Learning & Teaching Enhancement
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Leerders verken die wêreld van uitsaaiwese en tegnologiehttp://www.sun.ac.za/afrikaans/archive/Lists/Afrikaans_News_Archive_110518/DispForm.aspx?ID=2050Leerders verken die wêreld van uitsaaiwese en tegnologieKorporatiewe Bemarking/Corporate Marketing
​Vyftig leerders tussen die ouderdomme van 16 en 18 jaar, almal met 'n passie vir die media, het onlangs gratis media opleiding ontvang en die geleentheid gekry om te sien wat agter-die-skerms by 'n radiostasie gebeur.

​Die leerders van Stellenbosch en omliggende areas het vanaf 15 tot 19 Desember 'n voorsmakie gekry van die wêreld van tegnologie en uitsaaiwese tydens die jeug radiostasie MFM se eerste somerskool wat in samewerking met die Universiteit Stellenbosch (US) se Sentrum vir Leertegnologieë asook Eduloan gehou is.

"Die einddoel van hierdie program was om die leerders met waardevolle vaardighede toe te rus. Hiermee kry hulle ‘n voorsprong om hul drome en 'n loopbaan in radio te volg," het Charita van der Berg, MFM se stasiebestuurder, gesê.

Die aspirant media persoonlikhede het tyd by MFM spandeer waar hulle geleer is hoe om 'n omroeper op die lug te wees, produksiewerk te doen, nuuslees, bemarking, sosiale media, verkope, finansies sowel as voor-en agter die skerms televisie opleiding.

By die Sentrum vir Leertegnologieë en Telematiese studios het die leerders voor en agter die kamera gewerk. Onder leiding van personeel by die Sentrum, kon die leerders onderhoude op kamera met mekaar voer. Dié onderhoude is opgeneem en as 'n DVD verpak wat hulle huis toe kon neem.

O'Ryan Samuels, 'n leerder by Charlston Hill Sekondêre Skool, was baie opgewonde om te sien wat in die beheerkamer van die studio gebeur, maar het gesê hy is gretig om "eendag voor die kameras te werk". Hulle het ook die wêreld van aanlyn-uitsendings en streaming verken via programme soos Google Hangouts-en YouTube. "Ek het 'n liefde vir radio, maar het nooit geweet hoe baie werk ingaan in die vervaardiging van die finale produk nie," het Sinesipho Mvotyo van Desmond Tutu Mphilo Sekondêre Skool gesê.

Twee van die vele dienste wat deur die Sentrum aangebied word is grafiese ontwerp en video-redigering. Die somerskool leerders het 'n les in freeware tools ontvang, hoe om hul eie films te maak en na 'n foto-redigering demonstrasie gekyk. Kelsey Roberts van La Rochelle Girls Sekondêre Skool het gesê sy is gretig om haar nuwe vaardighede in 'n blog te inkorporeer wat ander kan help om hul gedagtes te verbreed.

"Hierdie projek is gebore uit 'n passie om mense op te lei en vir ons as MFM om meer betrokke te kan raak by ons gemeenskap. Ons is baie trots op die somerskool-projek. Dit is iets wat ons definitief sal volhou in die toekoms. Alles is bereik wat ons wou hê. Vriendskappe is gevorm en die jeug is geïnspireer," het Van der Berg bygevoeg.

Op die web:

MFM

MFM op Facebook ​

​Sentrum vir Leertegnologieë ​

US is gasheer vir taalkollokwium vir openbare universiteite http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=8514US is gasheer vir taalkollokwium vir openbare universiteite Corporate Communication and Marketing / Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Die Universiteit Stellenbosch (US) is vandeesweek die gasheer vir 'n aanlyn taalkollokwium wat gerig is op hoëronderwysinstellings. Die kollokwium, wat van 28-29 September 2021 onder die vaandel van Universiteite Suid-Afrika (USAf) aangebied word, is 'n gesamentlike projek van die Community of Practice for the Teaching and Learning of African Languages (CoPAL), 'n afdeling van USAf, en die US as gasheer.

Sprekers sluit in regter Albie Sachs, afgetrede regter van die Konstitusionele Hof, en rektore en visekanseliers van onder meer die Universiteite van Stellenbosch, Kaapstad en die Vrystaat sowel as Rhodes-universiteit.

Hierdie kollokwium is die eerste in 'n reeks geleenthede wat universiteite gaan aanbied oor die nuwe taalbeleid vir hoëronderwysinstellings. Rektore en viserektore sal samesprekings voer met kundiges en belanghebbendes oor die toepassing van die nasionale Taalbeleidsraamwerk vir Openbare Hoëronderwysinstellings wat in Oktober 2020 in die Staatskoerant afgekondig is.

Volgens USAf het die Taalbeleidsraamwerk die vraagstuk oor taal skerp na die voorgrond gebring.

