Visie
Die Sentrum vir Leertegnologieë streef om die betekenisvolle en innoverende gebruik van tegnologie vir leer by die Universiteit Stellenbosch te inspireer.
Missie:
Die Sentrum:
- Bied strategiese leierskap, leiding en ondersteuning rondom die integrasie van leertegnologieë by die Universiteit Stellenbosch.
- Fasiliteer vennootskappe wat leer bevorder deur die uitbreiding van die akademiese aanbod.
- Moedig 'n navorsingsgebasseerde benadering tot leer-onderrig projekte aan.
- Lewer dienste wat verband hou met 'n verskeidenheid leeromgewings, multimedia bronne, professionele leer en ondersteuning.
- Is verbind tot gemeenskapinteraksie inisiatiewe tot beswil van die groter geheel.
Waardes:
- Ons glo aan voortdurende leer, oop kommunikasie en wedersydse inisiatief.
- Ons volg 'n professionele benadering gelei deur integriteit, toerekenbaarheid en betroubaarheid.
- Ons smee vennootskappe deur 'n spangebaseerde benadering.