Learning & Teaching Enhancement
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​

​​​​​​​​​​​​​​​Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking

Vrae wat dikwels gevra word ​

​​​​ Akademiese Hernuwing​ (Spelwisselaar)

Wat is die verskil tussen programhersiening, -vernuwing en -herontwerp?

Hierdie drie onderling verwante ondergroepe van die oorhoofse proses van deurlopende gehalteversekering van akademiese programme aan die US het elkeen ʼn effens ander doel.

  • Programhersiening is gewoonlik meer ontledend, krities en besinnend, en word gesteun deur ʼn fakulteits- of departementsgedrewe kollegiale en bewysgebaseerde proses wat die beweegrede van en regverdiging vir ʼn bestaande program ondersoek. Die proses is daarop gemik om die hoofkwessies vir verbetering op programvlak bloot te lê, met spesifieke klem op kurrikulum, onderrig, leer en assessering. Hounsell (2009:202) stel voor dat daar uit verskillende inligtingsbronne, waaronder formele terugvoer (bv. opnames en fokusgroepbesprekings), selfgegenereerde terugvoer (bv. waarnemings en selfevaluering van hoëronderwysleerkragte) en toevallige terugvoer (bv. alledaagse roetines wat deur onderrig- en administratiewe personeel gebruik word, soos bywoningspatrone en oplettendheid) geput moet word. Hierdie inligtingsbronne kan huidige studente, alumni, personeel, professionele eweknieë en ander interne en eksterne belanghebbers (bv. beroepsliggame, werkgewers en die publiek) behels.

  • Programhernuwing en -herontwerp spruit dikwels uit die programhersiening en is uitdruklik op die aanbring van die nodige verbeteringe gerig. Hierdie twee onderling verwante prosesse is dus meer op ontwikkeling en die toekoms gerig, met die klem op die visualisering van die hersiene program, die beplanning van die herontwerp van die hersiene program, die heromskrywing van die program se oogmerke en uitkomste, die bekendstelling van innoverende leer-, onderrig- en assesseringsbenaderings, die vaslegging van graduandi-eienskappe in die kurrikulum en die verryking van die oorhoofse gehalte van studente se leerervaring.​​

Die literatuur lig talle maniere uit waarop die proses van programhersiening, ‑herontwerp en -hernuwing benader kan word (University of Toronto, 2017). Dit is dikwels ʼn herhalende en tydrowende proses, wat op die bestaande sterk punte van die program behoort te bou, deur bewyse onderlê moet word, redelik in omvang en duur moet wees en daarop gemik moet wees om betekenisvolle verandering in die akademiese departement te bewerkstellig.​

Hoe lyk die goedkeuringsproses vir jaarboekveranderinge / veranderinge aan bestaande programme of modules?

Veranderinge aan ʼn module moet deur die fakulteit (d.w.s. die programkomitee en fakulteitsraad) goedgekeur word. Alle veranderinge, buiten redaksionele veranderinge, moet ook aan die betrokke institusionele liggame, naamlik die Programadvieskomitee, Akademiese Beplanningskomitee en die Senaat, voorgelê en deur hulle goedgekeur word.​

Die volledige werksvloei en die datums van institusionele vergaderings is hier beskikbaar. ​

Wan​neer moet ek ʼn modulespesifikasie indien (Vorm B)?

ʼn Modulespesifikasie is nodig as ʼn module grootliks verander word. Hierdie veranderinge vereis die registrasie van ʼn nuwe module om te onderskei tussen studente wat vir die bestaande weergawe ingeskryf is, en die diegene wat vir die nuwe weergawe ingeskryf is. Veranderinge wat die invul van ʼn nuwe modulespesifikasie sal vereis, sluit die volgende in:

  • Krediete verander met (1) meer as 50%; of (2) 10 of meer krediete
  • Die Nasionale Kwalifikasiesraamwerk-vlak (NKR-) verander
  • Die Klassifikasie van Onderrig-Vakmateriaal-kategorie (KOV-) verander (d.w.s. die fokus van die module)
  • Die module- of vaknaam verander
  • Daar is beduidende veranderinge aan die leeruitkomste
  • Die leweringsmodus verander (in persoon na HL, of omgekeerd)

Meer inligting is hier beskikbaar.

Watter proses moet ek volg om goedkeuring vir wysigings aan ʼn bestaande module te bekom?

Kontak asseblief die betrokke Visedekaan: Onderrig en Leer om die prosesse vir die fakulteit te bevestig. Die fakulteitsprosesse sal ook bepaal of institusionele toestemming benodig word en die versoek sal aan die Programadvieskomitee voorgelê word. 

Watter proses moet gevolg word om die naam van ʼn program te verander?

Om die naam van ʼn program te verander, word die eksterne goedkeuring van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO), die Raad op Hoër Onderwys (RHO) en die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAKO) benodig. Die versoek sal via die fakulteit, die institusionele komitees en die Senaat dien, soortgelyk aan ʼn jaarboekverandering (volledige begronding, verduideliking, ens.). Die DHOO- en RHO-dokumente om die verandering aan te vra, moet ook ingedien word. Die dokumente is hier beskikbaar.

Wat​ter verandering aan ʼn program is beduidend genoeg om ʼn nuwe program nodig te maak?

Groot veranderinge aan ʼn bestaande kwalifikasie/program wat die registrasie van ʼn nuwe program nodig maak, sluit die volgende in:

  • Groot veranderinge aan die beweegrede, doel, uittreevlak-uitkomste en verwante assesseringskriteria van ʼn program
  • Groot veranderinge aan die programontwerp wat die modules/inhoud met 50% of meer wysig
  • Groot veranderinge aan die KOV-kodes van die program of modules, wat die 50%-reël vir die gebruik van aanwysers en bepalers beïnvloed
  • Veranderinge aan die leweringsmodus (van toepassing wanneer kontak- na afstandsleer verander word; dus nie vir US-programme moontlik nie)

Vir meer inligting, besoek die ABG-webwerf hier​.

Watter steun is vir die invul van ʼn nuwe modulespesifikasie (Vorm B) beskikbaar?

Daar is hulpbronne met meer inligting oor elke afdeling van die modulespesifikasie, saam met voorbeelde van goeie praktyk, op die ABG-webwerf beskikbaar. 

Jy kan ook by jou SOL-adviseur of die adviseurs by die ABG om hulp aanklop.

Waar begin ek met die beplanning van ʼn nuwe program?

Meer inligting oor die verskillende oorwegings is op die ABG-webwerf beskikbaar. 

Individuele steun en raad is egter ook beskikbaar en daar word aanbeveel dat jy die adviseurs by die ABG raadpleeg wanneer jy ʼn nuwe program of die programhersieningsproses oorweeg: 

As jy dit oorweeg om ʼn nuwe program in te stel wat nog nooit voorheen bestaan het nie, kontak die Akademiese Beplanningsadviseur, Melissa van der Vyver.  

As jy die moontlikheid van ʼn nuwe program deur middel van die programhernuwingsproses oorweeg, kontak die Programhernuwingsadviseur, Marianne Bester.

Waar kan ek ʼn programspesifikasie (Vorm A) en modulespesifikasie (Vorm B) kry?

Die vorms en steunbronne is op die ABG-webwerf beskikbaar.

Wat is die verskil tussen EVL en KAO?

  • EVL (Erkenning van Vorige Leer)
    EVL geld slegs vir nieformele leer; dit wil sê, leer wat nie as deel van ʼn module of program aan ʼn geregistreerde instelling plaasgevind het nie. Daar is twee soorte EVL:

  1. EVL vir toegang word toegepas wanneer ʼn student, wat nie aan die minimum toelatingsvereistes voldoen nie, tot ʼn program toegelaat word op grond van werkservaring wat as gelykstaande aan die minimum toelatingsvereistes beskou word.  ​
  2. EVL vir vrystelling is wanneer studente van sekere krediete/modules vrygestel word, omdat hulle bewys kan lewer dat die module en die nieformele leer waaroor hulle beskik (d.w.s. ʼn kortkursus of reeks kortkursusse) grootliks oorvleuel. Wanneer EVL vir vrystelling toegelaat word, kan geen punt na die formele leer oorgedra word nie, wat beteken dat die jaarpunt vir die ingeskrewe module uit ʼn geweegde gemiddelde bereken moet word (d.w.s. die berekening van die jaarpunt uit 100 in plaas van 120 krediete).
  • KAO (Kredietakkumulasie en -Oordrag)
    KAO is van toepassing op die oordrag en/of erkenning van formele kredietdraende aanbiedinge (d.w.s. modules). KAO laat toe dat studente erkenning ontvang vir modules wat reeds in ander programme aan die US of by ander instellings afgehandel is, sodat studente nie modules op dieselfde vlak en met dieselfde inhoud hoef oor te doen nie. ʼn KAO-aansoek vereis ʼn kurrikulumkarteringsproses wat toon dat minstens 80% van die module-uitkomste, -inhoud en -doelwitte (dieselfde NKR-vlak ingesluit) oorvleuel.​
Vir meer inligting, raadpleeg die US EVL- en KAO-beleid (word tans hersien). Elke fakulteit het ook EVL- en KAO-prosesse wat gevolg moet word. Kontak gerus die kantoor van die Visedekaan: Onderrig en Leer vir ʼn afskrif van jou fakulteitsprosesse.