“Hoëronderwysinstellings het taalbeleide vir hul onderskeie universiteite ontwikkel, maar daar is 'n beduidende behoefte vir kernrolspelers in die bedryf om hulle begrip van die Taalbeleidsraamwerk te verdiep sowel as van die toepassing daarvan."

Dr Sizwe Mabizela, visekanselier van Rhodes-universiteit en voorsitter van USAf se Onderrig-en-leer-strategiegroep, het gesê: “Ons moet die taalbeleid wegskuif van die kantlynposisie wat dit tans by instellings beklee en dit reg in die middel plaas van visekanseliers se strategiese beplanning. Dit staan sentraal tot die erkenning van die diversiteit van studente. Ons moet ook trots wees op ons eie tale en 'n boodskap aan ons kinders oordra dat Engels belangrik is, maar dat ander tale tot dieselfde vlak gelig moet word as 'n belangrike kommunikasiemedium vir ons gedagtes en idees. Ons mense moet dit geniet om te kan sien dat hulle tale gerespekteer word. Taal bou ook 'n nasie."

Prof Wim de Villiers, Rektor van die US, verwelkom die geleentheid om met ander universiteite saam te werk.

“Ons sien uit daarna om deel te neem aan hierdie belangrike gesprek en om insigte te verkry van kollegas en kundiges by ander instellings. By die US is ons bewus van die uitdagings en geleenthede wat gepaardgaan met die toepassing van 'n taalbeleid, hoe dit belyn met die Taalbeleidsraamwerk en die sterk debatte wat dit tot gevolg het. Ons verwelkom egter hierdie debat. Samewerking is belangrik, en ons eerlike gesprekke hieroor kan tot oplosssings lei. Deur aksies soos hierdie kan ons ook 'n dieper begrip ontwikkel van die waarde van meertaligheid," het hy gesê.

Die US se Taalbeleid bevorder meertaligheid en hou rekening met “die diversiteit van ons samelewing, sowel as die intellektuele rykdom wat in daardie diversiteit opgesluit lê".

Onderwerpe tydens die kollokwium sluit in Die Taalbeleidsraamwerk vir Openbare Hoëronderwysinstellings in die konteks van die Suid-Afrikaanse Grondwet; Die rol van taal om Hoëronderwysinstellings te transformeer; Die nuwe Taalbeleidsraamwerk as meganisme tot studente-toegang en -sukses; Die geleenthede wat die nuwe Taalbeleidsraamwerk bied ten opsigte van die idee van 'n universiteit in Afrika; en Die transformasie van die akademie deur die gebruik van Afrika-tale.

Taaldag

Ter viering van die geleenthede en moontlikhede wat meertaligheid inhou, bied die US se Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking aan die US weer vanjaar 'n Taaldag, op 30 September, vir personeel en studente aan.

Die tema vanjaar is 'Taal, leer, leef! Die implementering van meertaligheid by die US in akademiese en sosiale ruimtes'. Taaldag handel nie oor die Taalbeleid self nie, maar fokus op hoe taal aan die US benader word.

Die twee sub-temas wat vanjaar belig word, is meertaligheid in (aangevulde afstands-) leer, onderrig en assessering en meertaligheid in administratiewe, sosiale en leefruimtes.

“Ons sal maniere bespreek om ʼn meertalige ingesteldheid by onderrig, leer en assessering sowel as by die sosiale lewe buite die klas te integreer. Die twee paneelbesprekings met daaropvolgende wegbreekgroepbesprekings sal US-personeel en -studente die geleentheid gee om hulle stemme te laat hoor, beste praktyk te deel en saam oplossings vir uitdagings te probeer vind, " verduidelik dr Antoinette van der Merwe, Senior Direkteur van die Afdeling Leer- en Onderrigverryking, wat Taaldag reël.

“Ons glo dat meertaligheid oor meer gaan as bloot die vermoë om verskeie tale te gebruik. Dit gaan daaroor om aan mense ʼn stem te gee, ongeag die taal of tale wat hulle gebruik."

Klik hier vir 'n video oor Taaldag

Gemengde Leer Koördineerders: Professionele Leer Daghttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=8913Gemengde Leer Koördineerders: Professionele Leer DagElzette le Roux
​Die twee-jaarlikse SLT Gemengde Leer Koördineerders (GLK) Professionele Leer dag het te STIAS op 9 Maart 2022 plaasgevind. Te midde van verskeie kollegas wat mekaar in-persoon vir die eerste keer hierdie jaar ontmoet, was die dag gekenmerk deur stimulerende gesprekke en die uitruil van verreikende idees.

Nadat kollegas aan mekaar voorgestel is, het Dr Antoinette van der Merwe, Senior Direkteur aan die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking (LOV), die strategiese institusionele en afdelingprioriteite vir die jaar gedeel. Nie net setel ses van die sewe geïdentifiseerde impakprioriteite by die LOV nie, maar het minstens vier hiervan ʼn direkte impak op die werk en ondersteuning wat deur GLKs aan fakulteite gebied word. Hierdie impakprioriteite sluit ondermeer programvernuwing, assessering, hibridiese leer en digitale transformasie in.

