Centre for Learning Technologies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Gemengde Leer

​​​​Inleiding tot gemengde leer

deur Dr Sonja C Strydom

Met die aanvaarding van die IKT Strategie (2013) en die Leer en Onderrig Strategie (2013), verbind die Universiteit van Stellenbosch homself tot die waarde wat geplaas word op 'n tegnologie-ryke leeromgewing wat die potensiaal het om die leerervaring van studente te bevorder.

As gevolg van bogenoemde word fakulteite aangemoedig om 'n benadering te volg waar tegnologie soomloos geïntegreer kan word in leer, onderrig en assesseringspraktyke. Vanaf 'n pedagogiese perspektief blyk dit egter noodsaaklik dat tegnologie die pedagogie ondersteun en nie die kurrikulumsontwerps proses dryf nie.  Derhalwe word 'n gemengde leer benadering aangemoedig.

Verskeie definisies van gemengde  leer, waarvan baie debatteerbaar is, word in die literatuur givind. Die Sentrum vir Leertegnologieë vind die uitganspunte van Krause (2007) sinvol waar daar gepoog word om gemengde leer te verduidelik:

 'Blended learning is realised in teaching and learning environments where there is an effective integration of different modes of delivery, models of teaching and styles of learning as a result of adopting a strategic and systematic approach to the use of technology combined with the best features of face to face interaction.' (Krause, 2007 aangehaal in Bath & Bourke, 2010)

Om egter nie verbind te word tot 'n spesifieke definisie nie, stel Sharpe, Benfield, Roberts en Francis (2006) (bl. 18) die volgende dimensies geassosieer met gemengde leer voor:

  • Chronologie: sinkrone en asinkrone intervensies
  • Aflewering: verskillende modes (een-tot-een en afstands onderrig)
  • Rigting: instrukteurgesentreerd vs. studentgesentreerd
  • Fokus: erkenning van verskillende uitkomste
  • Lokus: praktykgebaseerd vs. klaskamergebaseerde leer
  • Pedagogie: verskillende pedagogiese benaderings
  • Rolle: multidissiplinêr of professionele groeperinge
  • Tegnologie: mengsels van (web-gebaseerde) tegnologieë

Wat egter duidelik blyk is dat gemengde leer nie bloot fokus op die korrekte vermenging van tegnologieë of die verhoging van studente toegang tot leergeleenthede nie, maar dat dit eerder 'n kritiese benadering vereis in die belyning van assessering en ontwerp in die leer en onderrig proses. Dit is dus nie die proses van aanbieding van dissiplinêre inhoud in 'n nuwe formaat nie, maar die doel is eerder om 'n 'getransformeerde omgewing' te skep waardeur kreatiewe, kritiese en komplekse leervaardighede ontwikkel kan word (Garrison & Kanuka, 2004, bl. 99).    

Ondersoek van tegnologie-ryke leer- en onderrig inisiatiewe  (onder konstruksie)

Daar is verskeie waardevolle aspekte van kurrikulumontwerp binne 'n gemengde leer modus wat oorweeg kan word.

  • Waarde van leertegnologieë
  • Bloom se Digitale Taksonomie
  • Digitale Stories
  • Ontluikende tegnologieë
  • E-Assessering
  • E-portefeuljes
  • Mobiele tegnologie
  • 'Massive Open Online Courses' (MOOCs)
  • 'Open Educational Resources' (OERs) 

Please direct your enquiries to:

Dr Sonja Strydom
Adjunk-Direkteur: Akademiese Ontwikkeling & Navorsing​

Tel: +27 +21 808 3083 
E-pos: sonjas@sun.ac.za​​