Centre for Learning Technologies
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​​Vision.Mission.jpg


Visie, Missie en Waardes


Visie​

Die Sentrum vir Leertegnologieë streef om die betekenisvolle en innoverende gebruik van tegnologie vir leer by die Universiteit Stellenbosch te inspireer.


Missie

  • Bied strategiese leierskap, leiding en ondersteuning rondom die integrasie van leertegnologieë by die Universiteit Stellenbosch.
  • Fasiliteer vennootskappe wat leer bevorder deur die uitbreiding van die akademiese aanbod.
  • Moedig 'n navorsingsgebaseerde benadering tot leer-onderrig projekte aan.
  • Lewer dienste wat verband hou met 'n verskeidenheid leeromgewings, multimedia bronne, professionele leer en ondersteuning.
  • Is verbind tot gemeenskapinteraksie inisiatiewe tot beswil van die groter geheel.

​​
Waardes

  • Ons glo aan voortdurende leer, oop kommunikasie en wedersydse inisiatief.
  • Ons volg 'n professionele benadering gelei deur integriteit, toerekenbaarheid en betroubaarheid.
  • Ons smee vennootskappe deur 'n spangebaseerde benadering.