Waar kan ek meer inligting oor die verlengde kurrikulumprogramme (VKP'e) aan die US kry?

By die US word VKP'e (voorheen verlengde graadprogramme [VGP'e] genoem) in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Fakulteit Teologie en Fakulteit Natuurwetenskap (Ingenieurswese en AgriWetenskappe ingesluit) aangebied. Kontak gerus die verteenwoordiger in elke fakulteit vir meer inligting hier.

Gehalteversekering en gehaltebestuur

Die volgende vrae hou verband met die gesentraliseerde gehalteversekering- en ‑bestuurstelsel aan die US:

Wat is die verskillende fases van die gehaltebestuurstelsel aan die US?

  • Selfevaluering
  • Eweknie-evaluering
  • Tweejaarlikse opvolgverslag

Meer inligting is op die ABG-webwerf beskikbaar. ​

Word die eksterne evaluering van my sentrum/departement/fakulteit vereis?

Ons gehaltebeheerstelsel maak voorsiening vir die gereelde evaluering van akademiese departemente en professionele akademiese ondersteuningsdienste vir gehalteversekering en -bevordering volgens ʼn vaste siklus. Ons Gehalteversekerings- en ‑Bevorderingsbeleid strook met die RHO se Raamwerk vir Institusionele Gehalte-oorsig.  

Vir meer inligting, kontak gerus die kollegas by die gehaltekantoor van die ABG.

Wat is die verskil tussen ʼn selfevalueringsverslag en ʼn eweknie-evalueringsverslag?

  • Selfevalueringsverslag
    Hierdie bewysgebaseerde verslag vorm die grondslag vir die departement (of fakulteit/sentrum/afdeling) om sy prosesse en prosedures krities te hersien ten einde sy suksesse en uitdagings te evalueer en tekorte te identifiseer. Dit is daarop gemik om aspekte vir verbetering uit te lig.
  • Eweknie-evalueringsverslag
    ʼn Groep deskundiges, wat die selfevalueringsverslag en bewysportefeulje bestudeer het, sal die perseel besoek en onderhoude voer om die bewerings ten opsigte van gehalte te staaf, lofwaardige prestasies uit te ken en aanbevelings vir verbetering te doen. ʼn Eweknie-evalueringspaneel is gewoonlik van buite die Universiteit en kan plaaslike en internasionale lede insluit. Waar gehaltebestuur deur ʼn professionele liggaam voorgeskryf word, moet hierdie riglyne vir die aanstel van eweknie-evalueerders gevolg word. ​

Vir meer inligting, besoek gerus die ABG-webwerf of kontak die kollegas by die gehaltekantoor.

Wat is ʼn 'bewysportefeulje' vir die selfevalueringsverslag?
Die selfevalueringsverslag moet op bewyse gegrond wees. Dit beteken dat die bewerings oor gehalte wat in die verslag gemaak word, deur bewyse gestaaf moet word. Dit is die rol van die bewysportefeulje. Die bewysportefeulje kan terugvoer van belanghebbers (bv. studente se terugvoer oor modules en programme), institusionele data en die kernstatistiekverslae insluit. 

Vir bystand met ʼn kernstatistiekverslag, kontak gerus die kollegas by die gehal​tekantoor van die ABG.


​​ Assessering (Spelwisselaar)​

Wat is die oogmerke van assessering? 

Assesserings dien verskeie doele (soos evaluering vir diagnostiese, summatiewe, formatiewe en volhoubare oogmerke) wat die primêre doel van die fasilitering van leer en die voorbereiding van studente vir lewenslange leer sal bevorder. Jy kan meer oor elkeen van hierdie oogmerke in die US se Assesseringsbeleid (2022) uitvind hier.

Wat is die beginsels van goeie assessering? 

Die beginsels van goeie assessering word in die US se nuwe Assesseringsbeleid (2022) uiteengesit. Die beginsels fokus op die volgende temas: assessering lê aan die kern van ʼn geïntegreerde benadering tot studenteleer; assessering moet studenteleer bevorder; assessering as ʼn geïntegreerde deel van ʼn leer-en-onderrigproses wat leeruitkomste, leergeleenthede en assesseringspraktyke konstruktief belyn; die beleid staan ʼn buigsame assesseringsbenadering voor; en die beleid aanvaar dat assesseerders bekwaam is en dat assesseringstrategieë nie een vorm of oogmerk van assessering bo ʼn ander bevoordeel nie. 

Jy kan meer oor elkeen van hierdie beginsels in die US se Assesseringsbeleid (2022) lees hier.

Wat is ʼn assesseringstrategie? 

Assessering kan op verskeie punte in die loop van ʼn leerprogram gedoen word.

ʼn Omvattende assesseringsplan moet verskeie assesseringsgeleenthede insluit wat ʼn gepaste ewewig tussen formatiewe en summatiewe assesseringstipes handhaaf. 

Jy kan meer oor elkeen van hierdie oogmerke in die US se Assesseringsbeleid (2022) lees hier.

Hoeveel eweknie-assessering kan ek in my module gebruik? 

Dit sal van die konteks, module, studente, assesseringstrategie en die doel van die assessering afhang. Alle assesserings moet versigtig oorweeg en noukeurig ontwerp word. Kontak die SOL-adviseur in jou fakulteit vir bystand.  

Klik hier om te sien wie die SOL-adviseur vir jou fakulteit is. 

Watter steun is tot die beskikking van kwalifiserende studente gedurende assessering?

Die Taalsentrum se Tolkdiens verskaf tolking in Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) vir dowe studente wat dit tydens ʼn assessering nodig het. Kontak Vicki Fourie vir meer inligting. 

Is daar ʼn Assesseringskortkursus vir akademiese personeel?

Die SOL bied jaarliks tydens die eerste en tweede semester ʼn Assesseringskortkursus aan. Klik op Assesseringskortkursus (sun.ac.za) op die SOL-webwerf, of kontak Charmaine van der Merwe vir meer inligting.


​​ Hibridiese Leer (Spelwisselaar)​

Watter verskillende leweringsmodusse is aan die US beskikbaar?

Die US is ʼn geregistreerde kontakinstelling. Ons kredietdraende aanbiedinge (modules of programme) moet dus aan die minimum kontakvereistes voldoen. Die enigste leweringsmodusse wat gebruik kan word, is dus volle kontak- of hibridiese leer. Vir meer inligting, klik asseblief hier.

Wat is die verskil tussen hibridiese leer, gemengde leer en kontakleer?

Gemengde leer (GL)

Aan die US word GL verstaan as die stelselmatige, oordeelkundige en kontekstueel-reaktiewe mengsel van verskillende benaderings tot onderrigmetodiek, onderrigmetodes en toepaslike digitale tegnologieë, gekombineer met die beste kenmerke van interaksie in persoon. GL kan dus beskou word as ʼn breë begrip van kontemporêre onderrig, leer en assessering (Hrastinski, 2019) wat die kurrikulumontwerpproses vir kontakleer, HL en volledig-aanlyn leer (VAL) kan onderlê, verryk of bemiddel.​

Kontakleer

Dit vind plaas wanneer ʼn module of program in ʼn fisiese klaskamer of fasiliteit aangebied word, met die dosent/fasiliteerder en studente hoofsaaklik in persoon aanwesig. Die meeste van die onderrig, leer en assesserings vind steeds op kampus of in die klaskamer plaas, en die tradisionele rooster waarvolgens studente daagliks leergeleenthede op kampus bywoon, word gebruik.​

Hibridiese leer (HL)

HL behels die lewering van ʼn akademiese program of module deur volgehoue periodes van volledig-aanlyn leer, wat aangevul word met minder/korter, dog hoogs betrokke en interaktiewe periodes ('jaarboekblokke') van kontaksessies op kampus. Lees meer oor HL hi​er.​

Meer gedetailleerde inligting is hier beskikbaar.​

Waar kan akademiese personeellede wat daarin belangstel om ʼn HL-aanbod te ontwikkel, of die kollegas in hulle departement/fakulteit wil aanmoedig om dit te doen, begin?​ 