'n Virtuele besoek van Lars Willner, die Hoof Uitvoerende Beampte van 'n klein Noorweegse maatskappy genaamd Differ.Chat het ná Dr Van der Merwe se sessie gevolg. Lars is ook koördineerder van ʼn Edubots projek wat uit ʼn leergemeenskap bestaan wat die beste praktyke in die gebruik van “kletsrobotte" (chatbots), met die doel om prestasie, inskakeling by en deursetkoers in hoër onderwys te verbeter, ondersoek. Lars het kontekstuele en agtergrondinligting tot die projek gegee waarna die moontlikhede van insluiting van kunsmatige intelligensie, in die vorm van Edubots, in onderrig en leer en/of studenteondersteuning aan die US, deur kollegas bespreek is. Vir meer inligting en/of deelname aan die Edubots projek, kontak Elzette le Roux, Adviseur: Aanlyn Leer, by die Sentrum vir Leertegnologieë (SLT).

Na die teebreuk het Dr Sonja Strydom, Adjunk-direkteur Akademiese Ontwikkeling en Navorsing by die SLT, ʼn sessie oor die moontlikhede van ʼn kontekstuele akademieskap roete en opsies vir deurlopende professionele ontwikkeling (DPO) vir GLKs, gefasiliteer. Sommige van hierdie opsies en moontlikhede sluit professionele lidmaatskap, veral ten opsigte van digitale en/of leertegnologie, publikasies, akademiese netwerkplatforms, strategiese deelname aan sosiale media platforms en deelname aan relevante meningstukke, in.

Die sessie ná middagete, wat deur Magriet de Villiers, Adviseur: Leertegnologieë by die SLT fasiliteer is, was met ryke gesprekke en die deel van fakulteitstories en fokusgroepbeplanning gevul. Beste praktyke voortspruitend uit die fakulteitstories en ruimtes vir samewerking tussen GLKs in verskillende fakulteite is ook identifiseer. Die werk van GLKs in fakulteite sluit ondermeer die volgende in (maar nie beperk hiertoe nie): beplanning, insette en insluiting van digitale leertegnologieë in die kurrikulum; fasilitering van werkswinkels en/of interne fakulteitopleidingsessies; ondersteuning en hulp met verskeie SUNLearn aspekte; fasilitering van onderrigleer fokusgroepe in fakulteite; navorsing en konseptualisering van speletjies (gamification) in onderrig en leer.

Vir enige ondersteuning of hulp met gemengde onderrig en leer in die fakulteit, kontak gerus die betrokke GLK. Hiermee meer inligting oor die GLKs en die unieke ondersteuning in die verskillende fakulteite.

Naam

Fakulteit

Posisie

Beskrywing

Alma Coertzen

Regte

Regsopleiding ontwerper

Voorsien advies, ondersteuning en administratiewe hulp aan akademiese personeel ten opsigte van programvernuwingsinisiatiewe, regsopleidingverwante gebruik van tegnologie en web-verwante hulpbronne in onderrig, leer en assesseringsaktiwiteite in regsopleiding. Ontwerp, implementering en administrasie van professionele ontwikkeling kortkursusse en programme in die fakulteit.

Amanda Calitz

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe: Sentrum vir Gesondheidsberoeponderwys

Adviseur: Gemengde Onderrig en Simulasies

Werk saam met vakkundiges om die interaktiewe gebruik van onderrigmateriaal te beplan en ontwerp met die doel om ʼn gemengde leerbenadering te integreer ter verbetering van onderrigleerfasilitering en assessering in die fakulteit. Ondersteuning aan die kliniese vaardighede laboratorium.

Brigitte Pegado

Ingenieurswese

Adviseur: Gemengde Leer

Leertegnologie spesialis wat dosente, tutors en studente ondersteun deur die ontwerp en implementering van pedagogiese begronde strategieë ten opsigte van gemengde onderrig, leer en assessering.

Delecia Davids

Opvoedkunde

Gemengde Leer Koördineerder

Voorsien tegniese en professionele ondersteuning aan akademici met die ontwikkeling van pedagogiese begronde strategieë vir aanlyn, hibridiese en gemengde onderrig, leer en assesseringsinisiatiewe.

Dr Ilse Rootman-le Grange

Natuurwetenskappe

GLK: E-Leer Ontwerper

Voorsien ondersteuning met algemene SUNLearn navrae en opleiding, programvernuwing, projekte, ontwikkeling van modules in hibridiese leer, strategiese gesprekke verwant aan onderrig, leer en assesseringsprojekte met leertegnologieë. Navorsing in natuurwetenskappe onderrig, leer en assessering veral ten opsigte van die gebruik van leertegnologieë  Ondersteuning ten opsigte van FINLO projekontwikkelings en toepassings, AvOL voorleggings, aanbiedings en voorbereidings, eerstejaarmodule koördineerder.

