Centre for Academic Planning and Quality Assurance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Welkom by the Sentrum vir Akademiese Beplanning en Gehalteversekering



Die Sentrum vir Akademiese Beplanning en Gehalteversekering (ABG) vorm deel​ van die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking (ALOV) van die Universiteit van Stellenbosch.

Lees meer ​​

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​
Welcome to the Centre for Academic Planning and Quality Assurance


The Centre for Academic Planning and Quality Assurance (APQ) forms part of the Division for Learning and Teaching Enhancement (DLTE) at Stellenbosch University.

Read more  ​​

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​
Wamkelekile kwiZiko 
loCwangciso-mfundo noQinisekiso-mgangatho



IZiko loCwangciso-mfundo noQinisekiso-mgangatho luyinxalenye yeCandelo loKuphuculwa koKufunda noKufundisa kwiYunivesthi yaseStellenbosch (SU).

Funda nangakumbi​​​ ​ ​​​​


​​
APQ circle.png

Die Sentrum vir Akademiese Beplanning en Gehalteversekering:

  • skakel met verskeie hoëronderwysliggame in Suid-Afrika en vertolk die beleidsomgewing waarin die Universiteit funksioneer;
  • staan akademici met kurrikulumbeplanning, -ontwerp en -hersiening by, hetsy deur nuwe akademiese programme en/of modules te ontwikkel of bestaandes te hersien, te herontwerp en te vernuwe;
  • bestuur die gehalteversekeringsiklus by die Universiteit in oorleg met dekane en verantwoordelikheidsentrumhoofde om te sorg dat alle departemente en steundiensteafdelings selfevaluerings onderneem, terreinbesoeke van ewekniebeoordelaars ontvang en gehalteverbeteringsaksies in werking stel;
  • bied sekretariële steun aan die Programadvieskomitee en die Gehaltekomitee; en
  • hou toesig oor institusionele oudits en nasionale beoordelings sowel as ander inisiatiewe vir gehalteversekering en -verbetering by die Universiteit in samewerking met verskeie vennote en belanghebbendes.​​
​​​

ABG ondersteun die volle kwaliteit kontinuum, om voorsiening te maak vir die Universiteit se alledaagse aktiwiteite, terwyl die kwaliteit van ons akademiese aanbiedinge deur drie onderling verwante sub-stelle verbeter word:

continuum.png

Gehalteversekering


Die gehaltebestuurstelsel maak voorsiening vir die gereelde evaluering van akademiese departemente en professionele administratiewe steundienste volgens 'n vasgestelde siklus van gehalteversekering en -verbetering. Die stelsel behels ook die periodieke hersiening en vernuwing van fakulteite, organisatoriese strukture, en akademiese programme en kwalifikasies, met inagneming van die skedule vir nasionale beoordelings en evaluerings deur beroepsliggame. ​​

Akademiese beplanning


Deur ons akademiese beplanningswerk ondersteun en fasiliteer ons die beplanning, goedkeuring, akkreditasie en registrasie van nuwe akademiese programme en modules sowel as beduidende veranderinge aan bestaande programme in samewerking met akademici, steundienste en ander belanghebbendes (soos beroepsliggame). Daarbenewens verseker ons dat die Universiteit sy program- en kwalifikasiesamestelling (PQM) handhaaf en dat ons voor- en nagraadse kwalifikasies aan die Raad op Hoër Onderwys se Raamwerk en Kriteria vir Programakkreditasie (2004) voldoen.​


Programhersiening, -herontwerp en -vernuwing

Programhersiening, -herontwerp en -vernuwing is die drie komponente van 'n geïntegreerde proses om die gehalte van bestaande programme en modules voortdurend te verbeter. Die doel van hersiening is om ingeligte kurrikulumbesluite op grond van beskikbare data te neem, terwyl herontwerp en vernuwing gerig is op die hersamestelling van die program en die verbetering van onderrig-, leer- en assesseringspraktyke in samewerking met ander sentrums in Leer- en Onderrigverryking.​​​​​​​​​