  1. Vra die finansieringsdokumente via die HL-webwerf, via die HL-projekbestuurder of via jou fakulteit se leer- en onderrigadviseur aan. Selfs al wil jy nie om finansiering aansoek doen nie, bied die aansoekvorm nuttige riglyne oor wat om in ag te neem en wie om vir meer inligting te nader.
  2. Nadat jy die inligting gelees het, behoort jy ʼn beter idee te hê of jou moontlike aanbieding met die hoofkriteria in die vorms sal strook. As jy steeds onseker is, kan jy jou fakulteit se leer- en onderrigadviseur, jou gemengdeleerkoördineerder (GLK) of die HL-projekbestuurder kontak.
  3. Die volgende stap (voordat jy begin om die vorm in te vul) is om verdere interne besprekings met jou fakulteit te hê. Finansieringsnominasies moet deur die fakulteitsbestuur onderskryf word. Die HL-bestuurskomitee sal let op bevestiging dat die moontlike finansiering belê sal word in die ontwikkeling van ʼn aanbieding wat van strategiese waarde vir die fakulteit is. Daar word aanbeveel dat die departementshoof die voorneme om om finansiering aansoek te doen, onder die aandag van die Visedekaan: Leer en Onderrig bring. In sommige fakulteite sal dit lei tot besprekings met die fakulteit se Akademiese Beplanningskomitee of ander rolspelers, soos die fakulteitsbestuurder.
  4. Wanneer hierdie besprekings afgehandel is, kan jy begin om die vorm in te vul. Die vorm het ʼn 'kontrolelys'-afdeling wat jou na kollegas of ander bronne van inligting verwys, om jou met die invul van die vorm te help.
  5. Wanneer die vorm ingevul en deur al die nodige kollegas onderteken is, sal jou Visedekaan: Onderrig en Leer dit voor die sperdatum van die jongste oproep om finansiering indien.
  6. Nadat die bestuurskomitee vergader het om al die nominasies te hersien, sal die uitkoms per brief deur die Viserektor: Onderrig en Leer gekommunikeer word.
  7. ​Sodra HL-finansiering goedgekeur is, sal jy nouer met die HL-span begin saamwerk om jou HL-aanbieding te ontwerp, ontwikkel en bemark.​

Kan ons ʼn program/module volledig aanlyn aanbied?

Nee. Die US is nie geregistreer om enige kredietdraende aspekte volledig aanlyn aan te bied nie en die terugvoer van studente en afgestudeerdes dui aan dat daar steeds verkies word om tyd op kampus deur te bring. 

Meer besonderhede is hier beskikbaar.

Waar kan ek ʼn lys met kreatiewe en/of aanlyn leergeleenthede kry?

 
Die HL-webwerf bied waardevolle bronne om akademici te help met die ontwerp van aanlyn onderrig- en leeraktiwiteite, gee voorbeelde van HL-programme en -modules wat aan die US aangebied word, en verskaf ook ander inligting. Jy kan gerus die HL-span kontak wat jou op grond van jou spesifieke navraag na die tersaaklike bronne/geleenthede kan verwys.

Hoe verskil HL van ARTLA?

Die begin van Covid-19 in 2020 het die onmiddellike vervanging van kontakinteraksie met studente deur VAL of nood-afstandsonderrig, -leer en -assessering (ERTLA) genoodsaak. Aangevulde afstandsonderrig, -leer en -assessering (ARTLA) was ʼn gedifferensieerde benadering waardeur fakulteite ʼn mengsel van kontakleer, VAL en HL kon aanbied om studente se terugkeer na die kampus te akkommodeer. ERTLA en ARTLA was noodrespons-inisiatiewe wat deur die spesiale vergunning van die Minister van Hoër Onderwys toegelaat is, om seker te maak dat onderrig, leer en assessering kon voortgaan. Hierdie vergunning het slegs vir ʼn beperkte tyd gegeld en is nie in 2022 hernu nie.

HL vereis die doelbewuste kurrikulumontwerp van ʼn module/program as ʼn kombinasie van volle jaarboekblokke (hoofsaaklik aanlyn) asinchrone steierwerkleer en ʼn kombinasie van aanlyn en blokke intydse sessies op kampus. Hierdie intydse sessies dra by tot die minimum kontaktyd (RHO, 2014) wat deur die DHOO vereis word.

Meer besonderhede is hier beskikbaar.

Tot watter mate kan ek HL begin implementeer, sonder om aansoek om HL-finansiering te doen?

HL-finansiering is nie nodig om ʼn HL-module of -program te implementeer nie. Die HL-finansiering verleen finansiële steun en maak die inkoop van ontwerpsteun deur die HL-kantoor moontlik. Daar is egter talle bronne via die HL-webwerf beskikbaar, wat akademici van idees sal voorsien. Individuele steun is ook via die Sentrum vir Leertegnologieë en die GLK van jou fakulteit beskikbaar. 

As ʼn module of program egter van kontakleweringsmodus na hibridiese leweringsmodus verander word, moet hierdie veranderinge aangemeld en institusionele goedkeuring bekom word. ʼn Modulespesifikasie (Vorm B) word vir elke module vereis, aangesien ʼn nuwe moduele op die studente-inligtingstelsel (SIS) geregistreer moet word, om tussen die kontak- en die HL-weergawe te onderskei, en om seker te maak dat HL-kurrikulumontwerp-aspekte geïnkorporeer word.

Wat is die hoofoorwegings vir akademiese personeel en departemente wat in die ontwerp van HL-aanbiedinge belangstel? 

HL bied ruim onderrigsontwerpsteun en (beperkte) finansiering vir die gedeeltelike inkoop van dosente se tyd, om vir die ontwikkelingskapasiteit van HL-aanbiedinge voorsiening te maak, maar slegs tydens die eerste rondte van die ontwikkelings- en implementeringsfase. Die lewensvatbaarheid van die program en die meegaande finansiële risiko is dus ʼn hoofoorweging vir die fakulteit.  

Personeelkonteks: Departementsvoorsitters, dosente en ander akademiese personeel wat by die proses betrokke sal wees, moet die volgende in ag neem:

  1. Het jy voldoende kapasiteit en tyd om aan die kurrikulumontwerp en die tegniese ontwikkelingsproses van HL toe te wys? (As jy onseker is oor hoeveel tyd dit neem, kontak gerus die HL-span en/of jou SOL-adviseur.)
  2. As jy voorsien dat jy hulp sal nodig hê om tyd vir HL-ontwikkeling in te ruim, watter soort steuningryping sal jou help? Byvoorbeeld: Moet jy jou onderriglas verklein of steun in die vorm van ʼn onderrigassistent/tutor versoek? Sal jy eksterne vakkundiges moet identifiseer om met die ontwikkeling van dele van die kursusmateriaal te help? HL-finansiering sal dalk nie aan al hierdie behoeftes kan voldoen nie, maar bewustheid van jou unieke konteks behoort beslis jou besprekings met die fakulteitleierskap en die HL-span te onderlê, wanneer jy om finansiering aansoek doen.
  3. Wanneer sou jy die hibridiese aanbieding wou implementeer? Maak jou tydlyn voorsiening vir die administratiewe proses vir die registrasie van ʼn program/module of die bywerk en herindiening van moduleregistrasievorms? Kontak gerus die Sentrum vir Akademiese Beplanning en Gehalteversekering of jou SOL-adviseur as jy die tipiese tydlyne beter wil verstaan.
  4. Het jy die inkoop en ondersteuning van die res van jou departement en fakulteit (die fakulteitsbestuurder, visedekane en dekaan ingesluit)?
  5. Strook die aanbieding (en HL oor die algemeen) met die visie van jou departement en fakulteit?

Dit is net so belangrik om die konteks van jou voornemende studente in ag te neem. HL vereis van studente om voldoende toegang tot die internet en persoonlike toestelle te hê, en om oor ʼn basiese vlak van digitale geletterdheid te beskik, sodat aanlyn geleer kan word. Die tegniese en kurrikulêre ontwerp van die module/program kan aangepas word om so reaktief as moontlik op studente se konteks te wees, maar die HL-finansieringsaansoek moet eers bewys dat jy van hulle leerbehoeftes bewus is (ten opsigte van hoe, wanneer en waar die kohort sal leer), selfs as hierdie behoeftes heel divers is.

Meer kernoorwegings is hier en op die HL-webwerf beskikbaar.

Kan ek van ʼn tolk gebruik maak as ek die HL-modus gebruik?

Ja, die Taalsentrum se Tolkdiens is volledig toegerus om intydse aanlyn lesings en kontakblokke te tolk, solank dit aanlyn gestroom word. Studente kan die diens tuis of in die klas met behulp van hulle selfone of skootrekenaars gebruik. Vir meer inligting, kontak Juanli Theron of Christine Joubert of besoek ons webblad hier.