Jaudon Foiret

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe: Sentrum vir Gesondheidsberoeponderwys

Adviseur: Gemengde Leer

Werk saam met vakkundiges om die interaktiewe gebruik van onderrigmateriaal te beplan en ontwerp met die doel om ʼn gemengde leerbenadering te integreer ter verbetering van onderrigleerfasilitering en assessering in die fakulteit. Ondersteun met die kurrikulum vernuwingsproses van die MBChB program.

Kanita Brits

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe: Sentrum vir Gesondheidsberoeponderwys

Adviseur: Gemengde Leer

Werk saam met vakkundiges om die interaktiewe gebruik van onderrigmateriaal te beplan en ontwerp met die doel om ʼn gemengde leerbenadering te integreer ter verbetering van onderrigleerfasilitering en assessering in die fakulteit.

Kathryn Wirth

AgriWetenskappe

Gemengde Leer Koördineerder

Algemene SUNLearn ondersteuning en opleiding, ontwikkeling van die gemengde leer en hibridiese leer aanbiedinge van modules binne akademiese programme, koördineer en ondersteun programvernuwingsinisiatiewe, deelname aan strategiese inisiatiewe in die fakulteit.

Kristin van der Merwe

Militêre Wetenskappe: Departement vir Opvoedkundige Tegnologie

Opvoedkundige Tegnikus

Voorsien ondersteuning aan personeel en studente ten opsigte van die Leerbestuurstelsel, leerontwerp, gemengde en digitale leer in die algemeen. Fasiliteer in die Rekenaargeletterdheid kursus vir studente in die Militêre Kollege, deelname in digitale leer en fasiliteer oriënteringsprogramme vir studente.

Lennox Olivier

Lettere en Sosiale Wetenskappe

Adviseur: Gemengde Leer

Bied ondersteuning ten opsigte van leer en onderrig met die fokus op gebruik van leertegnologieë (insluitend gemengde, aanlyn en hibridiese leer), integrasie van leertegnologieë in programme en modules, programvernuwingsaktiwiteite.

Magda Barnard

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Programvernuwing Koördineerder

Ondersteun en dryf kurrikulumvernuwing op beide module en programvlak. Dit sluit dikwels die gebruik van leertegnologieë in.

Dr Mariette Volschenk

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe: Sentrum vir Gesondheidsberoeponderwys

Dosent & E-Leer Portefeulje Bestuurder

Bestuur die leertegnologiespan by die Sentrum vir Gesondheidsberoeponderwys. Sleutelfokusareas sluit ontwerp van leerervaring op die aanlyn leerplatform en dosering en supervisie in die MPhil in GWO program in.

Dr Mhaka Khoza

Militêre Wetenskappe: Departement vir Opvoedkundige Tegnologie

Opvoedkundige Tegnikus

Voorsien ondersteuning aan personeel en studente ten opsigte van die Leerbestuurstelsel, leerontwerp, gemengde en digitale leer in die algemeen. Fasiliteer in die Rekenaargeletterdheid kursus vir studente in die Militêre Kollege, deelname in digitale leer en fasiliteer oriënteringsprogramme vir studente.

Simbarashe Pondani

Teologie

Gemengde Leer Koördineerder

Tegniese en SUNLearn ondersteuning aan personeel en studente wat met die gebruik van leertegnologieë in onderrig en leer verband hou. Tegniese ondersteuning aan die hibridiese program, ondersteuning met die aanlyn leer ontwerp, programvernuwing ondersteuning.

Bevorder Betrokkenheid by die US Assesseringsbeleidhttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=8847Bevorder Betrokkenheid by die US AssesseringsbeleidAnthea H M Jacobs
Die US Assesseringsbeleid is in 2021 goedgekeur en die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking (ALOV) het besef dat daaroor besin moet word om die inwerkingstelling van die beleid in samewerking met fakulteite te ondersteun. Assessering is op institusionele vlak uitgewys as een van die sewe goed wat die speelveld vir 2022 verander. Die ALOV se 'Assessering maak saak'-projek het ook daarin geslaag om strategiese finansiering vir 2022 tot 2024 te bekom. Dit was dus nodig dat alle personeellede met die assesseringsbeleid vertroud raak en bewus raak van die rol wat elke sentrum moontlik in die steun en inwerkingstelling daarvan kan speel.

Hiervoor is daar op Donderdag 24 Februarie 2022 ʼn werksessie op MS Teams aangebied. Die werksessie wou die ALOV hoofsaaklik in staat stel om ʼn duidelike beeld van die ontplooiingsplan vir die US Assesseringsbeleid te vorm. Die werksessie was veral van groot waarde met die byeenbring van die werk wat deur die verskillende sentrums in die ALOV gedoen is, as demonstrasie van samewerkende denke en sinergie.

