Centre for Academic Planning and Quality Assurance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​Beplanning vir ’n evaluering​

Die noukeurige beplanning vir 'n evaluering kan nie oorbeklemtoon word nie. Hier is 'n paar hulpbronne om
jou te help om jou evaluering van begin tot einde te beplan:

​Aanstelling van 'n selfevalueringskomitee

Begroting vir 'n evaluering

Aanstelling van ewekniebeoordelaars

Die Selfevalueringsverslag (SEV)

  • Temas en kriteria vir departementele evaluerings
  • Temas en kriteria vir steuneenheidevaluerings​​ 

Bewysportefeulje

Ons selfevalueringsverslae (SEV's) moet bewysgebaseer wees. Dit beteken dat die gehalte-aansprake ​wat in ons selfevalueringsverslag gemaak word, moet gestaaf en deur bewyse ondersteun word. Die bewysportefeulje vervul hierdie rol. 
Die bewysportefeulje kan terugvoer van belanghebbendes (bv. studenteterugvoer oor modules en programme) en institusionele data insluit.

Die kernstatistiekverslae vorm deel van die bewysportefeulje. Die kernstatistiekverslae sluit die
volgende institusionele inligting in:

    1. ​Permanente en vastetermyn‑aanstellings volgens die C-kategorie
    2. Posvlakbenutting van C1‑personeel wat permanent aangestel is
    3. Voltydse ekwivalent‑ (VTE‑) personeel
    4. Geweegde navorsingsuitset per voltydse ekwivalent‑ (VTE‑) C1‑personeellid
    5. Voltydse ekwivalent‑ (VTE‑) studente per Voltydse ekwivalent- (VTE-) onderrig- /navorsingspersoneellid​ 
    6. Totale getal voorgraadse module-inskrywings
    7. Voltydse ekwivalent‑ (VTE‑)studente-inskrywings​
    8. Voorgraadse module-uitslae
    9. Studentesukses
    10. Getal nagraadse kwalifikasies toegeken​
    11. Aantal jare ingeskryf vir nagraadse kwalifikasies​ 

      Kernstatitiekverlslag: Definisies van terme
       

Tweejaaropvolgverslag

Na 'n self- en eweknie-evaluering word sleutelverbeteringsaksies geïdentifiseer en deur die Gehaltekomitee aan die Uitvoerende Komitee van die Senaat gerapporteer. Twee jaar na 'n evaluering rapporteer omgewings oor hul vordering ten einde verbetering. Hierdie verslag word die tweejaar-opvolgverslag genoem.​ 

Tydlyn

Gehaltekomitee‑datums

Ons skeduleer gewoonlik vier (4) Gehaltekomitee-vergaderings per jaar. Twee vergaderings word per semester gereël. Hierdie datums word in die Universiteit se Jaarboek gepubliseer.


Die Gehaltekomitee-datums is soos volg:

​2023
​​​Gehaltekomitee‑datums
Agenda sluit 
​Komiteevergadering 
6 Maart
24 Maart, 09:00  13:00
​24 April
18 Mei, 09:00 – 13:00​
3 Julie​
1 Augustus, 9:00 – 13:00
21 Augustus11 September, 9:00  13:00
30 Oktober22 November, 10:00 ​ ​​​​​​14:00

 

​2024
​​​​Gehaltekomitee-datums
Agenda sluit 
Komiteevergadering
19 Februarie
13 Maart, 09:00 – 13:00
2 April
24 April, 09:00 – 13:00
​29 April
​23 Mei, 10:00 – 24:00​​
​29 April
24 Mei, 09:00 – 13:00​
19 Augustus
9 September, 09:00 – 13:00
​23 September
​14 Oktober, 09:00 – 13:00
28 Oktober ​
18 November, 09:00 – 13:00​


​Verslae wat by ons Gehaltekomiteevergaderings dien

Ewekniebeoordelingsverslae
Hierdie verslae word deur die ewekniebeoordelaars geskryf na 'n terreinbesoek​.

Terugvoerverslae​
Hierdie verslae dien as die departemente of eenhede se terugvoer op die ewekniebeoordelingsverslae​. Die departement of eenheid se verbeteringsaksies word ook in hierdie verslag gelys.

Dekaan of hoof van die verantwoordelikheidsentrum ​se terugvoerverslag​
Hierdie verslae dien as die Dekaan of hoof van die verantwoordelikheidsentrum se terugvoer op die 
ewekniebeoordelaarsverslag.

Tweejaar-opvolgverslae
In hierdie verslae rapporteer departemente en eenhede oor die vordering van hul verbeteringsaksies sedert hul evaluering.