Centre for Academic Planning and Quality Assurance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

'Akademiese beplanning' verwys na die beplanning en ontwerp van nuwe akademiese programme by die US wat nie tans deel uitmaak van die Universiteit se program- en kwalifikasiesamestelling (PQM) nie. Hierdie programme moet sowel 'n interne as eksterne goedkeuringsproses ondergaan. Laasgenoemde behels goedkeuring deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO), akkreditasie deur die Raad op Hoër Onderwys (RHO) en registrasie by die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid (SAKO).

'Programhersiening, -herontwerp en -vernuwing' behels op sy beurt hetsy groot of geringe veranderinge aan bestaande US-programme.

big grey.pngGroot veranderinge 

Groot veranderinge aan 'n bestaande kwalifikasie of program in die US se PQM sluit in veranderinge aan:

(1) die titel van 'n kwalifikasie;

(2) die beweegrede, doel, uittreevlakuitkomste en gepaardgaande assesseringskriteria van 'n program;

(3) die totale kredietwaarde van 'n program;

(4) die programontwerp, waaronder die byvoeging van nuwe modules en/of wysiging van die kredietwaarde van bestaande modules, wat die totale kredietwaarde van die program beïnvloed;

(5) die vakinhoud- (CESM-)kodes van modules, wat 'n invloed het op die 50%-reël van toepassing op die gebruik van aanwysers en kwalifiseerders; en

(6) die aanbiedingsmetode (d.w.s. kontak na​ afstandsleer).

Groot veranderinge is dikwels die gevolg van nuwe ontwikkelings in dissiplines, op vakgebiede of praktykdomeine. Beroepsliggame (statutêr en niestatutêr) kan ook nuwe standaarde stel wat beduidende veranderinge aan 'n bestaande program van die US tot gevolg kan hê.

Groot veranderinge aan 'n bestaande program moet in 'n programspesifikasie (vorm A) uiteengesit en vir interne oorweging en goedkeuring aan die Programadvieskomitee, Akademiese Beplanningskomitee en Senaat voorgelê word. Eksterne goedkeuring deur die DHOO, akkreditasie deur die RHO en herregistrasie by SAKO word ook vereis.

XS tag.png​Geringe veranderinge

Geringe veranderinge aan 'n bestaande kwalifikasie/program in die US se PQM (waaronder modules) sluit in:

(1) veranderinge aan modulename;

(2) veranderinge aan die beskrywing van module-inhoud;

(3) veranderinge aan modulekrediete op grond van inhoudsveranderinge (slegs veranderinge van minder as 50%);

(4) veranderinge aan die leeruitkomste en gepaardgaande assesseringskriteria van module(s);

(5) veranderinge aan die reëls van kombinasie in die ontwerp van 'n bestaande program (d.w.s. voor- en medevereistes);

(6) 'n verandering in die aanbiedingsmetode van kontakgebaseerde leer van aangesig tot aangesig tot hibridiese leer; en

(7) die implementering van 'n nuwe hibridieseleermodule.

Geringe veranderinge dien voor die Programadvieskomitee, Akademiese Beplanningskomitee en Senaat. 'n Modulespesifikasie (vorm B) moet vir elke module voltooi word. Waar 'n aantal modules van 'n bestaande program hersien word, word 'n spesifikasie vir programhersiening, -herontwerp en -vernuwing (vorm C) vereis.

​​

Raadpleeg gerus die werkvloeivir die interne en eksterne goedkeuringsprosesse ten opsigte van nuwe akademiese programme en vir verdere inligting oor die ​goedkeuring, akkreditasie en registrasie van nuwe akademiese programme onderskeidelik by die DHOO, ​RHO en SAKO.

Kliek click.png vir​ toegang tot alle kurrikulum template, institusionele datums en hulpbronne vir die beplanning van modules (Vorm B).

Die tabel hieronder onderskei tussen n​uwe akademiese programme en groot en geringe veranderinge aan bestaande programme. Vir bykomende hulpbronne oor enige van die aspekte in die tabel, klik gerus op die hiperskakels.​  ​Neem asb. kennis dat sommige hulpbronne tans ontwikkel of hersien word en so gou as moontlik beskikbaar gemaak sal word.

RHO Programakkreditasie

Neem asb. kennis dat die inligting vir hierdie dokumentasie in Engels voltooi moet word, aangesien programakkreditasie en sommige programwysigings ekstern gerapporteer moet word vir goedkeuring en akkreditasie.  Alle hulpbronne word dus in Engels verskaf.  Hierdie blad verwys net na die korrekte Afrikaanse vertaling van die verskillende kriteria.​​

Maatstaf 1: Programontwerp
​New
​Major
​Mi​nor
Kwalifikasie tipe​ guide.png
 
NKR-vlak guide.png
 
 
 
Vlakbeskrywings guide.png
 
 
 
Krediete en kredietwaardes​ guide.png
 
 
 
Minimum duur​ guide.png
 
 
 
Modus van voorsiening​ guide.png
 
 
 
Navorsingskrediete  
 
 
Werkplekgebaseerde leer  
 
 
Professionele liggaam vereistes  
 
 
Program met betrekking tot US-visie en –missie  
 
 
Rasionaal en regverdiging van program  
 
 
Doel van die program  
 
 
Programuitkomste en gepaardgaande assesseringskriteria (AAK)  
 
 
Programstruktuur  
 
 
Reëls van kombinasie  
 
 
Bevoegdhede  
 
 
Internasionale vergelykbaarheid  
 
 
Artikulasie  
 
 
Maatstaf 2: Studentewerwing, toelating en keuring ​New
​Major
​Mi​nor
Toelatingskriteria
Keuringskriteria
Erkenning van Vorige Leer (EVL) en Kredietakkumulasie en –oordrag (RTT)
Maatstaf 3 + 4: Personeel ​New
​Major
​Mi​nor
Personeel kwalifikasies, grootte en senioriteit
Maatstaf 5: Leer- en Onderrigstrategie ​New
​Major
​Mi​nor
Onderrig en Leerstrategie vir die program
Hibridiese leer strategie vir die program
Akademiese ondersteuning
Studente terugvoer
Maatstaf 6: Assessering ​New
​Major
​Mi​nor
Assesseringstrategie vir die program
Assesseringsplan vir die program
Interne en eksterne moderering
Integriteit van assesseringspraktyke
Maatstaf 7: Infrastruktuur en biblioteekhulpbronne ​New
​Major
​Mi​nor
Onderrig- en leerfasiliteite
IT-infrastruktuur en biblioteekhulpbronne
Maatstaf 8: Administratiewe dienste vir program ​New
​Major
​Mi​nor
Administratiewe ondersteuning
Programleier
Leerder-analise
Integriteit van prosesse wat tot sertifisering lei
Maatstaf 9: Nagraadse beleide, prosedures en regulasies ​New
​Major
​Mi​nor
Goedkeuring van navorsingsvoorstelle
Aanstelling van studieleiers en eksaminatore
Werkladingsmodelle
Monitering van die gehalte van supervisie
Akademiese ondersteuning vir nagraadse studente
Nagraadse assessering
Navorsingspersoneelontwikkeling
Maatstaf 10: Finansiële Haalbaarheid ​New
​Major
​Mi​nor
Inskrywingbeplanning
Program vergelyking
Studentegelde
Direkte uitgawes
Impak op menslike hulpbronne
Befondsing
​​

​​​​​​​​​​​​​​​