Die deelnemers het die doelwitte en beginsels van assessering in wegbreekgroepe bespreek. Dit is gevolg deur die onderskeie insette van:

die Sentrum vir Akademiese Beplanning en Gehalteversekering (ABG) oor hoe ʼn kultuur van gehalteversekering en verryking ten opsigte van assesseringspraktyke in akademiese departemente gevestig kan word;

die Sentrum vir Leertegnologie (SLT) met ʼn oorsig oor die leertegnologie ter ondersteuning van e-assessering wat met die beleid belyn is en hoe om dit te benader;

die Taalsentrum, wat vier aspekte uitgelig het – hoe die Leeslaboratorium studente met leesuitdagings bystaan ten opsigte van die toekenning van ekstra tyd tydens eksamens en toetse; die steun wat deur die personeel gebied word met die assessering van gehoorgestremde studente; hoe die vertaling van toetse en eksamens betroubaarheid en integriteit vestig, deurdat dit 'konsekwente meting' verseker; en hoe die onderrigafdeling van die Taalsentrum, die modules vir Akademiese Geletterdhede en Professionele Kommunikasie in die besonder, assessering benader; en

die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) met ʼn demonstrasie van hulle samewerking met fakulteite en ander rolspelers deur, byvoorbeeld, die assesseringskortkursus, werksessies en navorsing.

Dr Antoinette van der Merwe, Senior Direkteur, ALOV, het al die besprekingspunte opgesom en die verskillende sinergieë byeengebring. Sy het dit gebruik om die pad vorentoe vir die bevordering van betrokkenheid by die US Assesseringsbeleid (2021) uit te stip. Dit sluit in die verdere ontwikkeling van die Beleid se Infografika, en ook die navorsingsprojek waaraan die ALOV meewerk, “Assessment matters: Re-imagining assessment culture and practices for a transformative student experience" (Assessering maak saak: Die herverbeelding van assesseringskultuur en -praktyke vir ʼn transformerende studentervaring).

US verduidelik taalbeleidhttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=8780US verduidelik taalbeleidProf Deresh Ramjugernath: / Viserektor: Leer en Onderrig
Hierdie artikel is op 14 Desember 2021 op Netwerk24 gepubliseer. Klik hier​ vir daardie weergawe of lees die volledige teks hieronder.

Die hersiene taalbeleid wat die Raad van die Universiteit Stellenbosch vandeesmaand goedgekeur het, bied geleentheid om 'n samehorigheidsgevoel op kampus te bevorder, skryf Deresh Ramjugernath*.

Gesprekke oor taal by en oor die Universiteit Stellenbosch (US) is dikwels vurig. Taal is immers deel van ons identiteit, herkoms en kultuur, en speel 'n groot rol in hoe ons sin maak van die wêreld om ons.

By 'n hoëronderwysinstelling word hierdie kwessies onder 'n vergrootglas geplaas namate jong volwassenes met die kernvrae van die lewe begin worstel en hulleself voorberei vir professionele werksomgewings.  Hoe skep 'n mens dus by 'n universiteit 'n omgewing waar waardering vir kultuur- en herkomsverskille gevier word, en waar dit nie as struikelblokke beskou word nie?

Die US se hersiene Taalbeleid is juis daarop gemik. Ons wil graag 'n gemeenskap op ons kampusse skep wat toegerus is om Suid-Afrika se behoeftes te hanteer, en gegradueerdes lewer wat aktief 'n verskil maak in die samelewing.

'n Leergeleentheid

Reg deur my professionele lewe as 'n ingenieur en akademikus in Suid-Afrika het ek met verskeie tale in aanraking gekom. In die mynbedryf, waar ek dekades gelede gewerk het, is daar beslis nie net een taal gepraat nie. Ek het onder meer daar geleer om in Afrikaans oor die weg te kom.  Later in my loopbaan, aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, was Zoeloe, naas Engels, die taal wat 'n mens die meeste gehoor het.  In jou onderbewuste bou 'n mens 'n woordeskat op wat ver buite die grense van jou eerste taal strek.

Ek het vanjaar Afrikaanse klasse begin geneem en beplan om volgende jaar met isiXhosa-lesse te begin.  Een van die dinge wat ons graag by die Universiteit deur middel van ons Taalbeleid wil bevorder, is om mense aan te moedig om ander tale te leer. Om net jou huistaal – ook as dit Engels is – te gebruik en daarmee te volstaan is om 'n kans op 'n ryker studente-ervaring te verspeel.

'n Meertalige ingesteldheid

Die toepassing van ons hersiene Taalbeleid, wat in Januarie 2022 in werking tree, is veelvlakkig, maar ek lig graag 'n paar kernpunte uit.