Die Taalsentrum se Tolkdiens kan ook klankvertalings van asinchrone oudiolesings of hulpbronne verskaf. Vir meer inligting, kontak Juanli Theron of Christine Joubert of besoek die Taalsentrum se webblad hier.

Wat is 'StellenboschX'?
 

'StellenboschX' verwys na die vennootskap tussen die US en edX, ʼn voorste wêreldwye aanlyn leerplatform wat deur 2U Inc bekendgestel is. 

Die StellenboschX-kursusportefeulje (wat op die internasionale edX-platform aangebied word) sal ʼn wye verskeidenheid vakgebiede insluit. Hierdie aanbiedinge sal die US se akademiese en navorsingskundigheid ten toon stel en reaktiwiteit op die ontwikkelende behoeftes van kontemporêre volwasse studente demonstreer. Die portefeuljes sal betaalde (sertifikaatdraende) professionele sertifikate en Massiewe Oop aanlyn​kursusse "(Massive Open Online Courses (MOOCs)", wat gratis afgehandel kan word, insluit. 

As jy meer oor die US se vennootskap met edX wil uitvind, en/of daarin belangstel om ʼn kursus op edX aan te bied, kontak gerus die HL-span.

Waarom het die US met edX in vennootskap getree? 

Vir meer inligting hieroor, raadpleeg asseblief die nuusbrief wat die US/edX-vennootskap aankondig. Klik hier vir toegang tot die aankondiging.

Wat is die volgende stappe as ek daarin belangstel om ʼn kursus op edX aan te bied? 

Alle kommunikasie rakende (moontlike) StellenboschX-aanbiedinge gaan deur die HL-span. Voordat ʼn programvoorstel aan edX voorgelê word, het ons verskeie interne besprekings met jou om jou idees te takseer, hoëvlak- markinsigte te bekom en vir jou ʼn praktiese oorsig van die proses te gee.

Kontak gerus die HL-span om hierdie bespreking te reël. ​


​​ Verryking in Onderrig, Leer en Assessering (Vir US-personeel)

Wanneer is die volgende skryfgeleentheid?

Skryfgeleenthede word gewoonlik twee keer per jaar aangebied. Vir die jongste inligting, besoek die Skryfgeleentheid-afdeling op die SOL-webwerf of kontak finlo@sun.ac.za 


Die Taalsentrum bied ook skryfgeleenthede en skryf- en leesmarathons deur die Skryflab aan. Kontak Selene by selene@sun.ac.za om die jongste datums en inligting te kry, of lees hier meer.

Kan ek ʼn werksessie oor ʼn OLA-saak in my fakulteit reël?

Ja! Kontak asseblief die SOL-adviseur in jou fakulteit vir hulp.Klik hier om uit te vind wie jou adviseur is:

Ek wil aan my kommunikasievaardighede werk. Watter professionele leergeleenthede is tot my beskikking?

Die SOL bied Elsabé Daneel se kommunikasiewerksessie drie maal per jaar vir dosente aan. Vir meer inligting, kontak claudias2@sun.ac.za en lees hier. 

Die Taalsentrum se Kommunikasielab bied verskeie kortkursusse aan wat daarop gemik is om skriftelike en mondelinge kommunikasievaardighede te verbeter. Vir meer inligting, kontak Michelle by michellep@sun.ac.za of besoek hierdie blad.

Wat is die rol van ʼn departementshoof?

Daar is ʼn institusionele dokument met die naam Riglyne vir Programkomiteevoorsitters en Programleiers wat jy kan raadpleeg. Jy sal dit hier kry.

ʼn Gesprek met jou Visedekaan: Onderrig en Leer sal ook van waarde wees, aangesien elke fakulteit verskillende verantwoordelikhede met hierdie rol kan verbind.

Wat is AvOL?

AvOL verwys na die Akademieskap van Onderrig en Leer. Daar is verskeie omskrywings, maar kortliks kan AvOL beskou word as ʼn “stelselmatige besinning oor onderrig en leer wat openbaar gemaak word"(McKinney, 2003). (Eie vertaling uit Engels.) 

McKinney, K. (2003). What is the Scholarship of Teaching and Learning (SoTL) in higher education? Teaching/Learning Matters33(1), 6–7. 

Jy kan hier meer lees.

By die US het ons ʼn interne konferensie genaamd die Akademieskap van Onderrig en Leer-konferensie. Lees hier meer daaroor.

Ons bied ook ʼn kortkursus oor die Akademieskap van Onderrig en Leer aan. Kontak claudias2@sun.ac.za vir meer inligting.

Wie kan die AvOL-konferensie bywoon?

Die AvOL-konferensie is ʼn interne konferensie vir US-akademici en professionele en administratiewe steunpersoneel wat in OLA aan die US werk. Vir meer inligting, besoek die AvOL-webwerf.

Wat is die SoEL-kortkursus?

Die Akademieskap van Opvoedkundige Leierskap-kortkursus (SoEL-) dra 12 krediete en is op vlak 8 van die NKR. Dit word oor een jaar in GL-modus aan US-leiers in onderrig aangebied. Die doelwitte sluit die volgende in:

  • Om opvoedkundige leiers (soos visedekane vir onderrig en leer, programleiers, departementsvoorsitters, dosente, hoofde en personeel van onderrig-en-leerverwante eenhede of van professionele akademiese steundienste) by vakkundige benaderings tot onderrigleierskapspraktyke te betrek;
  • Om opvoedkundige leiers bekend te stel aan literatuur oor die akademieskap van opvoedkundige leierskap én die implikasies wat dit vir hulle eie opvoedkundige leierskapskonteks inhou;
  • Om navorsingsvaardighede op die gebied van die akademieskap van opvoedkundige leierskap op deelnemers se eie konteks toe te pas (soos deur literatuur te bestudeer, navorsingsprobleme te omskryf, navorsingsmetodes te ontwerp en resultate te versprei); en
  • Om bewys te lewer van kritiese besinning oor opvoedkundige leierskap in die vorm van ʼn miniportefeulje. 

Vir meer inligting, klik hier.

Watter opleiding is vir nuwe dosente beskikbaar?

Daar is verskeie opleidingsgeleenthede beskikbaar. Daar moet eers bepaal word na watter soort opleiding verwys word. Ten opsigte van onderrig, bied die US instellings- en fakulteitsgebaseerde geleenthede vir professionele leer in jou onderrigrol. Kontak die SOL-adviseur in jou fakulteit sodat hulle vir jou die regte moontlikhede kan uitwys. Jy kan ook die SOL-webwerf vir die lys van geleenthede besoek die weblad (Kyk na die aftreklys onder hierdie afdeling.) 

Vir alle professionele leergeleenthede wat binne die verskillende leweringsmodusse geposisioneer is, veral met betrekking tot digitale leertegnologieë, besoek die SOL-webwerf: 

Professionele Onderriggeleenthede (sun.ac.za)

Wie kan my met my onderrig help?

Die SOL staan akademici in hulle onderrigrol by. Ons missie is om professionele leergeleenthede te skep vir akademiese personeel in fakulteite en om denkleiers op die gebied van reaktiewe, innoverende en vakkundige onderrig en leer te wees.  

Kontak gerus die SOL-adviseur in jou fakulteit vir hulp. Klik hier om te sien wie jou adviseur is.

Wat is ʼn nadenkende praktisyn?

Die US Onderrig- en Leerbeleid omskryf ʼn nadenkende praktisyn soos volg: Nadenke praktisyns besin doelbewus en krities oor hulle onderrigpraktyk, en hersien en dokumenteer hulle professionele groei stelselmatig. Om meer hieroor te lees, besoek die SOL se hulpbron oor besinning.

Wie is die SOL-adviseur in my fakulteit?

Om uit te vind wie die SOL-adviseur vir jou fakulteit is, klik hier.

Is daar enige middagete-webinare wat ʼn mens kan bywoon?

Die SOL bied Auxins aan, en die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking bied LOV-seminare aan. Auxins is middagete-aanbiedinge deur akademici oor onderrig- en leer-innoverings in onderrigpraktyke aan die US. Vir meer inligting, klik hier.

Elke kwartaal reël die SOL ʼn Onderrig-en-Leerseminaar onder die beskerming van die Viserektor: Onderrig en Leer, prof Deresh Ramjugernath, en die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking. Die seminare is daarop gemik om die akademieskap van onderrig en leer te bevorder. US onderriggenote deel hulle navorsing, innoverings en ondervindings ten opsigte van onderrig en leer, gevolg deur lewendige besprekings. Vir meer inligting, kyk hier.

