Learning & Teaching Enhancement
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Taaldag 2018

​​​​​“Ons is wie ons is deur taal." Dit was een van die kernboodskappe van die Universiteit van Stellenbosch (US) Taaldag 2018 op Vrydag, 28 September 2018, wat gehou is by die Stellenbosch Institute for Advanced Study (STIAS).

Vyf en sewentig uitgenooide studente, dosente en verteenwoordigers van Professionele Akademiese Ondersteuning (PAO) omgewings het die 2018 Taaldag, Multilingualism @ SU: Creating an enabling environment bygewoon, om die waarde van veeltaligheid en hoe die SU ʼn ondersteunnende omgewing kan skep waarin dit kan floreer, te bespreek. Die studente en personeel het al 10 fakulteite en ʼn verskeidenheid PAO omgewings verteenwoordig.

Prof Arnold Schoonwinkel, Vise-Rektor (Onderrig en Leer) het geopen en deelgeneem aan die sessie wat gefokus het op oop gesprekke rondom Veeltaligheid in Sosiale Plekke. Die onderwerpe is deur Prof Christa van der Walt en Me Denai Nyagani in konteks geplaas en voorgestel, waarna die deelnemers vrae wat die sprekers geplaas het, bespreek het. Alle terugvoer is opgeneem elke groep het die geleentheid gehad om vinnige terugvoer tydens hooflesings te lewer.

Hieronder is die videogrepe van die dag:​

 

Prof Arnold Schoonwinkel, Vise-Rektor (Onderrig en Leer)


Prof Christa van der Walt  (Besprekings ingesluit)


 

Ms Denai Nyagani (Besprekings ingesluit​)


 

Dr Antoinette van der Merwe (Afsluiting)