Die beleid maak voorsiening vir die gebruik van Afrikaans, Engels en isiXhosa in leer en onderrig aan die US én in ons kommunikasie. Dit beskryf ook die mate waarin elke taal in verskillende situasies gebruik behoort te word. Afrikaans en Engels is as die US se primêre leer- en onderrigtale aangewys, maar transtaligheid in veelvuldige tale word aangemoedig om leer te ondersteun en te verryk. IsiXhosa as akademiese taal sal besondere aandag geniet met die doel om dit na gelang van studentebehoeftes geleidelik in verskeie dissiplines bekend te stel, waar dit redelikerwys doenlik is. Die US dra deur middel van sy eie inisiatiewe en 'n vennootskap met ander universiteite en entiteite by tot die bevordering van isiXhosa​ as 'n bykomende akademiese taal.

Die beleid is eerstens toegespits op die mag van taal om mense te verenig. Tweedens bevorder die beleid billike toegang en derdens ondersteun dit studentesukses.

Suid-Afrikaners se kennis en vaardighede word internasionaal hoog op prys gestel. Ons multikulturele en diverse agtergrond en vermoë om vir verskillende kulture voorsiening te maak dra hiertoe by.

Deur middel van ons Taalbeleid wil die US 'n omgewing kweek wat, deur taal, verskillende kulture omarm en waardeer. Ons wil hê studente moet bewus wees van hoe hulle met taal omgaan, en 'n meertalige ingesteldheid ontwikkel in hul interaksies met ander.

Daar is dalk 'n verwagting dat die Taalbeleid 'n enkelpad moet wees waarop almal ewe vinnig ry, haastig op pad na die eindbestemming. In die praktyk is dit egter 'n hoofweg met verskeie bane waar almal verskillende aansluitings gebruik, teen hul eie spoed ry, maar wel na 'n gemeenskaplike eindpunt op pad is.

'n Universiteitsgemeenskap is 'n mikrokosmos van die samelewing. Gegewe dat Suid-Afrika ryk is aan diversiteit, behoort 'n beleid wat die belangrikheid van meertaligheid beklemtoon, sosiale samehang te ondersteun en bevorder.

Wat dan van Afrikaans?

Ons Taalbeleid het ten doel om almal wat aan die US werk en studeer gemaklik en ingesluit te laat voel. Dit geld ook vir studente, kollegas en besoekers wat Afrikaans praat.

Dit is al voor die US se deur gelê dat die Universiteit eintlik eksklusief Engels wil wees en aktief probeer om die gebruik van Afrikaans te verminder. Dit is egter gewoon onwaar.

Ek waardeer en verstaan die vrese van die Afrikaanssprekende gemeenskap en hulle bekommernis dat 'n bepaalde identiteit en kultuur gaan sneuwel indien Afrikaans uit die prentjie verwyder gaan word. Ons Taalbeleid skep egter juis die ruimte om Afrikaans te bewaar en voortdurend te gebruik.

Om aktief 'n veeltalige omgewing te skep waarin alle studente en personeel verskeie tale waardeer en gebruik, sal op die langtermyn die volhoubaarheid van daardie tale bevorder.

Hoe is die beleid opgestel?

Die US se Taalbeleid moet elke vyf jaar hersien word. Tydens die jaar lange proses om die vorige Taalbeleid (2016) te hersien, is wyd oorleg gepleeg deur die aangewese taakgroep. Daar was twee openbare geleenthede vir insette, en die taakgroep het alle kommentaar oorweeg.

Dié taakgroep, wat verantwoordelik was vir die hersieningsproses, het uit verteenwoordigers van ál tien die US se fakulteite en sy professionele en administratiewe steundienste sowel as studenteverteenwoordigers bestaan, en tegniese kenners is op grond van spesifieke kundigheid betrek. Hulle het altesaam 24 vergader.

Interne liggame van die US – waaronder die Institusionele Forum, Senaat en Raad – is drie keer geraadpleeg en alle insette het die beleid voortdurend gevorm.

Groeipyne en uitdagings

Natuurlik gaan 'n taalbeleid gepaard met groeipyne en leerkurwes. Maar daar is stelsels beskikbaar om sulke uitdagings die hoof te bied.

Die Taalbeleid maak voorsiening vir meganismes om akademiese toesig, doeltreffende bestuur en behoorlike oorsigbestuur ten opsigte van taal-implementering te verseker. Dít vind plaas binne 'n raamwerk wat fakulteite in staat stel om taalimplementeringsplanne op te stel en prosedures te ontwikkel vir verantwoordbaarheid en verslagdoening aan tersaaklike strukture.

Die US Taalsentrum verleen steun, en die beleid beskryf ook terugvoer-, monitering- en konflikbeslegtingsmeganismes, wat klagteprosedures insluit.

