Centre for Learning Technologies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Stroming & Potgooi

PodcastingDie verreikende invloed van die Internet en die beskikbaarheid van nuwe tegnologieë maak die stroming van interaktiewe lesings/konferensies/tutoriale 'n baie aantreklike opsie. Stroming kan gereël word vanaf die spesifieke ligging of van binne die Sentrum vir Leertegnologieë (bv. in die Telematiese uitsaai-ateljee of in 'n spesiaal aangepaste stromingsateljee).

Die Leertegnologieë-span reël al die oudiovisuele en rekenaargereedskap (soos HD-kameras, hoëgehalte mikrofone en gespesialiseerde sagteware), en die leer- of kongresgeleentheid word regstreeks op die internet gestroom, terwyl dit terselfdertyd opgeneem word vir redigering en publikasie na die geleentheid.

Verwant aan stroming is potgooi of lesingvaslegging. Die span by Leertegnologieë kan gekontak word om hulp te verleen om 'n lesing of potgooi digitaal op te neem.

Rig asseblief u navrae aan:

Hennie Roux (Stroming)
Tel.: +27 21 808 2494
E-pos: hennieroux@sun.ac.za

 Of                                                                    

Thys Murray (Potgooi)
Tel.: +27 21 808 9194
E-pos:
thysm@sun.ac.za