ABG ondersteun die volle kwaliteit kontinuum, om voorsiening te maak vir die Universiteit se alledaagse aktiwiteite, terwyl die kwaliteit van ons akademiese aanbiedinge deur drie onderling verwante sub-stelle verbeter word:
Die gehaltebestuurstelsel maak voorsiening vir die gereelde evaluering van akademiese departemente en professionele administratiewe steundienste volgens 'n vasgestelde siklus van gehalteversekering en -verbetering. Die stelsel behels ook die
periodieke hersiening en vernuwing van fakulteite, organisatoriese strukture, en akademiese programme en kwalifikasies, met inagneming van die skedule vir nasionale beoordelings en evaluerings deur beroepsliggame.
Deur ons akademiese beplanningswerk ondersteun en fasiliteer ons die beplanning, goedkeuring, akkreditasie en registrasie van nuwe akademiese programme en modules sowel as beduidende veranderinge aan bestaande programme in samewerking met akademici, steundienste en ander belanghebbendes (soos beroepsliggame). Daarbenewens verseker ons dat die Universiteit sy program- en kwalifikasiesamestelling (PQM) handhaaf en dat ons voor- en nagraadse kwalifikasies aan die Raad op Hoër Onderwys se Raamwerk en Kriteria vir Programakkreditasie (2004) voldoen.
Kurrikulumtrnsformasie
Kurrikulumtransformasie is 'n geïntegreerde proses van voortdurende kwaliteitverbetering van bestaande programme en modules, wat hersiening, herontwerp en vernuwing insluit. Hierdie pogings fokus op die neem van ingeligte kurrikulumbesluite met behulp van beskikbare data en die verbetering van onderrig, leer en assesseringspraktyke. Ons adviseer fakulteite en programleiers oor kurrikulumtransformasie in samewerking met ander interne rolspelers om afrikanisering, dekolonisering en restitusie te bewerkstellig en help fakulteite met programvernuwingsprojekte wat deur die Universiteit se kapasiteitsontwikkelingstoelae van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding befonds word.