'n Belangrike vraag bly: Hoe bou ons 'n beter samelewing waar studente met nuwe oë na mekaar en die wêreld kyk, en eindelik 'n beter Suid-Afrika en wêreld skep?

Ek glo die US se nuwe Taalbeleid dui in die regte rigting om hierdie doel te help verwesenlik.

*Prof Deresh Ramjugernath is die Viserektor: Leer en Onderrig aan die Universiteit Stellenbosch.

Die artikel het op Netwerk24 verskyn. ​​

US Raad keur nuwe taalbeleid goedhttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=8717US Raad keur nuwe taalbeleid goedStellenbosch University/ Universiteit Stellenbosch​Die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het vandag (2 Desember 2021) die voorgestelde nuwe Taalbeleid vir die instelling met ʼn oorweldigende meerderheid goedgekeur. Daarmee is die deeglike, omvattende en oorlegplegende beleidshersieningsproses wat in Oktober 2020 begin het amptelik afgesluit. Die hersiening van 2021 maak deel uit van 'n hersieningsiklus van vyf jaar wat die beleid self voorskryf.

(Klik hier vir meer inligting, hier vir 'n inligtingsgrafiek en hier vir die beleid self.)

Die Senaat het op 26 November 2021 die finale konsep van die Taalbeleid (2021) met 'n oorweldigende meerderheid goedgekeur en by die Raad aanbeveel. Ingevolge die Wet op Hoër Onderwys sowel as die US Statuut is die Taalbeleid die enigste beleid wat die Raad met die instemming van die Senaat moet goedkeur. Ook die Institusionele Forum (IF) het twee weke vantevore die finale konsep aanvaar en by die Raad aanbeveel.

“Die hersiene Taalbeleid herbevestig dat die Universiteit Stellenbosch 'n nasionale bate in 'n diverse samelewing is," het mnr George Steyn, voorsitter van die Raad, gesê. “Sonder om uit die oog te verloor dat die US ook gemeenskappe oor die vasteland en die wêreld heen bedien, verbind ons onsself opnuut tot meertaligheid deur die drie amptelike tale van die Wes-Kaap, naamlik Afrikaans, Engels en isiXhosa, te gebruik. Sodoende ontgin ons die intellektuele rykdom wat in ons taaldiversiteit opgesluit lê."
Toegang en sukses
Prof Deresh Ramjugernath, Viserektor: Leer en Onderrig, onder wie se portefeulje die Taalbeleid ressorteer, het die Raad se besluit verwelkom.

“Die US stel billike toegang en studentesukses hoog op prys, en daarvoor is taal van die allergrootste belang," het hy gesê. “Ons hersiene Taalbeleid sal studentesukses ondersteun, want dit skep 'n bevorderlike onderrig- en leeromgewing – sowel binne as buite die klaskamer, in studentegemeenskappe en in sosiale ruimtes."
Sosiale kohesie op kampus
Prof Ramjugernath het bygevoeg: “Ek is vas oortuig daarvan dat meertaligheid ons ook sterker sosiale kohesie op kampus kan help bou. In plaas daarvan om ons te verdeel, kan taal gebruik word om verhoudings te bou en onderlinge begrip te skep.

“Ons respekteer taalregte en glo dat ons studente meer keuses, beter toegang en 'n blinker toekoms het as gevolg van die benadering wat in ons Taalbeleid gevolg word."
Meertaligheid
“Wanneer ons van meertaligheid praat, gaan dit oor institusionele en individuele meertaligheid, maar ook oor meertaligheid as 'n manier om inklusiwiteit en 'n waardering vir die waarde van diversiteit te bevorder," het prof Ramjugernath verduidelik. “Meertaligheid strek verder as die skep van ruimtes en strukture om verskillende tale in akademiese, administratiewe en sosiale omgewings te gebruik, of individue se bereidheid om verskillende tale aan te leer. Dit gaan ook oor 'n gesindheid, 'n ingesteldheid, wat ons graag by ons instelling wil kweek."

Die Taalbeleid van 2021 beskryf die voordele van hierdie benadering soos volg: “Meertaligheid rus studente toe om 'n groter en meer diverse kundigheidsbasis te ontgin; om met die samelewing om te gaan op 'n manier wat tot die hart spreek, en nie net tot die verstand nie; om dinamiese beroepslui te wees wat beter daartoe in staat is om probleemoplossings-, luister- en interpersoonlike vaardighede aan die dag te lê, en afgeronde individue wat ingeligte besluite kan neem op grond van meer as net hulle eie denke."

​Behoorlike proses

Aangesien die Konstitusionele Hof in 2019 die US Taalbeleid van 2016 as grondwetlik verklaar het, het die taakgroep vir die hersiening van die Taalbeleid daardie beleid as uitgangspunt gebruik. Die taakgroep het uit verteenwoordigers van ál tien die US se fakulteite en sy professionele en administratiewe steundienste sowel as studenteverteenwoordigers bestaan, en tegniese kenners is na gelang van behoefte gekoöpteer.

