Die term 'telematies' verwys na 'n metode van aanbieding. Telematiese Dienste bestuur 'n tegnologieplatform wat satelliet-, stroming- en selfoontegnologie integreer. Die dienste is gesentreer rondom die interaktiewe uitsaaiateljee, op Universiteit Stellenbosch se hoofkampus. Die ateljee kan gekonfigureer word om óf 'n formele leeromgewing met oorhoofse kamera, PowerPoint-aanbieding en regstreekse interaksie via WhatsApp te wees óf as 'n informele stel vir paneelbesprekings of onderhoude. Die ateljeedienste word aangebied as óf direkte uitsaai óf deur stroming via die internet of as 'n geredigeerde opname, of as 'n kombinasie van hierdie drie. Toegang tot 'n groen skerm, of chromakey en ligbord gee
kliënte opsies vir innoverende opnames.
Die informele stel kan ook verder aangepas word ten opsigte van meubels en uitleg, om by die behoeftes van die kliënt te pas.
Ateljee vir interaktiewe uitsendings
Telematiese Dienste bestuur ’n tegnologieplatform wat satelliet-, stromings- en selfoontegnologie integreer. Die ateljee op kampus saai uit na 22 verspreide leersentrums dwarsoor Suidelike Afrika en wêreldwyd deur middel van regstreekse internetstroming. Die geënkodeerde sein word vanuit die ateljee op die Stellenbosch-kampus uitgesaai via die Intelsat 17-satelliet op 66.0°E. Die voetspoor dek die grootste deel van die Afrika-vasteland. Studente kommunikeer met die aanbieder in die ateljee deur van selfoon- en webtegnologie gebruik te maak.
Die telematiese platform is ook aan eksterne kliënte beskikbaar wat dit kan gebruik om hulle korporatiewe opleiding en professionele ontwikkeling te verbeter.
Die ateljee sluit die volgende in en kan verskillende uitlegte akkommodeer:
- ’n Formele lessenaar met ’n oorhoofse kamera
- ’n Formele lessenaar met ’n lewendige gehoor
- ’n Formele opset vir paneelbesprekings of onderhoude
- Ligbord-opnames
Duplisering van media
Telematiese Dienste besit vier hoëspoed DVD-branders met die kapasiteit om elke agt minute 33 DVD’s te dupliseer. Elke DVD het ’n maksimum kapasiteit van vier ure se hoëgehalte video-opnames.
Studente wat op die Telematiese Dienste-platform vir akademiese programme ingeskryf is, word deur 'n kombinasie van satelliet-, selfoon- (WhatsApp) en webgebaseerde tegnologie ondersteun om 'n doeltreffende virtuele leeromgewing te skep. In hulle onderrig, gebruik dosente 'n verskeidenheid leergeleenthede, wat wissel van sinchroniese interaksie (satellietgebaseerde tegnologie) tot asinchroniese interaksie via die SUNLearn besprekingsgroepe. Hierdie metodes word gekombineer om sosiale leerruimtes te vestig wat die konstruksie van kennis ondersteun. Op hierdie wyse kan dosente hulle direkte konnektiwiteit met die studente deur uitsendings verbeter, en terselfdertyd voortgesette ondersteuning en tredhouding verskaf deur middel van webgebaseerde interaksie, bv. aanlyn assessering, aanlyn tredhougereedskap, wiki's en blogs.
Vanaf die ateljee op die Stellenbosch-kampus word lesings na alle leersentrums in Suid-Afrika uitgesaai, asook na een sentrum in elk van Namibië, Kenia en Uganda. Die integrasie van selfoon- en webtegnologie in hierdie satelliet-uitsendings maak direkte tweerigtingkommunikasie tussen die dosente en studente moontlik terwyl ’n lesing plaasvind
Intydse interaksie tussen die dosent en studente, wat een van die kenmerkende eienskappe van hierdie virtuele leerruimte is, maak die samewerkende mede-konstruksie van kennis maklik, eerder dat kennis in ’n passiewe, eenrigting manier oorgedra word. Hierdie geïntegreerde, interaktiewe leerstelsel is baie gepas vir volwasse leer in ’n hoëronderwysomgewing.
Alle ikone onder lisensie via Adobe Stock