SUNLearn
Vir enige vrae wat met SUNLearn verband hou, besoek die SOL-webblad en navigeer na die Leertegnologie-ondersteuningsafdeling: Learning Technologies Support (sun.ac.za) 

Hoe kan ek meer uitvind oor die funksies van SUNLearn en hoe om studentebetrokkenheid op SUNLearn te bestuur?

Vir meer oor die funksies van SUNLearn of hoe om studentebetrokkenheid op SUNLearn te bestuur, besoek die SOL-webwerf Learning Technologies Support (sun.ac.za) en navigeer na die toepaslike afdeling op grond van jou behoeftes, hetsy opleiding en ondersteuning, fasiliteerderopleiding of tutoropleiding.  ​

Is daar opleiding vir SUNLearn?

Basiese opleidingsessies oor die gebruik van SUNLearn word gereeld vir personeel aangebied. Besoek die SOL-webwerf vir meer inligting en om jou fasiliteerderopleidingsessie te bespreek, en/of om toegang tot die SUNLearn-gebruikersgids te verkry.
Short Courses, Training & Support (sun.ac.za) 

Is daar iemand wat my met die ontwerp van my kursus op SUNLearn kan help?

Die GLK's verteenwoordig die SOL in die fakulteite. Kontak gerus die GLK in jou fakulteit vir hulp met die ontwerp van jou kursus op SUNLearn. Jy kan die besonderhede op die Ondersteuningsbesonderhede-blad op SUNLearn kry:
Online Teaching Guide: Contact details for support (sun.ac.za)

Ek wil graag ʼn SUNLearn inprop-module byvoeg of ʼn versoek om die gebruik van ʼn alternatiewe leertegnologie rig. Met wie kan ek praat?

Vir enige SUNLearn-steun, kontak die SUNLearn-hulplyn.​

Is daar enige kortkursusse wat fokus op GL en hoe om dit in my onderrig, leer en assessering te integreer?

Die SOL is daartoe verbind om professionele leergeleenthede vir personeel te skep in ʼn poging om leertegnologie op betekenisvolle wyse by hulle kursusse vir studente in te sluit. Twee geakkrediteerde kortkursusse in GL word deur die SOL beskikbaar gestel. Besoek die SOL-webwerf vir meer inligting:
Professional Learning Opportunities (sun.ac.za)

Watter leertegnologieë word aan die US aanbeveel en ondersteun?

Vir meer inligting oor die leertegnologieë wat aan die US aanbeveel en ondersteun word, besoek die SOL-webwerf en navigeer na die afdeling oor Leertegnologie-ondersteuning:
Learning Technologies Support (sun.ac.za) 

Is daar ʼn sentrale bewaarplek vir onderrig-, leer- en assesseringshulpbronne vir onderrigpersoneel? (Dosentondersteuningsblad)

Vir toegang tot professionele leergeleenthede (waaronder webinare, kursusse of SUNLearn-tuistes) of hulpbronne, besoek die SOL-webwerf en navigeer na die afdeling vir Professionele Onderriggeleenthede en Hulpbronne op die Akademiese Ontwikkeling en Navorsing-blad:
Professional Learning Opportunities and Resources (sun.ac.za)

Hoe kan ek die SOL-ateljee bespreek? Hoeveel kos dit om die ateljee te bespreek? 

Vir alle vrae oor die SOL-ateljee, telematiese dienste of die verskillende dienste en geriewe wat deur die SOL aangebied word, besoek die SOL-webtuiste en navigeer na die Bedryf, Telematiese Dienste en Projekte-blad:
Operations, Telematics and Projects (sun.ac.za)

Kan ek die ateljee en toerusting gebruik? Kan ek ʼn videokamera huur om op verskillende plekke te verfilm? 

Vir spesifieke inligting oor die gebruik van die ateljee en toerusting, besoek die Bedryf-afdeling op die Bedryf, Telematiese Dienste en Projekte-blad:
Operations (sun.ac.za)


​​ Uitgebreide Leerruimtes

Wat is ELR?

Die ELR-program is nie slegs daarop gemik om die uitdaging van afstandleer weens die verminderde kapasiteit van lesingsale te oorkom nie, maar ook om in die toekoms die geleentheid aan dosente te bied om hulle klasse te stroom, terwyl hulle in lesingsale onderrig gee, en om die Universiteit se aanbiedinge met die Onderrig- en Leerbeleid te belyn. Vir toegang tot die interne US ELR-hulpbronne, klik op die onderstaande skakel na die SOL-webtuiste:
Academic Development | Research (sun.ac.za)


​​ Meertaligheid

Waarom is daar ʼn Taalsentrum aan die Universiteit?

Die Taalsentrum se mandaat is om taalondersteuning aan ons studente en kliënte te bied en om meertaligheid te bevorder. Ons doen dit op verskeie maniere – van die aankweek van ʼn meertalige ingesteldheid onder personeel en studente, tot die aanbied van taal- en kommunikasiekursusse en akademiesegeletterdheidsmodules, die bedryf van ʼn Skryflab waar personeel en studente gratis skryfwenke en ondersteuning kan kry, en die aanbied van ʼn Leeslab waar personeel en studente kan leer om beter en vinniger te lees. Ons stel ook tolking in die klas en redigeer- en vertaaldienste beskikbaar. Baie van hierdie dienste is ook aanlyn beskikbaar.​

Waarom is meertaligheid belangrik vir OLA?

Om meertalig te wees – dit wil sê, om in staat te wees om meer as twee tale te praat en te verstaan – sal nuwe wêrelde vir jou en jou studente laat oopgaan. Onderrig en leer in verskillende tale, byvoorbeeld Engels, Afrikaans en isiXhosa, in teenstelling met die keuse van slegs een onderrig- en leertaal, bied aan studente die geleentheid om leermateriaal uit verskillende perspektiewe te benader en om die manier te vind wat die beste by hulle leerstyl pas. Dit maak dit ook moontlik vir meer stemme om outentiek gehoor te word en is ʼn kritieke bemagtiger vir studente om medeskeppers van kennis in die onderrig- en leerruimte te wees. Assesserings in verskillende tale bied ook aan studente die geleentheid om in ander tale na die vrae te verwys, ten einde die vraag beter te verstaan en moontlik hulle kanse op sukses te verbeter.

Meertaligheid sal jou ook in staat stel om beter met ander mense te skakel en jou op tallose ander wyses verryk. Meertalige mense is geneig om hulle omgewing beter te ontleed en misleidende inligting raak te sien. Hulle is ook geneig om meer rasionele besluite te neem, oor beter probleemoplossingsvaardighede te beskik, beter met die gelyktydige verrigting van verskeie take te wees, nuwe vaardighede vinniger aan te leer, meer doeltreffend te kommunikeer en selfs beter te skryf. Meertaligheid is ook een van die eienskappe waaroor die Universiteit wil hê ʼn afgestudeerde moet beskik teen die tyd dat hulle gradueer. 

Meertaligheid van die individu en die samelewing kan dus beskou word as “ʼn hulpbron vir die fasilitering van kognitiewe ontwikkeling, epistemiese toegang, inklusiwiteit, transformasie, maatskaplike samehorigheid en respek vir alle tale", in lyn met die Taalbeleidsraamwerk vir Openbare Hoëronderwysinstellings (2020). (Eie vertaling uit Engels)

Hoe ondersteun die Taalsentrum meertaligheid?

Die Taalsentrum stel tolking in die klas beskikbaar en bied redigeer- en vertaaldienste aan. Ons bied ook verskeie taalkortkursusse aan. Jy kan by ons leer om basiese isiXhosa of Afrikaans te praat, baie pret hê in die loop van die proses en selfs geborg word om dit te doen, as jy gelukkig is. Gaan loer na ons Taalleernaaf, wat kreatiewe maniere bied om ʼn nuwe taal aan te leer. Jy kan ook jou akademiese Engels by ons verbeter. Ons bied ook akademiese geletterdheids- en professionele kommunikasie-modules in sommige fakulteite aan, wat studente kan help om 'universiteit' te praat en hulle voorberei om op professionele wyse te kommunikeer.

Kan studente kies om in Afrikaans of Engels te studeer?

Ja, hulle kan. Hulle moet by die fakulteit waarin hulle belangstel, navraag doen om uit te vind hoe hulle taalplan lyk, omdat dit die tale bepaal waarin vakke aangebied word. Studente kan ook van tolking in die klas gebruik maak, as dit beskikbaar is. Die Taalsentrum bied akademiese geletterdheids- en professionele kommunikasie-modules in Afrikaans en Engels aan, om studente te help om die vaardighede waarmee hulle in een van daardie tale dalk meer op hulle gemak is, na hulle ander vakke oor te dra. Raadpleeg artikel 7.1 van die US Taalbeleid (2022) vir inligting oor die taalvereistes ten opsigte van leermateriaal en assesserings.  