Uitgebreide oorlegpleging

Die taakgroep het vroeg vanjaar die eerste konsep- hersiene beleid opgestel en dit in Maart/April 2021 vir openbare oorlegpleging uitgereik. Die eerste konsep en die reaksieverslag van alle kommentaar wat ontvang is, is daarna aan die Rektoraat, fakulteitsrade, die Senaat, die IF en die Raad vir terugvoer voorgelê.

Ná oorweging van alle kommentaar het die taakgroep 'n tweede konsep opgestel, wat in Julie/Augustus vir openbare oorlegpleging beskikbaar gestel is. Die tweede konsep en nóg 'n reaksieverslag met kommentaar wat in die tweede oorlegplegingsfase ontvang is, is in September aan die Rektoraat, fakulteitsrade, die Senaat, die IF en die Raad voorgelê.

Vervolgens het die taakgroep die derde en finale konsepweergawe van die Taalbeleid van 2021 voltooi om dit in November aan die IF en Senaat, en vandag vir finale oorweging en goedkeuring aan die Raad voor te lê. Die finale konsep het ook in Oktober en November voor die onderskeie fakulteitsrade gedien.

Die US het wyd oor alle konsepweergawes van die voorgestelde Taalbeleid oorleg gepleeg – die jaar lange hersieningsproses het altesaam 24 vergaderings ingesluit – en die taakgroep het alle kommentaar oorweeg.
Beleidsbepalings

Die beleid maak voorsiening vir die gebruik van Afrikaans, Engels en isiXhosa in leer en onderrig aan die US én in kommunikasie (sien hooftrekke hieronder). Dit beskryf ook die mate waarin elke taal in verskillende omstandighede gebruik behoort te word.

Leer en onderrig

Afrikaans en Engels word as die US se primêre leer- en onderrigtale aangewys, maar transtaligheid in veelvuldige tale word aangemoedig om leer te ondersteun en te verryk. IsiXhosa as akademiese taal sal besondere aandag geniet met die doel om dit na gelang van studentebehoeftes geleidelik in verskeie dissiplines bekend te stel, waar dit redelikerwys doenlik is.

Kommunikasie

Alle amptelike interne kommunikasie – d.w.s. kommunikasie van die Kanselier, Raad, Senaat, Rektor of 'n ander topbestuurslid aan die hele Universiteit – sal in Afrikaans, Engels en isiXhosa wees. Ook vir eksterne kommunikasie word Afrikaans, Engels en, waar dit redelikerwys doenlik is, isiXhosa gebruik. Daarbenewens moet die taal wat in studentegemeenskappe (koshuise en privaatstudenteorganisasiewyke) gebruik word almal insluit en in staat stel om deel te neem.
Implementering

Die hersiene beleid gee uitvoering aan die Suid-Afrikaanse Grondwet en die Taalbeleidsraamwerk vir Openbare Hoëronderwysinstellings wat betref taalgebruik in die Universiteit se akademiese, administratiewe, professionele en sosiale kontekste.

Die Taalbeleid maak voorsiening vir meganismes om akademiese toesig, doeltreffende bestuur en behoorlike oorsigbestuur ten opsigte van taalimplementering te verseker. Dít vind plaas binne 'n raamwerk wat fakulteite in staat stel om taalimplementeringsplanne op te stel en prosedures te ontwikkel vir verantwoordbaarheid en verslagdoening aan tersaaklike strukture.

Die US Taalsentrum sal steun verleen, en die beleid beskryf ook terugvoer-, monitering- en konflikbeslegtingsmeganismes, wat klagteprosedures insluit.

Noudat die Raad die hersiene US Taalbeleid goedgekeur het, sal dit met ingang van Januarie 2022 in werking tree.

Belangrike dokumente

Die volgende kerndokumente is onder meer op die US se toegewyde taalwebblad by www.sun.ac.za/taal te kry:

Taalbeleid (2021) (in Afrikaans, Engels en isiXhosa)

Konteksdokument vir die hersiening van die Taalbeleid (2016)

Hoofopinie oor die regsgeldigheid van die voorgestelde Taalbeleid 2021

Aanvullende opinie oor regsgeldigheid van finale konsepweergawe van Taalbeleid (2021)

Vir antwoorde op gereelde vrae oor taal aan die US, sowel as statistieke, besoek www.sun.ac.za/afrikaans/Pages/Multilingualism.aspx.
Inligtingsgrafiek​ oor die Taalbeleid van 2021

Let wel: Die inligtingsgrafiek verduidelik die hooftrekke van die beleid in eenvoudige taal, maar die beleidsdokument self is die enigste formele bron om te raadpleeg vir amptelike besonderhede oor beleidsbeginsels en -bepalings.