in-persoon kontaksessies (Vrydag 8 September en Maandag 23 Oktober) en vier aanlyn modules. 

’n Formele opdrag moet suksesvol voltooi word ten einde ʼn sertifikaat vir voltooiing van die kursus te ontvang.

Kursus uitkomste

Na voltooiing van die kursus, behoort deelnemers in staat te wees om:

  1. Die terrein van opvoedkundige tegnologie te beskryf;
  2. Die teoretiese begronding in terme van sleutelaspekte wat met vermengde leer verband hou, toe te pas;
  3. Ontwikkelde praktiese en konteks-spesifieke vaardighede in die integrasie van leertegnologieë in die kurrikulum, toe te pas;
  4. ​Toekomstige selfgerigte praktyke in die ontwikkeling van toekomstige lewenslange vaardighede in die veld van opvoedkundige tegnologie, te oorweeg.

Onderwerpe

Onderwerp 1: Verstaan Vermengde Leer

Onderwerp 2: Skep en integrasie van multimedia

Onderwerp 3: Aanlyn deelname en samewerking

Onderwerp 4: E-Assessering

Onderwerp 5: Professionele leer in die veld

Onderwerp 6: Finale Opdrag

Nominale ure

Die gemiddelde ure wat ’n deelnemer aan die kursus kan verwag om aan die kursus te spandeer is 24 ure (vier ure per week oor ses weke).

Datums

Die semester 2-kursusse sal in September begin met die kontak sessies op Vrydag 8 September en Maandag 23 Oktober 2023.

Inskrywings vir die kursus

Universiteit Stellenbosch personeel kan vir die Semester 2 inname hier registreer. Kies "Department" by betaal opsies, aangesien hierdie kursus gratis aan universiteitspersoneel aangebied word.


Gevorderde Vermengde Onderrig, Leer en Assessering​

Hierdie kursus is vir die dosent van die toekoms ontwerp. Dit sluit nuwe dosente tot meer ervare akademici van alle dissiplines, met ’n gretige belangstelling in onderrigleer aan die een kant en digitale tegnologieë aan die ander kant. Die kursus is in ’n hibriede modaliteit ontwikkel en bestaan uit twee in-persoon kontaksessies, ​Donderdag 7 September en Donderdag 2 November​. ​ Die kursus sluit aanbiedinge van teoretiese bewys-gebaseerde konsepte, modelle en raamwerke, goeie praktyke, inspirerende voorbeelde, praktiese illustrasies en interessante (oop) hulpbronne in wat met praktiese oefeninge gekombineer word.

Kursus uitkomste

Hierdie kursus word in ’n self-gerigte, ten volle aanlyn leer-formaat aangebied wat kursusdeelnemers teen hulle eie pas voltooi. Die formaat sluit virtuele (aanlyn) aanbiedings, praktiese aktiwiteite, groepbesprekings en ’n individuele projek, soos die ontwerp van ’n digitale aktiewe leer intervensie, in. Die kursus sal ook deur ’n MS Teams-kanaal, vir die skep van ’n sosiale leer- en praktyksgemeenskap, ondersteun word.

Na die voltooiing van die kursus, behoort deelnemers in staat te wees om:

  1. Die fundamentele konsepte van aktiewe en vermengde leer te beskryf en in die klaskamer, ’n ten volle aanlyn leeromgewing of ’n vermengde leer omgewing toe te pas;
  2. Hedendaagse leertegnologieë te soek, beoordeel en gebruik ten einde hul eie onderrig te verbeter;
  3. Betekenisvolle leerervaringe ontwerp, ontwikkel en implementeer ten einde studente se leer te aktiveer;
  4. Aksienavorsing vir refleksie van eie praktyke as dosent in die digitale wêreld, toe te pas.

Onderwerpe

Onderwerp 1: Inleiding

Onderwerp 2: Lees-kyk-luister

Onderwerp 3: Ondersoek

Onderwerp 4: Vervaardig

Onderwerp 5: Bespreek

Onderwerp 6: Samewerking

Onderwerp 7: Beoefen

Onderwerp 8: Reflekteer

Nominale ure en assessering

Die gemiddelde ure wat ’n deelnemer kan verwag om aan hierdie kursus te spandeer is 40 ure (vyf ure per week oor ag weke). Deelnemers sal assesseringsvrae en ’n finale videoprojek voltooi om ’n sertifikaat van bevoegdheid te ontvang.

Datums

Die semester 2-kursusse sal in September begin, met ​die kontak sessies op Donderdag 7 September en Donderdag ​2 November 2023.



Kontak

Vir werkswinkels en kortkursus navrae, kontak:

Algemene kursusinligting

Me Magriet de Villiers

Adviseur: Leertegnologieë

E-pos​
+27 21 808 9905
+27 21 808 3565​​

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​