Hoe moet ek die Taalbeleid in my module toepas?

Fakulteite moet ʼn taalplan vir elke jaar indien. Hierdie taalplan sal die taalopsie wat vir alle voorgraadse modules gebruik moet word, aandui.  

ʼn Module kan deur middel van enige van die volgende taalopsies wat in die US Taalbeleid (2022) aangedui word, aangebied word:

  • Aparte lesings in Afrikaans en Engels (7.1.3)
  • Afrikaans en Engels in dieselfde lesing (7.1.4)
  • Slegs in een taal (7.1.5) 

Vir meer inligting is daar ʼn infografika ter opsomming van die beleid beskikbaar.

Het ek ʼn tolk in my klas nodig?

Fakulteite dien elke jaar taalplanne in. Die taalplan van jou fakulteit sal bepaal of jy ʼn tolk in jou klaskamer nodig het. As jou module vir tolking kwalifiseer ingevolge jou fakulteit se taalimplementeringsplan, sal jou module outomaties by die tolkrooster ingesluit word en sal jy voor die begin van die semester ʼn e-pos van Juanli Theron of Christine Joubert ontvang. 

Tolkdienste is ook beskikbaar vir modules waarin dit nie noodwendig volgens jou fakulteit se taalimplementeringsplan nodig is nie. As jy ʼn erkende pedagogiese behoefte aan tolking het, of ʼn meertalige klaskamer-ervaring wil skep, kontak Juanli Theron of Christine Joubert om by die tolkrooster ingesluit te word. Modules wat ingevolge die fakulteit se taalimplementeringsplan vir tolking kwalifiseer, sal voorkeur geniet. 

Vir meer inligting, besoek die Taalsentrum se Tolkdiensteblad hier.

Moet ek betaal vir die tolkdienste in my module?

Nee, jy hoef nie persoonlik te reël vir die betaling van die tolkdienste in jou module nie. Die diens word institusioneel betaal. 

In watter tale moet my module se skyfies en aantekeninge beskikbaar wees?

Volgens die US Taalbeleid (2022:7) moet alle leermateriaal minstens in Engels beskikbaar wees, buiten as die module oor die taal self handel. Indien moontlik, oorweeg dit om jou aantekeninge en skyfies ook in Afrikaans beskikbaar te stel, ter ondersteuning van die meertalige ingesteldheid wat die Universiteit onder studente en personeel wil aankweek. As daar ʼn pedagogiese behoefte voor is, sluit ook isiXhosa by jou aanbieding in – taalimplementeringsfinansiering is vir vertaling in Afrikaans en isiXhosa beskikbaar. Fakulteite dien ook elke jaar taalplanne in. Die taalplan van jou fakulteit sal die tale waarin jy jou lesing moet aanbied, bepaal.

Moet ek betaal vir die vertaling van leermateriaal?

Ja, en finansiering hiervoor is beskikbaar. Die Universiteit het taalimplementeringsfondse aan elke fakulteit toegewys, wat gebruik kan word vir die vertaling en redigering van leermateriaal. Wanneer jy die Taalsentrum vir die vertaling van jou leermateriaal nader, sal jy ʼn kwotasie ontvang, wat jy dan kan gebruik om finansiering vir taalimplementering aan te vra. Jou fakulteitsbestuurder behoort jou hiermee te kan help.

My studente sukkel om ten opsigte van akademiese lees en skryf by die universiteitsomgewing aan te pas. Kan julle daarmee help?

Die vermoë om akademiese tekste te lees en skryf en gesprekke daaroor te voer, is nie iets wat van nature kom nie. Dit is baie soos ʼn nuwe taal aanleer – ʼn taal wat die studente moontlik nog nooit voorheen gebruik het nie. By die Taalsentrum bied ons kredietdraende akademiese geletterdheids- en professionele kommunikasie-modules om studente met die leer en gebruik van hierdie nuwe taal te ondersteun – om 'universiteit' te leer praat en om hulle voor te berei om op professionele wyse te kommunikeer. Ons werk saam met die fakulteite om studente te ondersteun terwyl hulle hul kennis opbou en leer hoe om te leer. 

Die Taalsentrum bied ook meer dienste aan departement of dosente wat die behoefte aan bykomende ingryping ten opsigte van akademiese lees, skryf en taalsteun vir hulle studente identifiseer. Die Taalsentrum se Skryflab en Leeslab is veilige ruimtes waar enige student of personeellid hulle vermoë om akademies te lees en skryf kan ontwikkel en verfyn.

Ek wil aan my kommunikasievaardighede werk. Watter professionele leergeleenthede is daar vir my?

Die Taalsentrum se Kommunikasielab bied ook kortkursusse in professionele kommunikasie aan, wat jou kan help om verskillende bevoegdhede vir doeltreffende en selfversekerde kommunikasie te ontwikkel, sodat jy op dieper vlak met jou studente kan skakel. Hier is enkele van die kursusse waarby jy kan baat: 

Crafting confident presentations (Die voortbring van selfversekerde aanbiedinge)
Het jy al ooit gewens vir die vaardighede om aanbiedinge met gemak en elegansie aan te pak? Leer hoe om jou boodskap duidelik oor te dra en met selfvertroue voor jou gehoor te staan. 

Communicative English made easy (Maklike kommunikasie-Engels)
Voel jy verlore in Engels? Ons sal jou help om die fyner vaardighede aan te leer en te oefen wat nodig is om Engels met selfvertroue te praat en te skryf. 

A crash course in English grammar (ʼn Blitskursus in Engelse grammatika)
Wil jy graag die reëls en konvensies van grammatika onder die knie kry? Sluit by ons aan om ʼn beter kommunikeerder te word en sommer in die proses ʼn bietjie pret te hê. 

Vir meer inligting oor die Taalsentrum se Kommunikasielab-kursusse, kontak Michelle Pieters.

MobiLex-toepassing

Hierdie toep is aan die US ontwikkel, met die doel om die studenteleer-ervaring te verryk deur die US se meertalige aanbod en studente se vermoë om meertalige woordelyste te gebruik, te verbeter. Die toep bied vakspesifieke terminologie in Afrikaans, Engels en isiXhosa vir voorgraadse studente en akademiese personeel in die Fakulteit Opvoedkunde, Fakulteit Teologie, Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, en Fakulteit Natuurwetenskap aan.  

Jy kan die toep gratis uit die Playstore of iStore aflaai.


​​ Studentesukses

SUNSuccess 

Die SUNSuccess-projek se oorkoepelende doelwit is om ʼn studenteondersteuningsoplossing met die volgende oogmerke te implementeer:

  • Lewer geoutomatiseerde werkvloei vir tredhou met ondersteuning en ingryping.
  • Diagnoseer en kommunikeer geleenthede vir akademiese en persoonlike groei (bv. vroeë waarskuwings en 'vlae').
  • Moniteer en meet die impak van suksesversterkende ingrypings op akademiese prestasie, ervaring en persoonlik-sosiale ontwikkeling.
  • Lewer ʼn intelligente en pasgemaakte blik op data vir studente en akademiese steunpersoneel. 

Die projek word ontwikkel as ʼn module van SUNStudent en sal in die middel van 2023 ontplooi word. Kontak gerus vir Christina Harvett (cmh@sun.ac.za) met enige navrae.

Kan julle my en my studente met akademiese skryfwerk help?

Natuurlik. Ons Skryflab is ʼn veilige ruimte waar ʼn skryfkonsultant jou met jou akademiese skryfwerk sal help. Jy kan ons soveel keer as wat jy wil, besoek en ons diens is gratis. Ons bied ook akademiese geletterdheids- en professionele kommunikasie-modules in die meeste fakulteite aan, wat studente sal help om 'universiteit' te leer praat en hulle voorberei om op professionele wyse te kommunikeer.

Kan julle my en my studente met akademiese leeswerk help?

Ja, ons sal graag! Ons Leeslab bied talle maniere om jou leesvaardighede te verbeter – van gratis kort werksessies tot die gebruik van Leesteorie, wat aanlyn leesbegripoefening vir studente op alle vlakke aanbied. Ons werk ook saam met sommige fakulteite sodat ons dienste by sommige kursusse ingesluit word. Sommige van hierdie dienste is ook gratis.

Watter Skryflab-werksessies kan my studente doen?

Die Taalsentrum se Skryflab-werksessies handel oor ʼn groot verskeidenheid onderwerpe, waaronder interne organisasie, samehang, kohesie, styl, eksterne struktuur, redigering, gehoor, oogmerk van wetenskaplike skryfwerk, navorsingsonderwerpe, probleemstellings en hipoteses. Ons kyk ook na projekstruktuur, paragrafering en beredenering, wetenskaplike skryfstyl, verwysing en meer. Ons Skryflab-werksessies is op meester- en doktorale studente in verskillende vakgebiede gemik en is daarop gerig om nagraadse studente te help om sukses te behaal. Lees meer hier

As jy voel dat jou studente by ʼn Skryflab-werksessie oor skryfvaardighede kan baat, sal die Taalsentrum pasgemaakte kursusse of werksessies vir spesifieke departemente aanbied, wat op jou unieke behoeftes gebaseer is. Ons sal dit in samewerking met die dosente uit die onderskeie departemente beplan, ontwikkel en aanbied. Om ʼn pasgemaakte werksessie vir jou studente te reël, kontak Selene Delport.

Eweknie-fasilitering (tutorskap): Hoe kan ek my tutors (eweknie-fasiliteerders) oplei?

Die meeste fakulteite het interne opleidingsgeleenthede vir eweknie-fasiliteerders (tutors). Jy kan ook jou Visedekaan: Onderrig en Leer om meer inligting nader. Die US bied ook ʼn institusionele Kortkursus in Eweknie-leerfasilitering aan. Vir meer inligting, besoek gerus die webblad of kontak Sim Ntwasa (sim@sun.ac.za)

Wat kan ek van die tutor verwag?

Die Rgulasies vir Eweknie-leerfasilitering bied riglyne wat jy kan raadpleeg; sien gerus Punt 6.1: Benaming en rolle. Jy kan ook vir Sim Ntwasa (sim@sun.ac.za) om meer inligting nader. 

Besoek gerus die SOL-webwerf vir die nodige regulasies.​

Waar kan ek meer inligting oor die Kortkursus in Eweknie-leerfasilitering kry?

Vir meer inligting, besoek gerus die webblad of kontak Sim Ntwasa (sim@sun.ac.za)


​​ Hulpbronne vir Onderrig, Leer en Assessering

Waar kry ek institusionele beleide wat met onderrig, leer en assessering verband hou?
Waar kry ek die jongst OLA-beleide?

Besoek gerus die SOL-webwerf vir OLA-verwante beleide.

Jy kan ook beleide op die US-webwerf vind, hier.

Waar kry ek nasionale beleide wat met onderrig, leer en assessering verband hou?

Besoek die SOL-webwerf.

Die ABG webwerf bied ʼn versameling HO-raamwerke.

Onderrigportefeuljes: Hoe stel ek ʼn onderrigportefeulje saam (ook vir bevordering)?

Die SOL het ʼn omvattende hulpbron wat kan help.

Jy kan ook die SOL-adviseur in jou fakulteit om hulp nader. Klik hier om te sien wie die SOL-adviseur vir jou fakulteit is.

Toekennings en toelaes: Waar kan ek meer inligting kry oor die onderriggenootskap/onderrigtoekennings?
Besoek gerus die SOL-webwerf vir meer inligting. 

Onderriggenootskappe.

US-onderrigtoekennings.

Jy kan ook vir dr Karin Cattell-Holden (kcattell@sun.ac.za) om meer inligting nader. 

Hoe doen ek om ʼn onderrigtoekenning aansoek?

Kontak asseblief jou SOL-adviseur, aangesien elke fakulteit sy eie interne proses volg. Die riglyne vir aansoeke is op die SOL-webwerf beskikbaar. 

US-onderrigtoekennings

Klik hier om te sien wie die SOL-adviseur vir jou fakulteit is:

Jy kan ook vir dr Karin Cattell-Holden (kcattell@sun.ac.za) om meer inligting nader.

Wat is Finlo? Waar doen ek aansoek? 

Die Fonds vir Innovasie en Navorsing oor Leer en Onderrig (Finlo) is in 2005 opgestel om ʼn kultuur van innovering en besinning oor leer en onderrig by die Universiteit aan te moedig. Die fonds bied ʼn geleentheid aan dosente om te innoveer, doeltreffende praktyke en prosesse te evalueer en om leer- en onderrigprobleme, -oplossings en ‑tendense te ondersoek . Dit bied ook ʼn meganisme vir die beskikbaarstelling van resultate wat ontwerp is om die gehalte van onderrig, leer en assessering te verbeter. Enige dosent, span dosente of sentrum verantwoordelik vir onderrig, leer en assessering kan om ʼn toekenning aansoek doen. Vir meer inligting, of om aansoek te doen, besoek die Finlo-webwerf.

Jy kan ook vir finlo@sun.ac.za om bystand kontak. 

Watter OLA-verwante kortkursusse is beskikbaar?

Die SOL bied verskeie kortkursusse aan akademici ter ondersteuning van hulle onderrigrol. Jy sal die lys van professionele leergeleenthede hier kry. (Klik op die aftreklys.) 

Jy sal die professionele leergeleenthede wat deur die SOL aangebied word, hier kry:
Professional Learning Opportunities (sun.ac.za)

Die Taalsentrum se Kommunikasielab bied ook verskeie kortkursusse in professionele kommunikasie aan, wat jou kan help om verskillende bevoegdhede vir doeltreffende en selfversekerde kommunikasie te ontwikkel, sodat jy op dieper vlak met jou studente kan skakel. Hier is enkele van die kursusse waarby jy kan baat: 

Crafting confident presentations (Die voortbring van selfversekerde aanbiedinge)
Het jy al ooit gewens vir die vaardighede om aanbiedinge met gemak en elegansie aan te pak? Leer hoe om jou boodskap duidelik oor te dra en met selfvertroue voor jou gehoor te staan. 

Communicative English made easy (Maklike kommunikasie-Engels)
Voel jy verlore in Engels? Ons sal jou help om die fyner vaardighede aan te leer en te oefen wat nodig is om Engels met selfvertroue te praat en te skryf. 

A crash course in English grammar (ʼn Blitskursus in Engelse grammatika)
Wil jy graag die reëls en konvensies van grammatika onder die knie kry? Sluit by ons aan om ʼn beter kommunikeerder te word en sommer in die proses ʼn bietjie pret te hê. 

Vir meer inligting oor die Taalsentrum se Kommunikasielab-kursusse, kontak Michelle Pieters.

Wat is PRONTAK?

PRONTAK is die US-kortkursus vir Professionele Onderrigontwikkeling vir Akademici in hulle onderrigrol. Die PRONTAK/PREDAC-kortkursus word jaarliks vir nuut aangestelde akademici aan die US aangebied. Tydens hierdie kursus sal elke deelnemer, saam met ander nuut aangestelde dosente uit verskillende fakulteite, die geleentheid gegun word om te besin oor hulle menings, kennis en aannames oor onderrig, leer en assessering binne die konteks van die huidige denke oor universiteitsonderrig. Praktiese en innoverende benaderings tot onderrig en assessering sal deurgaans in die kursus aandag geniet. Nasionale en institusionele raamwerke wat Hoër Onderwys in Suid-Afrika en aan die US rig, sal ook gedek word. Vir meer inligting, klik hier.

Hoe doen ek die Assessering-kortkursus?

Die Assessering-kortkursus word in die eerste en tweede semester van elke jaar aangebied. 

Die kursus is ontwerp om in pas te wees met die hersiene Assesseringsbeleid (2022), en assessering te ondersteun wat studenteleer bevorder. Die kursus is as ʼn amptelike US kortkursus (Bevoegdheid) geregistreer en volg ʼn gemengde benadering wat aanlyn, asinchrone, selfstudiewerksaamhede (op SUNOnline) en kontaksessies in persoon kombineer. Deelnemers sal ongeveer 50 uur aan hierdie werksaamhede moet bestee om die kortkursus af te handel

Vir meer inligting, kontak cvandermerwe@sun.ac.za of klik hier.

In die klaskamer: In watter tale moet my module se skyfies en aantekeninge beskikbaar wees?

Volgens die  US Taalbeleid (2022:7) moet alle leermateriaal minstens in Engels beskikbaar wees, buiten as die module oor die taal self handel. Indien moontlik, oorweeg dit om jou aantekeninge en skyfies ook in Afrikaans beskikbaar te stel, ter ondersteuning van die meertalige ingesteldheid wat die Universiteit onder studente en personeel wil aankweek. As daar ʼn pedagogiese behoefte voor is, sluit ook isiXhosa by jou aanbieding in – taalimplementeringsfinansiering is vir vertaling in Afrikaans en isiXhosa beskikbaar. Fakulteite dien ook elke jaar taalplanne in. Die taalplan van jou fakulteit sal die tale waarin jy jou lesing moet aanbied, bepaal. 

Moet ek betaal vir die vertaling van leermateriaal?

Ja, en finansiering hiervoor is beskikbaar. Die Universiteit het taalimplementeringsfondse aan elke fakulteit toegewys, wat gebruik kan word vir die vertaling en redigering van leermateriaal. Wanneer jy die Taalsentrum vir die vertaling van jou leermateriaal nader, sal jy ʼn kwotasie ontvang, wat jy dan kan gebruik om finansiering vir taalimplementering aan te vra. Jou fakulteitsbestuurder behoort jou hiermee te kan help. 

Het ek ʼn tolk in my klas nodig?

Fakulteite dien elke jaar taalplanne in. Die taalplan van jou fakulteit sal bepaal of jy ʼn tolk in jou klaskamer nodig het. As jou module vir tolking kwalifiseer ingevolge jou fakulteit se taalimplementeringsplan, sal jou module outomaties by die tolkrooster ingesluit word en sal jy voor die begin van die semester ʼn e-pos van Juanli Theron of Christine Joubert ontvang. 

Tolkdienste is ook beskikbaar vir modules waarin dit nie noodwendig volgens jou fakulteit se taalimplementeringsplan nodig is nie. As jy ʼn erkende pedagogiese behoefte aan tolking het, of ʼn meertalige klaskamer-ervaring wil skep, kontak Juanli Theron of Christine Joubert om by die tolkrooster ingesluit te word. Modules wat ingevolge die fakulteit se taalimplementeringsplan vir tolking kwalifiseer, sal voorkeur geniet. 

Vir meer inligting, besoek die Taalsentrum se Tolkdiensteblad hier.

Wat is konstruktiewe belyning?

Konstruktiewe belyning verwys na die belyning van jou module se uitkomste, leergeleenthede en assesserings. Meer formeel,

“Konstruktiewe belyning is ʼn onderrigontwerp waarin dit wat die studente behoort te leer en hoe hulle hul leer moet uitdruk, duidelik voor die begin van onderrig verklaar word. Onderrig word dan ontwerp om studente by leeraktiwiteite te betrek wat hulle kanse om daardie uitkomste te bereik, optimaliseer en assesseringtake word ontwerp om duidelike oordeel oor hoe goed daardie uitkomste bereik is, moontlik te maak." (Biggs, 2014:5-6). (Eie vertaling uit Engels.) 
Vir meer inligting, klik hier.

Hoe vind ek uit wat die NKR-vlak/-krediete van my module is?

Vir ʼn bestaande module: Stuur die agtsyfer-modulekode aan die fakulteitsadministrateur om te bevestig hoe die module op die SIS geregistreer is. 

Vir ʼn nuwe module: Die NKR-vlak sal afhang van (1) die soort kwalifikasie (d.w.s. baccalaureus, honneurs, ens.); en (2) die akademiese jaar waarin die module aangebied word. Vir ʼn baccalaureus-graad word die eerstejaarsmodules op NKR-vlak 5 (grondslagkennis) of NKR-vlak 6 aangebied, die tweedejaarsmodules op NKR-vlak 6 en die derdejaarsmodules op NKR-vlak 7.  

Vir meer inligting, besoek die ABG-webwerf.

Studenteterugvoer: Waar kan ek meer inligting oor studenteterugvoer kry?

Besoek gerus die studenteterugvoerwebwerf of kontak vfbeukes@sun.ac.za.

Hoe dikwels moet ek studenteterugvoer insamel?

Studenteterugvoer oor die dosering van nuut aangestelde dosente word slegs in die tweede jaar ná aanstelling vereis. Terugvoer kan gedurende die eerste jaar ná aanstelling bekom word, met die oog daarop om dit tydens die opvolgkonsultasie met SOL-adviseurs te gebruik om die uitslae en moontlike ondersteuning te bespreek. Indien ʼn nuwe dosent dit sou versoek, word hierdie terugvoer vertroulik tussen die personeellid en die betrokke SOL-personeellid gehanteer, op voorwaarde dat ʼn tweede terugvoergeleentheid deur die loop van die jaar plaasvind, waarvan die uitslae volgens die gewone prosedure na die lynfunksiebestuurders gestuur word.

Hoe versoek ek my studente om die terugvoervorm in te vul?

ʼn E-registrasievorm moet deur die dosent of die administratiewe beampte in ʼn departement ingevul word, as formele versoek aan die Studenteterugvoerkantoor om die vraelys te aktiveer.

Studente sal via die Studenteterugvoerstelsel in kennis gestel en van ʼn skakel na die vraelys voorsien word, en kan dan die vraelys elektronies binne ʼn sekere tydperk beantwoord.

Wat doen die Universiteit met die uitslae van studenteterugvoer?

Ná die sluit van ʼn studenteterugvoervraelys, word ʼn verslag voortgebring met aggregate vir elke vraag en die antwoorde op oop vrae word by die verslag ingesluit. Die verslag word aan die dosent en sy of haar lynbestuur gestuur. Die dekaan van die fakulteit ontvang ook ʼn afskrif van die verslag. Daar word aanbeveel dat die uitslag gebruik word om onderrig, leer en assessering aan die US te onderlê en te verryk. Daar is egter geen beleid wat duidelik bepaal wat met die uitslae gedoen moet word nie. Elke fakulteit/departement het hulle eie manier waarop die uitslae gebruik en geïmplementeer word. 

Wat is die doel van studenteterugvoer?

Verskillende gebruikers kan verskillende nut uit studenteterugvoer put. Byvoorbeeld, het jy die data nodig om by ʼn onderrigportefeulje in te sluit, ervaar jy die een of ander soort uitdaging in jou onderrig, beplan jy om die kurrikulum te verander, was daar beduidende verandering in die module/program of in die studentekohort? 

Sommige van die hoofdoelwitte van studenteterugvoer aan die US is die volgende:

    • Bemagtig dosente om hulle onderrig te verbeter.
    • Dra by tot die professionele leer van dosente.
    • Wees deel van die onderrig- en leerproses.
    • Verryk die studente se ervaring van onderrig en leer.
    • Verseker die doeltreffendheid van die kursusontwerp en -lewering.
    • Help studente om oor hulle ervarings te besin en lewer opbouende insette tot die onderrig- en leerproses.
    • Identifiseer goeie praktyk.
    • Dra by tot die monitering van en oorsig oor gehalte en standaarde. 

Aan die US stel ons voor dat studenteterugvoer eerstens daarop gemik moet wees om dosente te bemagtig om hulle onderrig te verbeter. Slegs daarna kan terugvoer vir enige ander doel gebruik word, en dan slegs met groot omsigtigheid. 

Is studenteterugvoer vertroulik?

Ja, dit is. Die studenteterugvoerstelsel is so opgestel dat slegs die studente en die studenteterugvoerpersoneel toegang tot die vraelyste het. Studente beantwoord die vraelyste anoniem en dosente het geen toegang tot die stelsel of enige van die vraelyste nie.

Die terugvoerverslae wat voortgebring word nadat ʼn vraelys gesluit is, word ook met die uiterste vertroulikheid gehanteer. Slegs die spesifieke dosent vir wie die terugvoer aangevra is, het toegang tot sy of haar verslag. ʼn Afskrif van die verslag word ook aan die departementshoof en die dekaan van die fakulteit gestuur.

Akademiese integriteit: Hoe hanteer ek vermeende plagiaat?

Raadpleeg asseblief die Plagiaatbeleid (ter ondersteuning van akademiese integriteit) en ook die riglyne van jou spesifieke fakulteit.

Hoe voorkom ek dat studente aanlyn kul? Klik hier.

Klaskamernavorsing: Watter ondersteuning is vir klaskamernavorsing beskikbaar?

Kontak gerus die SOL-adviseur in jou fakulteit om enige moontlike klaskamernavorsing wat jy mag beoog, te bespreek. Finlo bied ook aan dosente die geleentheid om te innoveer, doeltreffende praktyke en prosesse te evalueer en om leer- en onderrigprobleme, -oplossings en ‑tendense te ondersoek. Dit bied ook ʼn meganisme vir die beskikbaarstelling van resultate wat ontwerp is om die gehalte van onderrig, leer en assessering te verbeter. Enige dosent, span dosente of sentrum verantwoordelik vir onderrig, leer en assessering kan om ʼn toekenning aansoek doen. 

Kyk hier wie die SOL-adviseur in jou fakulteit is.

Meer inligting oor Finlo is hier beskikbaar hier.


​​ Universiteitstoelae vir Kapasiteitsontwikkeling

Waar kan ek meer inligting oor die UTKO kry? 

Die huidige UTKO finansier projekte met die breë fokus op studentesukses en -ontwikkeling, personeelontwikkeling en programhernuwing. 

Meer inligting is hier ​beskikbaar.

Kontak Christina Harvett (cmh@sun.ac.za) met enige vrae.